Young couple posing for a photo on the deck of a cruise ship in Cape Town

Meisie poseer op die dek van 'n boot met Kaapstad in die agtergrond

Bespreek Durban Bootreis

Bespreek Kaapstad Bootreis

Bespreek MSC Cruises

MSC Sinfonia Bootreise

MSC SinfoniaDIE MSC Sinfonia se jubelvaarte in die groot blou dam wat die kuste van Suid-Afrika bespoel, is geen onbekende ervaring vir ons mense nie. Vanaf November 2009 tot April 2018 het hierdie gewilde toerskip sy Suid-Afrikaanse en ander gaste pamperlang op sy heuglike seevaarte meestal vanuit Durban, 'n aantal vaarte uit Kaapstad, om nie eens te praat van sy epiese vaart na Italie wat 'n volle 18 dae duur. Sy is nie meer in Suid Afrika nie (die MSC Orchestra het haar plek geneem), maar jy kan nogsteeds internasionale bootritte op die ou dame bespreek.

Besprekings vir die MSC Sinfonia

Ons aanvaar nou besprekings vir internasionale vaarte op hierdie vorm. Jy kan vasstel watter kajuite beskikbaar is deur die vorm hieronder te voltooi (of stuur 'n e-pos aan reis@ritsgids.co.za indien jy probleme ondervind).

Kwotasies vir MSC Sinfonia
Voltooi hierdie vorm om die beskikbaarheid van plekke en pryse vas te stel. Besprekings word reeds vir alle vaarte op die lys aanvaar.


Naam: *
E-pos: *
Please confirm email: *
Telefoon nommer:
Getal volwassenes – 18 jaar en ouer:
Indien meer as 20 mense, spesifiseer asseblief die getal ondertoe in die veld vir spesiale versoeke.
Getal kinders tussen 12 en 17 jaar (maar nog nie 18 jaar oud nie):
Let asseblief daarop dat die kind steeds onder 18 jaar oud moet wees op die datum wanneer die TERUGVAART begin om as “onder 18” te kwalifiseer.
Getal kinders tussen 2 en 11 jaar:
Getal babas ONDER 2 jaar:
Selekteer asseblief u vaart(e):*
Getal kajuite verlang:
Indien jy sou verkies om nie een kajuit te deel nie, dui asseblief die getal kajuite aan wat jy verlang. Kajuite op die Orchestra het slaapplek vir ’n maksimum van 4 mense.
Ligging van kajuit: *
Binne (geen venster)
Buite (venster)
Balkonkajuit
Balkonsuite
Slaapgeriewe wat jy sou verkies:
Dubbelbed
Enkelbeddens
Is jy op wittebrood?
Ja
Nee
Kruis moet binne 6 maande na die troudatum val. Bewys van troue moet voorsien word
Is jy 60 jaar of ouer?
Ja
Nee
'n Geldige bestuurderslisensie, ID of huidige paspoort sal benodig word vir validering by die pier
Indien wel, hoeveel volwassenes is 60 jaar of ouer?
Senior afslag geld slegs vir diegene wat 60 + in die kajuit is
Wil u 'n kwotasie vir die volgende ekstras insluit? (Kies asseblief die blokkies wat u graag wil insluit)
vlugte
Pre / Post Hotel Akkommodasie
Oordragte na / van die hawe
Plaas asseblief die stad waaruit u wil vlieg in die veld "Spesiale Versoeke" en die aantal nagte van akkommodasie wat in die "Spesiale Versoeke" -veld benodig word.
Is jy 'n MSC Voyagers-klublid?
Ja
Nee
Spesiale versoek:
 

Die ontwerp van die MSC Sinfonia

Die MSC Sinfonia weeg 58625 ton en is 'n volle 251.25 meter lank en kan maklik 1554 passasiers en 700 bemanning akkommodeer. Hierdie meneer van 'n skip kan 'n maksimum spoed van 21.7 knope bereik wat die 777 kajuite in 'n bewegende hotel verander.

Twee Jacuzzi’s en 2 buite-swembaddens is die idiale manier om af te koel na 'n lekker sessie in die son of na 'n lopie op die mini golf baan of 'n lekker spel van basketbal op die opelug sportbaan.

Binne-in die skip is 2 restaurante, ’n biblioteek, ’n diskoteek, 2 lokale vir vertonings, ’n casino, ’n kafeteria en 'n aantal kroee om net 'n paar te noem.

Die MSC Sinfonia spog ook met 'n gimnasium en 'n spa wat stoomkamers en turkse baddens insluit.

