__


Vlug Pryse

Afrikaans is die taal van my hart

Bootreis 2017/2018

As Suid-Afrikaners dink ons soms dat ons van die res van die wêreld afgesny is en nie altyd die lekker van die lewe kan ervaar nie, maar dis egter nie die geval nie. Ons het ons beeldskone nasionale parke, die Groot Vyf en genoegsame kultuur-ryke dorpies wat baie vir die oog en siel kan bied. Soms soek ons na iets meer, meer genot, vermaak en pamperlang en daar is niks fout daarmee nie. Die perfekte vakansie wag vir jou en is baie makliker om te bekom as wat jy gedink het. Loer 'n bietjie hierna en oorweeg volgende keer 'n Bootreis vir 'n vakansie weg.

Bootreise vir Suid-Afrikaners

Die moontlikhede is legio en daar is vandag baie meer en makliker maniere vir Suid-Afrikaners om hul droom vakansie moontlik te maak. Sonder die ongerief van vlugkoors kan jy die kus van Suid-Afrika en Europa in die gerief van die MSC Sinfonia en MSC Opera ervaar en ten volle geniet. Jy kan ook nou maklik die res van die wêreld en plekke besoek waaroor jy nog altyd net gedroom het.

Verbeel jou hoe lekker dit sal wees om soggens wakker te raak vir ontbyt en al wat jou oog kan sien is die potblou waters en die onbederfde horison. Na 'n lip-lekker ontbyt kan jy besluit hoe baie of hoe min jy vir die dag wil aanpak. Elke dag bied iets vir elke smaak, of jy dit verkies om in die son te lê en ontspan met 'n drankie in die hand of om deel te neem aan die prettige aktiwiteite en vermaak wat daagliks aangebied word... hierdie is jou vakansie en ontspanning en baie pret word sterk aanbeveel.

Dans voor Tafelberg

Elke vaart bied jou die geleentheid om nuwe plekke en kulture te ervaar met die gemak dat jy elke aand terug kan keer na jou luukse kamer op die skip. Dit bied jou meer mense, meer plekke, meer vermaak en baie minder ongerief.

Daar kan uitgesien word na vaarte uit Kaapstad wat vaar na Walvisbaai, Luderitz, Mosselbaai, St Helena, Las Palmas, Valencia, Genoa en Venisie. Mense wat van Durban wil vertrek kan uit sien na plekke soos Maputo, Portuguese Eilande, Inhambane, Madagaskar en Mauritius.

Mozambique

Saans kan jy terug sit en ontspan terwyl jy vermaak word deur die talentvolle sangers en dansers tydens die glansvertonings wat reg oor die skip aangebied word. 'n Skemerkelkie in die gerieflikheid van jou balkon of in een van die stylvolle onthaalkamers van die skip saam met almal wat jy tydens hierdie vaart ontmoet het is ook 'n moet.

theatre-magnifica

MSC bied ook 'n aantal musiekvaarte jaarliks aan vir aanhangers. Die bekendes is natuurlik die Huisgenoot en Jukebox musiekvaarte. Loer gerus hierna:

Aandete kan 'n sensasionele ervaring wees in een van die ontwerpersrestaurante op die skip, of as jy verkies om iets meer informeel te doen, bied die buffet ete 'n verskeidenheid delikatesse aan wat alle kosliefhebbers se smaakkliere sal prikkel. Halaal etes is beskikbaar op versoek.

As die etes en die rus vir jou te veel raak, is daar 'n groot verskeidenheid van toere beskikbaar wat bespreek kan word om op die eilande te gaan doen om 'n bietjie die vakansie vetjies af te brand en om die meer speelse kant van jou uit te bring. Hierdie toere kan op die skip bespreek en betaal word. Dit is nie nodig om toere deur die skip te bespreek nie, maar dit is altyd beter om 'n toer te bespreek deur die skip vir versekering en veiligheid. Indien jy besluit om op jou eie 'n toer aan te pak, maak altyd seker dat jy presies weethoe laat jy terug op die skip moet wees.

