

Vra vir hulp |
What gebeur op die Orchestra bly op die Orchestra! Soos haar naam daarop dui, bring die MSC Orchestra veiligheid, luuksheid en ontwerp in harmonie saam. Sy was die tweede skip in die MSC “Musica ontwerp”-vloot (Sy seil langs die MSC Musica en MSC Poesia), en is 'n bietjie groter as die MSC Sinfonia & MSC Opera.
‘n Opwindinde tyd staan alle Suid-Afrikaners voor! Die MSC Orchersta het op die 17de Oktober 2019 in Durban gearriveer; en bied bootreise aan vanaf Durban en Kaapstad tot 18 April 2020. Die skip is 293,8 meter lank en het 'n romp van 32,2 meter. Haar bruto gewig is 92,409 ton en sy kan 2 550 passasiers op volle kapasiteit dra.

Die MSC Orchestra het 18 dekke wat opwindende fasiliteite aanbied. Dit sluit 5 restaurante in, wat enige passasier se smaakpapille sal prikkel. Daar word van Italiaanse- tot Chinese spyseniering bedien.
Die skip het kroeë en sitkamers vir alle smake, elkeen met sy eie tema. Dit sal vir jou voel asof jy die wêreld deur gereis sonder dat jy Suid-Afrikaanse waters verlaat het, met die Afrika-tema Savannah Kroeg, Hollywood-styl Zaffiro Kroeg en die stylvolle Cantinella Wyn Kroeg.
Wenk: Die lekkerste cocktails is die Mangoberry Crush, Frozen Toblerone, Amarula Magi, Mozambique R&R en African Tiki Hula. Drink maar soos jy op die oomblink voel. Vir die connoisseurs, die "Barman's Speedrail" en "Purple Rain" is nie meer beskikbaar nie.
Die onderste eetkamer is die Villa Borghese. Let daarop dat water, tee en koffie nie gratis is by etes nie. Die buffet kan chaoties raak; en ons beveel aan om die buffet te vermy, tensy jy buite spitstye gaan.
Gaste kan rus en ontspanningstyd by die MSC Aurea Spa geniet. Tesame kan die passasiers ook die mediteer lokaal en Gimnasium geniet. Vermaak kom in die vorm van lewendige vertonings by die Covent Garden Teater, dobbel by die Palm Beach Dobbelhuis, dans die hele nag by die disko, kyk flieks by die opelugteater of speel basketbal of tennis op die Orchestra se sportbane. Daar is ook twee swembaddens om van te kies, op die boonste dek van die skip op die perfekte somersdae.
Daar is 'n verskeidenheid kajuite om van te kies op die MSC Orchestra:
Binnekajuite - As jy nie van plan is om te veel tyd in jou kajuit te spandeer nie, kan 'n binnekajuit 'n goeie opsie wees om geld te spaar. Hierdie kajuite is 14 vierkante meter, het enkelbeddens wat omskep kan word in 'n dubbelbed (op aanvraag), sowel as 'n ruim klerekas, 'n badkamer met stort (en die tipiese geel stortgordyn wat aan jou vasgom!), interaktiewe TV (die grootte van 'n rekenaarskerm), telefoon, beskikbaarheid van internet konneksie deur jou eie skootrekenaar (teen betaling), minibar en kluis.
See uitsig kajuite - Hierdie kajuite is 17 vierkante meter groot en het almal dieselfde kenmerke as die binne-kajuite plus 'n venster met uitsig aan die buitekant.
Balkonkajuite - Hierdie kajuite het dieselfde geriewe soos hierbo genoem, plus hulle het 'n balkon. Daar is twee soorte balkonkajuitplekke, die standaard een, wat 18,5 vierkante meter is, en die superior balkonstoep, wat 22 vierkante meter is.
Balkon suites - 29,5 vierkante meter groot, hierdie suites is pragtig en ruim, het 'n balkon aan die buitekant, sowel as al die geriewe van die ander kajuite.
Wenke:
Die veiligheidsbooitjies is op dek 8 - as jy 'n kajuit op daardie dek het, sal die booitjies miskien jou uitsig belemmer.
As jy jou sleutelbord in die houer langs die deur plaas, sal 'n bietjie lig aangaan om die kamerwag te laat weet dat jy in jou kamer is.
Maak gebruik van die "Do Not Disturb" teken.
Ja, die water uit die kajuit se krane is veilig om to drink - dit is gesuiwerde seewater.
Sluit jou selfoon in die kluis toe en gebruik hom glad nie tydens die reis.
Jy mag nie rook op die balkon nie.
Die grootste restaurante is die Villa Borghese restaurant op die 5de dek en L'Ibiscus op die sesde dek.

Daar is 'n verskeidenheid aktiwiteite om 'n mens besig te hou, vanaf Bingo tot "Singles get togethers"; iets vir almal se smaak.

Dan is daar die kans om met die Italiaanse Offisiers te dans, of "Masterchef at Sea" te speel.

31 Des 2019; 04h00. 'n Man spring van die Orchestra af, terwyl dit tussen Madagascar en Mauritius seil. Binne 'n uur is die man gevind en weer aan boord gebring.
21 Feb 2019. Die MSC Orchestra bots teen die MSC Poesia in Buenos Aires. Niemand het seergekry nie. Hierdie gebeur so min - ek is glad nie afgeskrik om op een van die skeepsvaarte te gaan nie. Sal my nooit afsit.
Op 2 Januarie het MSC Cruises hierdie SMS gestuur: "Looking forward to you cruising on Wednesday. Embarkation closes promptly at 16:30 - ensure you are at port with sufficient time to embark. Bring Cruise Ticket, National ID, Original Birth certificates for kids U18. 1 checked bag pp, excess bags charged at $25 each. MSC Cruises".
Video van weekslange vakansie op die MSC Orchestra:
Suid-Amerikaanse Bootreis op die Orchestra:
Blaai af as jy nie kan sien waar om jou vraag/kommentaar te skryf nie.