<h1>Bladsy Herleiding </h1>

Ons vra onverskoning dat u nou gerherlei gaan word na ons Engelse besprekingsblad. Ons hoop om binnekort 'n Afrikaans weergawe van die bladsy bekend te stel.

As u nie outomaties gerherlei word na die besprekingsblad nie, kliek asseblief op die webblad link vir SouthAfrica.TO.

 

Verdien punte

Nou is die geleentheid om punte te verdien deur besprekings op hierdie blad te maak en vir ons foto's of video's van u vakansie of toer te stuur. Stuur dit gerus aan reis@ritsgids.co.za. Hierdie punte kan u 'n reiskoepon in die sak bring vir u volgende reis.

Binnelandse Vlugte

Suid-Afrika se lae koste lugdienste is Mango en Kulula Lugdiens, maar dit is nie noodwendig dat hul vlugte die goedkoopste sal wees nie. Gebruik gerus die soek enjin om die goedkoopste vlugte op te spoor.

Wanneer is die beste tyd om te bespreek?

Vlugpryse is gedurig aan die verander en is baie moeilik om vas te stel wanneer die beste tyd is om die goedkoopste kaartjie te kry. Die pryse word op 'n weegskaal effek vasgestel. Hoe meer die aanvraag is, hoe duurder word die kaartjies en hoe minder die aanvraag, hoe goedkoper word die kaartjies. Navorsing toon wel dat kaartjies die goedkoopste uitwerk as dit op 'n Dinsdag, 8 weke voor die tyd bespreek word, maar dit is moeilik om dit vas te stel.

Kinders sonder toesig

Kulula en Mango laat slegs kinders bo die ouderdom van 12 toe om sonder volwassenes te vlieg. Almal onder die ouderdom van 12 moet saam met 'n volwassene van 16 jaar of ouer vlieg. BA en SAA het spesiale reëls waar kinders tussen 6 en 11 op hul eie kan vlieg solank hulle tussen 8am en 8pm vlieg. Skakel gerus SAA (0861 359 722) of BA (011 441 8600) vir meer inligting en besprekings.

Hulp met rolstoelle

Die vliegtuie het beperkte spasie vir rolstoelle en daarom word dit aangeraai om vooraf met u lugdiens te reël vir hulp en stoorplek vir rolstoelle.

Swanger Dames

Met Kulula moet swanger dames wat tussen 32 en 36 weke swanger is 'n brief van haar dokter saam neem om te wys dat sy medies geskik is om te vlieg. Dames wat al langer as 36 weke swanger is, mag ongelukkig nie vlieg nie.

Mango versoek nie swanger dames om 'n mediese brief te hê nie solank die swangerskap jonger as 35 weke is. Dames wat oor die 35 week swangerskaptydperk is, mag nie met Mango vlieg nie.

SAA laat dames toe vir binnelandse vlugte wat 36 weke swanger is en internasionale vlugte dames wat 35 weke swanger is. Alle swanger dames wat met SAA vlieg, moet 'n brief van hul dokter kan voorsien.

Met BA moet dames wat 32 weke swanger is 'n brief van haar dokter voorsien en geen dames wat langer as 36 weke swanger is sal mag vlieg nie.

Vervoer van troeteldiere

Mango, BA, Kulula sowel as SAA laat diere toe op hul vlugte. Dit is 'n taamlike moeilike proses om al die korrekte dokumente te kry en kan vooraf gereel word met "Total Cargo Services". Skakel hulle gerus by 011 979 0836.

 

 

 

 

 

comments powered by Disqus