Jeug 2

Raak verlore in 'n doolhof van winkels, kroeë, dans klubs en casinos. Pamper jouself met 'n sessie in die sauna gevolg deur 'n ontspannende sessie in die skoonheidsalon. Verbeel jouself jy is 'n Formule 1 renjaer of 'n wêreldklas golfspeler of sit terug en ontspan meet 'n heerlike drankie terwyl jy oor die oop horison kyk hoe die son gaan slaap. As jy besluit om jou kinders op die skip te neem, kan jy steeds al hierdie wonderlike dinge doen terwyl die kinders deur die skip se personeel vermaak word.

Die meeste skepe bied 'n klub vir kinders en tieners waar hulle deel kan neem aan verskeidenhed aktiwiteite en pret. Dit is 'n baie goeie manier om maats te maak en te voorkom dat verveeltheid inskop. Hierdie aktiwiteite word gewoontlik gratis aangebied vir kinders tensy anders aangedui. Jeug personeel van reg oor die wereld is aangestel en opgelei om hierdie aktiwiteite en klubs prettig en veilig te maak.

Jeug 4

Opwindende aktiwiteite wat op jou skip kan gebeur:

0 - 2 jaar
Baba oppasser

Afhangende van die skip

Familie speletjie

Op meeste skepe. Ouers moet teenwoordig wees.

Family Bear Building

Slegs op sekere skepe

Family Photo Shoots

Slegs op sekere skepe

 

Jeug 3
2 - 11 jaar
Gesigverf

Meeste Skepe

Skattejag

Meeste Skepe

Kinder aandete

Meeste Skepe

Dans Partytjies

Meeste Skepe

Talent Konsert

Meeste Skepe

Kostuum Kompetisies

Meeste Skepe

Fliek aande

Meeste Skepe

Playstation

Meeste Skepe

Wii

Meeste Skepe

Kuns en kultuur

Meeste Skepe


Jeug 1

12 - 17 jaar
Dans Klasse

Meeste Skepe

Skattejagte

Meeste Skepe

Pizza Partytjies

Meeste Skepe

Dance Partytjies

Meeste Skepe

Talent Konsert

Meeste Skepe

Kostuum Kompetisies

Meeste Skepe

Fliek Aande

Meeste Skepe

Playstation

Meeste Skepe

Wii

Meeste Skepe

Kuns Projekte

Meeste Skepe

Land Uitstappies

Sekere Skepe

Skip Toere

Sekere Skepe

Casino Aande

Sekere Skepe

 

Dit is belangrik om vroegtydig jou pretvaart te beplan. Meeste van die vaarte benodig paspoorte om op die skip te klim en soms kan 'n paspoort tot 8 weke neem om te ontvang. Maak ook seker dat indien jy wel 'n paspoort het dit nog geldig sal wees tydens die verloop van die vaart. Dit is ook belangrik dat die inligting op jou paspoort dieselfde inligting is wat jy op jou bespreking gebruik.

Dit is ook goed om navorsing te doen oor artikels wat op die skip geneem mag word en wat nie. Meeste skepe verbied passasiers om hul eie drankies en alkohol op die skip te neem en soms word kos, lekkers en skyfies ook verbied. Ouers mag wel babakos saam neem as hul kinders nog nie die kos kan eet wat op die skip beskikbaar is nie.

Pak gerus soveel klere as wat julle wil, want skepe het normaalweg nie 'n gewig limiet vir bagasie nie.

Vaarte is verseker een van die tipe vakansies in Suid-Afrika wat meer bekend by die dag word. Dis bekostigbaar, dis lekker en dis beslis iets wat jy vir altyd sal onthou. Kom ons kyk hoe lyk ons gelukkige passasiers.

Nou is dit tyd om jou vaart te bespreek en onthou om vir ons jou foto's te stuur.



Ons taal kook; en so kan ons ook. Kom ons praat die taal en lag in ons eie Afrikaans.

Afrikaans is lekker op die tong

comments powered by Disqus