__

Young couple posing for a photo on the deck of a cruise ship in Cape Town

Mediterreense Bootreise

Ervaar die skoonheid van ikoniese plekke deur 'n bootreis op die Middellandse See te bespreek op luukse-toerbote van MSC Cruises, Royal Caribbean, Celebrity Cruises, P&O Cruises, Norwegian, Cunard Line, Crystal Cruises, Princess Cruises, Holland America of Costa Cruises. Norwegian en Royal Caribbean is die beste vir diegene wat in die ouderdom groepe 25-39 is, en nie met die "ou geezers" will reis nie. Ons aanvaar besprekings tot November 2020. Jy kan kies tussen bootreise vanaf Barcelona, Istanbul, Venesië, Lissabon en St Tropez, om maar net 'n paar te noem.

Stuur 'n e-pos aan reis@ritsgids.co.za om 'n bespreking te maak.

Bespreek 'n Bootreis in die Mediterreense See
Voltooi hierdie vorm om die beskikbaarheid van plekke en pryse vas te stel. Besprekings word reeds vir alle vaarte op die lys aanvaar.


Naam: *
E-pos: *
Please confirm email: *
Telefoon nommer:
Getal volwassenes – 18 jaar en ouer:
Indien meer as 20 mense, spesifiseer asseblief die getal ondertoe in die veld vir spesiale versoeke.
Getal kinders tussen 12 en 17 jaar (maar nog nie 18 jaar oud nie):
Let asseblief daarop dat die kind steeds onder 18 jaar oud moet wees op die datum wanneer die TERUGVAART begin om as “onder 18” te kwalifiseer.
Getal kinders tussen 2 en 11 jaar:
Getal babas ONDER 2 jaar:
Selekteer asseblief u vaart(e):*
Getal kajuite verlang:
Indien jy sou verkies om nie een kajuit te deel nie, dui asseblief die getal kajuite aan wat jy verlang. Kajuite op die Orchestra het slaapplek vir ’n maksimum van 4 mense.
Ligging van kajuit: *
Binne (geen venster)
Buite (venster)
Balkonkajuit
Balkonsuite
Slaapgeriewe wat jy sou verkies:
Dubbelbed
Enkelbeddens
Is jy op wittebrood?
Ja
Nee
Kruis moet binne 6 maande na die troudatum val. Bewys van troue moet voorsien word
Is jy 60 jaar of ouer?
Ja
Nee
'n Geldige bestuurderslisensie, ID of huidige paspoort sal benodig word vir validering by die pier
Indien wel, hoeveel volwassenes is 60 jaar of ouer?
Senior afslag geld slegs vir diegene wat 60 + in die kajuit is
Wil u 'n kwotasie vir die volgende ekstras insluit? (Kies asseblief die blokkies wat u graag wil insluit)
vlugte
Pre / Post Hotel Akkommodasie
Oordragte na / van die hawe
Plaas asseblief die stad waaruit u wil vlieg in die veld "Spesiale Versoeke" en die aantal nagte van akkommodasie wat in die "Spesiale Versoeke" -veld benodig word.
Is jy 'n MSC Voyagers-klublid?
Ja
Nee
Spesiale versoek:

 

Mediterreense bootreis op die Middellandse See

MSC Cruises

MSC Mediterranean Cruises bied die grootste verskeidenheid van keuses van Augustus tot Maart, van die westelike tot die oostelike deel van die Middellandse See. Jy kan kies tussen twaalf verskillende luukse-toerbote om jou mee te voer op jou oorsese avontuur. MSC het seker gemaak dat hulle met hul kos en vermaak aan boord vir mense van alle ouderdomme voorsiening maak. Hul Italiaanse gasvryheid sal verseker dat jy die mees ontspannende en prettigste vakansievaart geniet. Wanneer jy 'n bootreis op die Middellandse See bespreek, sal jy met vreugdevolle verwagting daarna kan uitsien om uiteindelik al die verstommende Europese plekke te sien waaroor jy nog altyd gedroom het – alles op een vaart al langs die kus van Europa.

