Vlug Pryse

Afrikaans is die taal van my hart

Motorhuur in Kaapstad

As jy die goedkoopste motor in die Kaap wil huur, hoef jy nie die spreekwoordelike Kaapse draai te maak om dit te vind nie.


Gebruik eenvoudig die funksie aan die regterkant om die motorhuurpryse na te gaan van al die agentskappe by die lughawe (dis gewoonlik die goedkoopste vanaf die lughawe in vergelyking met die stad). Die meeste verhurings van motors vind plaas by Kaapstad Internasionale Lughawe, maar die groter agentskappe het takke regdeur Kaapstad.

Daar is ook die opsie vir eenrigting-huur, waar jy die motor in Kaapstad ontvang en dit elders afgee (byvoorbeeld Johannesburg of Durban).

Ons beveel dit sterk aan om 'n sedan pleks van 'n luikrugmotor te huur, omdat dit 'n ou laai van plaaslike skelms is om die agtervenster van 'n luikrug te breek en die goedere te steel wat daar geberg is.

As jy nog bystand met motorhuur wil hê, moenie skroom om ons te vra nie – ons is gretig om jou te help!

Ons het minibus huurpryse in Januarie gaan vergelyk en op die volgende afgekom:

Minibus Huur Pryse vanaf Kaapstad Int. Lughawe in Januarie 2014

17 tot 26 Jan 2014
Voertuig
Daaglikse Prys
Gratis km per dag
Prys per ekstra km
2de Bestuurder
Glas/
Motorband
versekering
GPS

Budget

Toyota Quantum

R776

125

R5.80

R275

R60/dag

R80/dag

Europcar

Hyundai H1

R778

Word bevestig met die bespreking

R275

R22.50

R87/dag

First Car Rental

Toyota Quantum

R1 426

200

R9.12

R250

R65/dag

R110/dag

Avis

Hyundai H1

R972

200

R7.25

R275

R20/dag

R83/dag

Hertz

VW Kombi

R952

100

R6.32

R219.30

R25/dag

R69.30/dag

Tempest

Hyundai H1

R1 040.00

100

R7.10

R220

R25/dag

R80/dag

Thrifty

VW T5

R1 298

200

R4.79

R200

R270.04

R450

Ritsgids

Toyota Minibus

R293

125

R2.83

R250

R70

R75

Kry nou 'n kwotasie in kommentaar aan die onderkant van die blad,
stuur vir ons 'n e-pos
, of vul die motorhuurnavrae-vorm in hierbo regs.

Ons motorhuurkonsultante staan gereed om te help!

Outomatiese voertuie

Voertuie wat gehuur kan word, sluit in die outomatiese modelle van die Hyundai i10, Nissan Tiida, Chevrolet Aveo, Toyota Avensis, BMW-2-reeks, Mercedes-C-klas, Kia Sportage of die Toyota Fortuner.

Hoe om motorhuuragentskappe te vind wanneer jy by die Kaapstadse Lughawe aankom

Die kantore van motorhuurmaatskappye is almal reg langs mekaar en aangrensend aan die lughawe-eindpuntgebou, en alle maatskapppye se kantore is duidelik met hul onderskeie kleure en logo's gemerk. Omdat daar 'n pad tussen hul kantore en die eindpuntgebou is, is daar 'n duikweg waardeur die kantore bereik moet word. As jy die lughawegebou vanaf die binnelandse aankomssaal verlaat, sal jy hulle net oorkant die pad aan jou regterkant vind (jy gebruik dan die duikweg om na hul kantore te loop).

 

Avis Car Rental

Telefoon: 021 927 8800

Budget Rent a Car

Telefoon: 031 385 1353

Europcar

Telefoon: 021 93 58600

First Car Rental

Telefoon: 021 934 7499

Hertz Rent a Car

Telefoon: 021 935 3000

Tempest Car Hire

Telefoon: 021 935 8650

Thrifty Car Rental

Telefoon: 021 936 2121

 

Europcar reservations counter



Ons taal kook; en so kan ons ook. Kom ons praat die taal en lag in ons eie Afrikaans.

Afrikaans is lekker op die tong

comments powered by Disqus