Vlug Pryse


G Olwagen

 

G. Olwagen

 

OLLIE OLWAGEN, skryfnaam G Olwagen, is gebore in 1939 en 'n afgetrede senior joernalis met meer as 50 jaar ondervinding in die skryf en redigering van tekste in Afrikaans.

Hy is die skrywer van 'n onnoembare hoeveelheid tydskrifartikels, sowel as een novelle, drie kinderboeke, drie hoorspele vir die radio, een familieboek, sowat sestig kortverhale vir tydskrifte (dikwels grappig), drie tydskrifvervolgverhale en die medeskrywer van vyf opvoedkundige boeke. Daarbenewens het hy talle vertalings gedoen en ook 'n boek met groot blokraaisels digitaal saamgestel in medewerking met sy vrou, Annemarie.

Hy is steeds 'n gereelde samesteller van blokraaisels (in Afrikaans en Engels) vir verskillende publikasies, party daarvan onder die skuilnaam Dugeot.

Boonop het hy, sedert sy aftrede teen die eeuwisseling as assistent-redakteur van 'n groot publikasie, die gewilde Afrikaanse webwerf vir skoolprojekte Mieliestronk.com van stapel laat loop en onderhou, ook onder die Dugeot-vaandel  Uit Christelike oortuiging het hy deurentyd geweier om die evolusieteorie op Mieliestronk as iets bewese te propageer. Hierdie webwerf is nou aan Media24: Weeklikste Tydskrifte verkoop. Hy het onlangs begin met die webwerf Dugeot.com (in Engels) vir Suid-Afrikaanse entrepreneurs wat 'n bietjie gratis publisiteit vir hul produkte soek.