Royal Caribbean

Royal Caribbean is bekend vir hul gesinsvriendelike bootreise, met so 'n swetterjoel vermaaklikhede dat die jongspan geen kans het om verveeld te raak nie. Met 7 klastipes en 22 bote op hul spyskaart, sorg Royal Caribbean dat bootreise op 'n heel nuwe vlak geplaas word deur die vermaak van wêreldklas, fynproewerskos en luuksuese verblyf wat hulle verskaf. Daar is meer as honderd hawens om van te kies, sodat jy kan rus in die wete dat jy wel daardie plek sal besoek wat tot dusver nog slegs vir jou in lugkastele bestaan het. Lande waarheen gevaar word, sluit Engeland, Frankryk, Italië, Spanje en Duitsland in.

Costa Cruises

Costa Mediterranean Cruises se bootreise in die westelike Middellandse See sluit besoeke in aan die hawens van Agadir, Malaga, Barcelona, Casablanca, Ajaccio en Civitavecchia. In die oostelike Middellandse See word onder meer by Alanya, Ancona, Asdod, Piraeus (Athene), Bari en Corfu aangedoen.

P&O Cruises

Kies tussen 'n bootreis op die Middellandse See van sewe nagte waarin daar in ses hawens vasgemeer word (in Italië en Kroasië of in Italië, Frankryk en Griekeland) of 'n Mediterreense vaart van veertien dae met elf bestemmings (Italië/Griekeland/Korsika).

Princess Cruises

As 'n dogtermaatskappy van Carnival Cruises, wissel Princess Cruises se Mediterreense reise van twee tot twaalf dae, die laasgenoemde 'n toer op land sowel as ter see.

Celebrity Cruises

Soos Princess Cruises bied hulle ook land-en-seereise aan. Celebrity se bootreise op die Middellandse See sluit in Heilige Land-vaarte, Swart See-vaarte, vaarte op die Swart See plus by die Griekse eilande, asook vaarte by die Griekse eilande plus Turkye.

Norwegian Cruise Line

Norwegian Cruise Line bied enigiets aan van beginnersbootreise van twee dae vanaf Malaga en Marseille tot bootreise van sewe dae op die Adriatiese See, by Italië en die Griekse eilande.

Holland America

Holland America bied 'n Homeric Quest-bootreis van sewe nagte vanaf Athene aan, asook 'n West Europe-vaart van elf nagte, 'n Mediterranean Explorer-vaart van elf nagte vanaf Barcelona na Rome, 'n Turkish & Homeric-vaart van veertien nagte, 'n epiese 22 nagte lange Mediterranean & Adriatic Explorer-bootreis vanaf Barcelona na Athene en 'n selfs meer epiese Western Europe & Holy Land-bootreis van 43 nagte.

Cunard Line

Cunard Mediterranean Cruises sorg vir onder meer 'n bootreis van twaalf nagte op die Adriatiese See en die Swart See, nog een van twaalf nagte vanaf Southampton na Barcelona en terug, asook 'n bootreis wat eweneens twaalf nagte duur vanaf Southampton na Rome.

Hawens aan die Middellandse See wat besoek word

Naam van hawe

Kort beskrywing

Venesië (Italië)

Koester hierdie romantiese stad-op-water met tydsame teue deur per gondel op dieCanale Grande te vaar of die treffende klippaadjies te bewandel. Met sy menigte brûe en kanale, bied Venesië jou die geleentheid om salig te verdwaal op jou ontdekkingstog. Maak seker dat jy ’n wyle op die San Marcoplein (Piazza San Marco) vertoef, waar jy ’n Italiaanse maal kan nuttig of die Katedraal en die Basiliek kan besoek.

Genua (Italië)

Dis geen verrassing dat talle bootreise by Genoa begin nie – hierdie stad spog immers met die grootste seehawe in Italië. Gaan wandel op die pragtige Piazza de Ferrari met ’n treffende fontein as middelpunt, of geniet ’n yskoue gelato (roomys) langs die promenade van Lido d'Albaro.

Civitavecchia (Italië)

’n Besoek aan die hawe Civitavecchia sal jou regdeur die dag aan die gang hou, want dis slegs 80 km ver van die betowerende Rome, die Ewige Stad. Geniet al die argitektoniese besienswaardighede van Rome met ’n toer na die Colosseum, Sint Pieterskerk, die Vatikaan-museum, Trevi-fontein, Piramide van Cestius en Baddens van Caracalla.