Vir jongspan op die skip word daar ook 'n aantal aktiwiteite aangebied om seker te maak dat elke kind op die skip die meeste pret uit hulle vakansie kry. Vir die tieners is daar 'n eksklusiewe klub waar hulle speletjies soos Playstation, Wii en tafeltennis kan speel. Vir die jonger kinders is daar 'n speelsentrum met personeel wat die kinders vermaak met speletjies, kuns, sang en musiek.

Ingesluit by die prys

Die volgende is gewoonlik ingesluit:

  • Alle verblyfgeriewe aan boord
  • Alle maaltye aan boord
  • Alle teateroptredes en ander vermaak aan boord

Uitgesluit:

  • Die meeste drankies
  • Vervoer na en van die hawe
  • Enige verdere artikels van ’n persoonlike aard
  • Spa-behandelings
  • Enige verdere items wat nie hierbo genoem word nie

Hawegelde

R400 per persoon vir vaarte van 3 nagte of korter, R500 per persoon vir langer vaarte.

Kajuite

Daar is 778 kajuite op die Sinfonia waarvan 135 privaat balkonne het. Die kajuite is toegerus met 'n televisie, lugversorging, radio, minikroeg, eie badkamer en ’n private kluis, terwyl kamerbediening 24 uur per dag beskikbaar is.


Binnekajuite

Buitekajuite

Suites met balkon

Kategorie 1 - 5

Kategorie 6 - 10

Kategorie 11

Kajuite (13 vk. m), kajuite vir gestremdes is beskikbaar (21 vk. m), enkelbeddens wat tot dubbelbed omskep kan word (op versoek, kajuite vir gestremdes uitgesluit), lugversorging, TV, telefoon, badkamer met stort, minikroeg en kluis.
Die Sinfonia het 5 kategorie-1-kajuite, almal met 4 slaapbanke (maar soms kan besprekings gedoen word vir 2 mense wat een van die deel).
Daar is 14 kategorie-2-kajuite (2 met 3 slaapbanke en die res met 4 slaapbanke).
Kategorie 3 het ’n aantal kajuite met 2 slaapbanke.
Die hoogste binnekajuite is die kategorie-5-kajuite op dek 10 (dieselfde dek as die balkonsuites).

Kajuite (13 vk. m), enkelbeddens wat tot dubbelbeddens omskep kan word, lugversorging, TV, telefoon, badkamer met stort, minikroeg en kluis.
Die uitsig van kategorie-6-kajuite kan moontlik belemmer wees (byvoorbeeld deur ’n reddingsboot). Kategorie-6-kajuite kan slegs 2 mense huisves.

Suites met private balkon (22 vk. m), dubbelbed, lugversorging, ruim klerekas, badkamer met bad, TV, telefoon, internetverbinding (teen ’n sekere bedrag), minikroeg en kluis.
Kategorie-11-kajuite bied slaapplek vir ’n maksimum van van 3 volwassenes, of 2 volwassenes en 2 kinders (moontlik ook met ’n baba by hulle).

 

Vermaak

Talle vermaak word verskaf. 'n Span dansers en sangers is spesifiek aangestel om die passasiers in volle glorie te vermaak. Loer gerus na die video om te sien wat jy in die teater van die MSC Sinfonia kan verwag.

Die span wat vir die vermaak op die MSC Sinfonia sorg, staan bekend as die “droomspan”. Hulle is meestal Suid-Afrikaners, met die legendariese Stephen Cloete aan die spits. Kyk maar self hieronder hoe laat hulle die biesies bewe met Big Bamboo:

Nasionaliteit van skip se gesagvoerders

Die Kaptein, Offisiere en meeste van die ander gesagvoerders is almal van Italie afkomstig. Die hoofrede hiervoor is is omdat die skip in Italie gebou is en die meeste stelsels en instruksies in Italiaans geskryf en ontwerp is.

Aan boord gaan en vertrek

Op die vertrekdag verlaat die skip die Durbanse hawe stiptelik om 14h00. Alle passasiers moet op daardie dag tussen 10h30 en 13h00 aan boord gaan en wel by die “N-Shed”-passasiersterminaal in die hawe.

Huis toe vlieg

Volgens die vaartplan moet die MSC Sinfonia teen 08h00 op die laaste dag van die vaart by die Durbanse hawe aankom, maar klaring deur die hawe-owerheid en die proses om aan wal te gaan kan baie tydrowend wees. Daar word dus aanbeveel dat jy jou plek op jou vliegtuig huis toe so sal bespreek dat jy eers 'n 13h00 op daardie dag sal vlieg.

Hoe ’n mens die naam uitspreek

Die Sinfonia word “Sin-fin-ie-a” uitgespreek en NIE “Sin-foun-ie-a” nie, as ’n mens die klanke van die naam vir die Afrikaanse tong moet transkribeer. (Vir die Engelstaliges is “Sin-fin-ee-a” die korrekte manier van se pleks van “Sin-phone-ee-a”.)

