Vlug Pryse

Benodig jy hulp? Ons help graag!

SA Airlink Vlugte

SA Airlink is 'n unieke Suid-Afrikaanse lugdiens wat grotendeels vlugte aanbied na kleiner dorpies en stede in Suid-Afrika. SA Airlink maak gebruik van kleiner vliegtuie maar moet nie verwar word met 'n lae koste lugredery nie.

Om 'n goedkoop vlug op SA Airlink te bespreek:

  1. Gebruik die vlug soek enjin aan die linkerkant van hierdie blad om die goedkoopste vlugte te soek en te bespreek.

  2. Gebruik Ritsgids reiskoeponne om afslag op vlugte te kry. As jy nog nie Ritsgids koeponne het nie, begin dit nou versamel, sommer op hierdie SA Airlink vlug - skryf en stuur vir ons 'n resensie van jou vlug en ons sal vir jou reis koeponne stuur wat op die volgende vlug gebruik kan word wat jy op ritsgids.co.za bespreek. Stuur jou resenie na reis@ritsgids.co.za

Vlugbesprekings

Toelaatbare bagasie

Vliegtuie

SA Airlink Kontak Besonderhede

Sien www.flyairlink.com vir Airlink se webtuiste. Jy kan hulle hoofkantore in Johannesburg kontak om 011-451 7300 of 'n epos stuur na info@flyairlink.com . Kliëntedienste kan gekontak word om customercare@flyairlink.com

  • Upington : 054 332 2161

  • Kimberley : 053 838 2171

Stuur 'n epos na enquiries@airlinkcargo.co.za of skakel hulle om +27 11 390 9900 vir Airlink Cargo.

Bagasie Beperkings

Airlink is verbasend vrygewend! Ekonomiese klas passasiers word toegelaat om een stuk bagasie van maksimum 20kg as inteken bagasie saam te neem terwyl besigheidsklas passasiers 30 kg mag inteken. Passasiers wat vanaf Johannesburg na Bulawayo/Harare/Lusaka/Ndola vlieg kry 'n aditionele toelaag. Julle mag 30kg in ekonomiese klas inteken en 40kg in besigheidsklas inteken. SAA Voyager lede kwalifiseer ook vir ekstra bagasie.

Indien jy onseker is oor jou toelaag, kan jy op jou vliegtuigkaartjie (of E-ticket) kyk aangesien dit dikwel daarop aangedui is. Let asseblief daarop dat additionele kostes van toepassing sal wees as jy die beperking oorskry en dat daar ongelukkig geen sakke oor 32 kg toegelaat word nie.

Babas word 'n opvoubare stootwaentjie toegelaat sowel as 1 stuk bagasie wat nie meer as 10 kg mag weeg nie.

Handbagasie mag nie meer as 8 kg weeg nie en mag nie ACSA se voorgeskrewe dimensies oorskry nie.

Indien jy 'n rolstoel benodig sal jy dit wel saam met jou op die vlug mag neem as jy reelings vooraf getref het.

Inboek

Moet nie jou vlug mis nie - maak seker dat jy jouself genoeg tyd gee om in te teken en te boord sonder stress. Dit gebeur so maklik dat mens in die verkeer vassit.

  • Maak seker dat jy ten minste 2 ure voor internasionale vlugte inboek. Dit sluit gewoonlik 50 minute voor die vlug geskeduleer is om te vertrek.

  • Maak seker dat jy ten minste 1 uur voor binnelandse vlugte inboek. Dit sluit gewoonlik 30 minute voor die vlug geskeduleer is om te vertrek.

Boek in aanlyn

Nadat jy jou kaartjie aanlyn gekoop het, kan jy ook aanlyn inboek en self jou boarding pass druk.

  • As jy reis sonder enige bagasie kan jy reguit deur sekuriteit beweeg na jou boarding gate en baie tyd spaar.
  • As jy wel bagasie het, kan jy by sommige lughawens dit aflaai by 'n toegewyde toonbank vir slegs bagasie.

Jy gaan moet bewys van identiteit kan gee by die boarding gate.

Aanboord

Sodra jy jouself ingeboek het, kan jy jou vlug boord. Boarding gates sluit 20 minute voor internasionale vlugte vertrek en 15 minute voor binnelandse vlugte vertrek. Maak dubbel seker van jou boarding gate aangesien dit kan verander ( en dit dikwel doen!)

SA Airlink Vliegtuie

Vandag is SA Airlink die trotse eienaars van:

Jetstream 4100 Turboprop vliegtuig
Maksimum passasiers: 29

9

ERJ 135-LR - Jet vliegtuig & korporatiewe straler
Maksimum passasiers: 12

12

Avro RJ85 - Plaaslike vliegtuig 
Maksimum passasiers: 83

10


 

SA Airlink Kajuitbemanning

SA Airlink adverteer beskikbare poste in die Sunday Times soos hulle beskikbaar word. Beskikbare poste word ook gelys onder "Contact us" op die Airlink webtuiste.

Skyways Tydskrif

SA Airlink publiseer elke maand 'n tydskrif genaamd Skyways wat hulle versprei op hul vlugte. Hierdie tydskryf bevat dikwels interessante artikels en lesers sal bly wees om min advertensies raak te lee.

 

Benodig hulp of advies? Ons konsultante is gereed om the help! Kliek hier!