Barcelona (Spanje)

Barcelona is bekend vir sy lewendigheid en kunssinnigheid, en die stad bied talle vermaaklike uitstappies vir die hele gesin. Jy het die keuse om Spaanse tapas(versnaperinge) tussen vriende te geniet of ’n paar sangrias (wyn met byvoegings) weg te slaan tydens ’n Flamenco-vertoning. So nie kan jy gaan voetslaan deur die Collserola-natuurpark, of leer hoe Spaanse wyn gemaak word met ’n proewery agterna, of jy kan die geskiedenis absorbeer deur die basiliek Sagrada Família en die Katedraal van die Heilige Kruis en Sint Eulalia te besigtig.

Marseille (Frankryk)

Marseille roem daarop dat dit die grootste handelshawe van Frankryk is. Dit is ook tot Europese Hoofstad van Kultuur 2013 verkies, en jy sal die fassinerende argitektuur en die groot aantal sonderlinge restaurante verstommend vind. Maak seker dat jy dieBouillabaisse beproef, ’n beroemde plaaslike soort seekos wat minstens drie verskillende soorte visse bevat. Jy kan ook per boot uitvaar na die  eiland Château d’If vir ’n toer rondom die voormalige gevangenis. Of neem ’n busuitstappie na die basiliek Notre-Dame de la Garde, die vredige dorpie Cassis of die stad Aix-en-Provence.

Istanbul (Turkye)

Istanbul bevat die beste van twee wêrelde, Europees vermeng met Oosters. Die stad se majesteitlike paleise en moskees is iets besonders. Wanneer jy hier is, is ’n besoek aan die Groot Basaar ’n moet – een van die grootste oordekte markplekke ter wêreld waar jy allerhande soorte skatte kan vind. Moet ook nie nalaat om die Topkapi-paleis te besoek nie. Dit was die tuiste van die Ottomaanse sultans gedurende die grootste deel van hul heerskappy. Daar is talle beroemde artefakte, waarvan baie veral vir die Islam betekenisvol is. As jy dit verkies om die stad per boot te verken, bespreek jou plek op ’n Bosporus-vaart waartydens jy besienswaardige soos die Dolmabahce-paleis, Ortakoy-kwartier en die Maagdetoring (Leandros-toring) kan besigtig.

Lissabon (Portugal)

Daar is mense wat reken dat Lissabon die oudste stad in Wes-Europa is, en elke buitelandse  besoeker sal sy ryk geskiedenis kennelik ervaar. Ry na die verbluffende Sintra,’n stad binne die Groter Lissabon, waar jy pragfoto’s van die berge en landelike paleise kan neem. Maak seker dat jy die Nasionale Koninklike Paleis besoek waar jy die oudste glasuurteëls in Portugal sal vind. Geniet die beroemde Porto-wyn en die met kaneel deurdronge Pasteis de Belem (pasteie) tydens ’n rit na Azeitao. Rond die dag af met ’n besoek aan die Belém-distrik en gaan kyk na die praalgraf van die ou Portugese ontdekkingsreisiger Vasco da Gama.

Hoekom is ’n bootreis op die Middellandse See vir jou ’n móét?

Daar is ’n magdom dinge om te sien. Trouens, ’n mens het omtrent veertig nagte ter see nodig om dit alles in te neem  –  van die vaarte in die westelike Middellandse See tot die oostelike deel.

Daar is sewentien lande met uiteenlopende en fassinerende kulture, tale en geskiedenisse.

As jy tot hier gelees het, het jy hopelik ’n goeie idee wat om op jou Mediterreense bootreis te verwag. Indien nie, vra ons gerus hieronder wat jy nog wil weet. En as jy binnekort só ’n reis onderneem, neem asseblief ’n hele boel foto’s en deel hulle met ons. Ons hoor baie graag van mense se bootavonture, veral as dit op die Middellandse See is. E-pos:  reis@ritsgids.co.za

Skrywers Charldo de Kock & R Baker, vertalings deur