Halaal en vegetariese kos

Halaal-vleis is beskikbaar, terwyl ’n keuse van smaaklike plantaardige kosse by die etes die stoerste vegetarier gelukkig sal hou. Ongelukkig maak die MSC Sinfonia nie voorsiening vir kosjer etes nie.

Vakansie-met-elegansie-pakkette

Spesifiseer asseblief in die besprekingsvorm of jy een van hierdie pakkette toegevoeg wil hê.

Pakkette

KODE

PAKKET

BESKYWING

 

 

 

570

Romantiese sonsopkoms

  • Bottel Moet & Chandon champagne brut
  • 2 MSC-aandenkingsglase om huis toe te neem
  • 2 varsuitgedrukte lemoensappe
  • Bordjie keur-croissante

571

Bon voyage deluxe

  • Bottel Pongraz Cap Classique-vonkelwyn
  • Bordjie koue versnaperings (10 stukke)

572

Bon voyage classic

  • Bottel J.C. le Roux Le Domaine-vonkelwyn
  • Bordjie koue versnaperings (10 stukke)

573

Standaard-verjaardag

  • Sponskoek met vulsel en versiering (900 g)

Hierdie pakket kan slegs in die hoofrestaurante aan boord voorgesit en genuttig word.

574

Spesiale oomblikke

  • Bottel J.C. le Roux Le Domaine-vonkelwyn
  • Standaard-verjaardagkoek

Hierdie pakket kan slegs in die hoofrestaurante aan boord voorgesit en genuttig word.

630

Vrugtemandjie

  • 5 keurvrugte in seisoen

631

Spesiale vrugtemandjie

  • 7 keurvrugte in seisoen

632

BBP-behandeling
Suid-Afrika

  • Bottel J.C. le Roux Le Domaine-vonkelwyn
  • Spesiale vrugtemandjie (7 keurvrugte in seisoen)
Wyne

KODE

PAKKET

BESKRYWING

PRICE

575

Klassiek Suid- Afrikaanse
Seleksie

Vier bottels wyn wat deur ons wynkelner gekeur is:

  • 1 Chardonnay
  • 1 Sauvignon Blanc
  • 1 Merlot
  • 1 Rose
  • 7 bottels mineraalwater

Hierdie pakket kan slegs in die hoofrestaurante aan boord voorgesit en genuttig word.

R 492
per pakket

576

Superiere Suid- Afrikaanse Seleksie

Sewe bottels wyn wat deur ons wynkelner gekeur is:

  • 3 wit wyne
  • 2 rooi wyne
  • 1 Rose
  • 1 bottel vonkelwyn (J.C. le Roux)
  • 7 bottels mineraalwater

Hierdie pakket kan slegs in die hoofrestaurante aan boord voorgesit en genuttig word.

R 828
per pakket

 

Susterskepe

’n Ander toerskip wat die MSC vanuit Suid-Afrika bedryf, is MSC Opera, terwyl die Melody nou ons waters verlaat het (die agent in Suid-Afrika is Starlight Cruises). Ander toerskepe wat deel uitmaak van die MSC-vloot is die MSC Armonia, MSC Lirica, MSC Musica, MSC Opera, MSC Orchestra en MSC Poesia (en as die MSC Poesia Suid-Afrika besoek, sal die naam alleen stellig genoeg wees om dit te bemark!).

Vertellings plus die geskiedenis van vaarte met die MSC Sinfonia

 

3-7 Des 2012

'n Lekker vaart vanaf Kaapstad na Walvisbaai op die beeldskone MSC Sinfonia gevul met lekker musiek, goeie vermaak en vakansiegees. Lees gerus meer deur die boonste skakel te besoek.

1 Maart 2013

Huisgenoot-vaart van die MSC Sinfonia, van Durban na die Portugese Eiland.


Louise se ligte ete op die MSC Sinfonia
Maart 2012

Louise en Salvelio is genooi om in Port Elizabeth aan boord van die MSC Sinfonia ’n ete te nuttig wat deur “Sinfonia se voortreflike hoofsjef ”, Pasquale Scarpati, berei is. Louise het die romerige seekos-risotto bestel. “Ek het dit as eerste gereg genuttig en dit was heerlik, die risotto volmaak al dente en die garnale pragtig gekook.” Salvelio het as hoofgereg “sappige Maarte-styl-lamsboud” gekies.
Foto deur Mike Holmes

Durban - Portugese Eiland
Feb 2011

Dit was ’n fantastiese vaart waarna ek daarna gehunker het om ’n langer een te onderneem, met meer tyd om die sout lug by die hemelsblou waters van die Portugese Eiland met volle teue te geniet. Hoogtepunte van die vaart was die snorkel-uitstappie en om na Stephen Cloete se skerpskertsery te kyk.

