Vlug Pryse

Afrikaans is die taal van my hart

Bly op hoogte van al die jongste nuus en spesiale aanbiedinge!


Google+: Volg ons op Google+
Twitter #RitsGids
Teken aan vir 'n subskripsie om ons nuusbrief te kry: Stuur 'n e-pos aan reis@ritsgids.co.za

Verdien Ritsgids Koopbewyse!

Jy kan selfs verniet vlieg! Vertel ons net van jou vlug, bootvaart of motorhuurondervinding en e-pos dit aan reis@ritsgids.co.za. Ons sal dan vir jou 'n Ritsgids Koopbewys gee, wat jy kan gebruik om afslag te kry vir jou volgende trip! Foto's en videos is baie welkom.

Verdien moontlikhede

Afhangende van die kwaliteit van jou skryfwerk kan jy enigiets van 50c per woord en R50 per foto verdien. Ons beloon ook video-materiaal op 'n diskresionere basis. Die bedrag wat jy verdien kan gebruik word vir jou volgende trip wat jy deur ons bespreek.

Lekker man, lekker!

 

Hoe om 'n vlugresensie te skryf:

Selfs al is jy nie die beste skrywer nie, kan jy die volgende inligting in jou resensie sit en met 'n redelike goeie eindproduk vorendag kom.

  • Van waar af het jy gevlieg?

  • Met watter lugredery het jy gevlieg?

  • Hoekom het jy met hierdie spesifieke lugredery gevlieg?

  • Hoe was die vlug?

  • Op 'n skaal van 1 (aaklig) to 5 (wonderlik), hoe sal jy die vlugondervinding beskryf?

  • Hoekom het jy gereis?

  • Hoe was die trip?

Vertel vir ons van jou vlug, bootvaart, motorhuurondervinding of enigiets wat verband hou met reis: Of dit nou jou vreesaanjaendste vlug na Vietnam was, 'n opwindende sandduin renjaery in die Namib, of die aand toe jy verdwaal het in Bangkok - daar is nie perke nie!

Kwaliteit tel

Ons neem min of meer die volgende in gedagte wanneer ons kyk na die kwaliteit van die skryfwerk:

Roughly speaking, we take the following into account when determining quality:

  • Interessante, lewendige en boeiende vertelling

  • Inligting oor vlugte, motorhuur en bootvaarte tel punte

  • Grammaties-korrekte taalgebruik

Vervaldatum

Wanneer die koopbewys uitgereik word, sal daar 'n datum verskaf word teen wanneer dit gebruik moet word, anders is dit onbruikbaar.

Ritsgids koopbewyse kan gebruik word vir afslag op alle reise wat deur ons bespreek word.

Met Ritsgids kan jy vlugte, bootvaarte, motorhuur en verblyf in alle stede, oraloor die wereld bespreek. Gebruik jou koopbewyse om afslag te kry vir besprekings deur ons.

Natuurlik gee jy ons toestemming om dit te publiseer.

Deur vir ons die resensie te stuur, kry ons volledige eienaarskap en kopiereg daarop en daarom ook die toestemming om dit te publiseer. Hierdie materiaal moet uniek wees, d.w.s nie erens anders gepubliseer wees nie.

Hoe om Ritsgids Koopbewyse te gebruik:

Hierdie aanbieding is slegs vir 'n beperkte tydperk! Ritsgids Koopbewyse moet gebruik word voor 20 April 2014. Jy kan dit gebruik vir vlugbesprekings, motorhuurbesprekings, bootvaarte op die MSC Sinfonia of Opera, verblyf (stuur 'n e-pos aan reis@ritsgids.co.za vir hulp met kwotasies) en warmlugballonvaarte. So hoe gaan jy te werk?

1. Maak eers 'n bespreking deur een van die bogenoemde skakels.

2. E-pos die volgende aan ons: a) 'n Bewys van jou bespreking b) 'n Bewys van jou Ritsgids koopbewys c) Jou bankbesonderhede

3. Ons sal dan bedrag gelykstaande aan die waarde van die koopbewys aan jou terugbetaal.

Trek jou notaboekie nader en doen dit!

So wanneer jy op jou volgende Ritsgids reis is, gryp daai notaboekie, skryf 'n paar reels en e-pos dit aan ons.


Ons taal kook; en so kan ons ook. Kom ons praat die taal en lag in ons eie Afrikaans.

Afrikaans is lekker op die tong