__


Vlug Pryse

Afrikaans is die taal van my hart

Bespreek Bootreis Nou

Durban hawe

Verdien vaartafslagkoepons deur 'n beskrywing van jou laaste plesiervaart per e-pos aan ons te stuur

Bootreis vanaf Durban

Begeer jy 'n droomvaart na 'n idilliese tropiese eiland waar die palmbome sing van die wind? Waarom uitstel? Daar is gereelde bootreise vanaf Durban na die Portuguese Eiland (naby Maputo, Mosambiek), Inhambane, Mauritius, Madagaskar en Reunion aan boord van die MSC Opera, MSC Sinfonia en die Silver Wind-toerskip. Bootreise van Durban word as die beste in Suid-Afrika beskou vanwee die voortreflike klimaat in daardie werelddeel (in vergelyking met die vaarte by Kaapstad wat ongelukkig taks met die omgesukkelde Suidoos moet rekening hou). Daar is ook die soelwarm waters van die Indiese Oseaan (teenoor die ysige Kaapse see), om nie eens te praat van die wonderskone eilande in die Indiese Oseaan en die pragtige strande van Mosambiek nie.

Om 'n kwotasie te kry van 'n bootreis uit Durban, voltooi slegs die vorm hieronder - die vrae is kundig opgestel sodat ons vaartkenners die beste bootreis spesiaal vir jou kan vind.

Gewilde bootreise van Durban:
- Durban na Mosambiek

- Durban na Madagaskar

- Durban na Mauritius

- Durban na Kaapstad

Die MSC Sinfonia, die MSC Opera end die SilverWind is die passasierskepe wat die meeste vanaf Durban reis.

Die Durbanse hawe

Die Durbanse hawe is die besigste aanleplek vir skepe aan die Suid-Afrikaanse kus en het ook die grootste houerterminus in die Suidelike Halfrond. Dis niks ongewoons dat skepe buite die hawe hul beurt moet afwag om dit binne te vaar nie (hulle word in- en uitgehelp deur 'n gids wat per helikopter na die skip gebring word). Die hawe bedien nie slegs Durban nie, maar word ook as deurgang gebruik vir goedere na en van Gauteng, die ekonomiese hartland van Suid-Afrika. Die Durbanse hawe word deur Transnet se Nasionale Hawe-owerheid bestuur.

Toerskepe le aan buite "N Shed, T-Jetty", by die terminusfasiliteit vir passasiers. Benewens aanleplekke vir vrag- en toerskepe, is daar ook kaaie vir kommersiele vissersbote by die Silt Channel & Maydon Wharf en marinas vir seiljagte.

Parkade

Daar is 'n groot parkeergarage by die Durbanse hawe waar passasiers hul voertuie kan laat terwyl hulle hul plesiervaart ter see geniet.

Richardsbaai

Nadat jy die Durbanse hawe verlaat en noordwaarts koers gekies het, sal jy by Richardsbaai verbyvaar. Hou die see dop vir die talle skepe wat steenkool van Suid-Afrika na Indie en China vervoer - dis voorwaar iets om te aanskou.

En daar het jy dit in 'n neutedop! Hopelik het jy nou al die inligting wat jy nodig het om jou bootreis vanaf Durban te bespreek (by ons, natuurlik). Indien nie, vra ons gerus wat jy nog wil weet in die kassie vir opmerkings hieronder (trouens, skryf in elk geval vir ons; dis vir ons heerlik wanneer ons kliente vir ons dagse). En onthou ook om sommer vragte foto's van jou bootreis te neem en party daarvan per e-pos aan ons te stuur by cruises@southafrica.to (ons is dol daaroor dat kliente hul avonture met ons deel). Mooi vaar op die Blou Dam. Met beste wense vir 'n seevakansie wat jy tot in lengte van dae sal onthou.

Skrywers van hierdie blad is Charldo de Kock & , vertaling deur .

 

 


Ons taal kook; en so kan ons ook. Kom ons praat die taal en lag in ons eie Afrikaans.

Afrikaans is lekker op die tong

comments powered by Disqus