Durban - Maputo
Feb 2011

’n Boeiende deel van die vaart tot in Maputo, iets wat dikwels nie raakgesien word nie, is die wrakstukke van die kanonplatforms uit die koloniale tyd op Xefina-eiland. ’n Mens sien dit wanneer jy die baai van Maputo binnevaar en dit laat ’n mens aan die veelbewoe verlede van Mosambiek terugdink. In Maputo het ons ’n toer deur die stad onderneem (hoewel ons kleinding so van die speelarea op die Sinfonia gehou het dat ons die toer vroeg moes verlaat). Ons het die spoorwegstasie gesien, asook die fort en die Museum vir Nasionale Geskiedenis (met die wêreld se enigste versameling olifantfetusse!)

Livorno - Durban
Okt 2009

Amo Mondo het in
’n balkonkajuitsuite (kategorie 12) op die MSC Sinfonia van Livorno (Italië) na Durban (Suid-Afrika) gevaar. Passasiers het by Livorno aan boord gegaan waar die skip teen 11 vm. sou vertrek om daarna meer passasiers by Genua in te neem. Sy het aan boord gebly by Monte Carlo, Dakar, Agadir en Casablanca, maar Valencia besoek, asook Walvisbaai (“ons was almal dol oor hierdie hawe”), Kaapstad (“het ’n heerlike tyd gehad ondanks koel en winderige weer”) en Durban (waar sy tuisgegaan het in die “Beverley Hills Hotel by Umlanga Rocks. Dis ’n fantastiese hotel teenaan die Indiese Oseaan wat ek nie sal skroom om by enigiemand aan te beveel nie”).

Anne se vaart van ’n leeftyd

Anne het van Genua (Italie) na Monaco, Valencia (Spanje), Malta, Tunisië en Rome gevaar.

Gekiedenis van die MSC Sinfonia

28 Maart 2011

Die Sinfonia doen vir die eerste keer aan by Port Elizabeth, as deel van ’n vaart van vier dae van Durban na Kaapstad. Sy herposisioneringsvaart sou hierop volg. Oor hierdie besoek aan die Baai het die bemarkingsdirekteur van MSC Starlight Cruises, mnr. Allan Foggitt, gese: "Ons is baie opgewonde daaroor om Port Elizabeth by ons reisplan in te sluit. Dit bied ons die seldsame geleentheid om die unieke verskille van ons drie toonaangewende hawestede aan ons buitelandse gaste te vertoon. Om alles te kroon bied dit ons lojale plaaslike passasiers die geleentheid om hulle in hul tuishawe by die vaart aan te sluit. Port Elizabeth en die omliggende gebiede in die Oos- en Suid-Kaap skakel nou ook in by hierdie patroon en dan praat ons van mense van alle ouderdomme. Al hoe meer pare vier ook hul bruilof en ander romantiese geleenthede aan boord, terwyl ’n seevaart altyd gewild is vir korporatiewe aansporings en konferensies.”

Aug 2010

Starlight Cruises stel die praktyk in van voorkeurbehandeling vir MSC Sinfonia-passasiers wat spreekwoordelik aan die hand geneem wil word om met die minste moeite aan boord te kom.

13 Nov 2009

Die MSC Sinfonia onderneem sy eerste vaart vanuit Durban.

Nov 2009

Die MSC Sinfonia vaar deur die Straat van Gribaltar na Suid-Afrika.

9 Nov 2008

Die MSC Sinfonia vertrek op ’n vaart van 18-dae van Italie na Brasilie. Die skip doen aan by Barcelona, Lissabon, Casablanca en Salvador de Bahia.

23 Nov 2007

Die MSC Sinfonia besoek Lissabon vir die eerste keer.

Maart 2005

Die MSC Sinfonia begin sy vaarte vir MSC Cruises.

Jul 2004

Die MS European Stars word vir 220 miljoen per veiling verkoop aan MSC Cruises (’n afdeling van die Mediterranean Shipping Company wat uit Geneve opereer) en herdoop tot die MSC Sinfonia (na bewering geinspireer deur groot Europese simfoniee).

19 Jan 2004

Nadat Festival Cruises bankrot verklaar is, word op die MS European Stars beslag gele en word die skip in Barcelona stilgele.

25 Apr 2002

MS European Stars onderneem sy eerste vaart na Barcelona.

18 Apr 2002

Die nuut geboude skip X31 word in Saint-Nazaire aan Festival Cruises oorhandig en ontvang die volgende dag sy naam MS European Stars.

4 Maart 2001

Nadat dit deur Festival Cruises bestel is, word die nuutgeboude skip X31 (sy werfnommer was X31) in Saint-Nazaire (Frankryk) deur Chantiers de l'Atlantique te water gelaat.