Vlug Pryse

Afrikaans is die taal van my hart

Bespreek Nou

Kulula vliegtuig
Bespreek en soek die goedkoopste vlug deur op die skakel hierbo te klik.
SAL vliegtuig

Vra Hulp

Mango Lugdiens vliegtuig
Ons konsultante is gereed om te help.
British Airways vliegtuig

Goedkoop Durban Vlugte

HIER is die onfeilbare resep om die goedkoopste vlug na Durban te bespreek:

  1. gebruik die funksie vir die vergelyking van lugdienste se vliegtariewe hier aan die linkerkant. Daarmee kan jy die vliegpryse sien van almal wat bedrywig is op hierdie roete en die goedkoopste vlug vind.

  2. benut ons unieke reiskoepon-stelsel om verdere afslag op jou vlug te ontvang! Stuur per e-pos 'n beskrywing aan ons waarin jy jou vlug na Durban aanprys, en ons sal jou 'n reiskoepon stuur.

Lugdienste wat vlugte na Durban bied

Mango, Kulula, British Airways, die Suid-Afrikaanse Lugdiens, SA Express, Airlink, Air Mauritius en Emirates bied almal vlugte na Durban - gebruik die funksie aan die linkerkant om vliegpryse te vergelyk.

  • Air Mauritius-vlugte na Durban is slegs vanuit Mauritius.

  • Airlink-vlugte na Durban is slegs vanuit Bloemfontein.

  • British Airways Comair-vlugte na Durban is vanuit Kaapstad, Johannesburg en Port Elizabeth.

  • Emirates-vlugte na Durban is vanuit Dubai (ofskoon dit eenstop-vlugte van regoor die wereld fasiliteer).

  • Kulula-vlugte na Durban is vanuit Kaapstad, O.R. Tambo- Internasionale Lughawe en Lanseria- Internasionale Lughawe.

  • Mango-vlugte na Durban is vanuit Kaapstad en Johannesburg se O.R. Tambo- Internasionale Lughawe (hulle het 'n taamlike tyd gelede vlugte vanuit Bloemfontein na Durban gestaak).

  • SA Express-vlugte na Durban is vanuit Kaapstad, Port Elizabeth, Oos-Londen en Harare.

  • Suid-Afrikaanse Lugdiens-vlugte na Durban is slegs vanuit Kaapstad.

King Shaka

Vaarte van en na Durban

Die Mediterranean Shipping Company, 'n internasionale redery, bied ''n aantal vaarte vanuit Durban aan boord van die toerskepe die MSC Sinfonia en MSC Opera.

vaarte

Geskiedenis van vlugte na Durban

  • 2 Nov. 2012 : SA Express begin met drieweeklikse vlugte van Harare na Durban.

  • 1 Mei 2010 : Die Koning Shaka- Internasionale Lughawe kom in bedryf en die ou Durbanse Internasionale Lughawe (suid van die stad) word buite diens gestel.

  • 1 Okt. 2009 : Emirates begin met vlugte van Dubai na Durban.

  • 8 Junie 1937 : Die eerste vliegboot wat op 'n handelsvlug van Southampton na Durban gebruik is, die S-23 Canopus, kom in Durban aan ('n vliegboot is 'n vliegtuig wat op water kan land en daarvan opstyg).

Koning Shaka-Lughawe

Die Koning Shaka- Internasionale Lughawe is nagenoeg . . .


- 40 km noord van die Durbanse middestad
- 144 km van Richardsbaai
- 204 km van Ulundi
- 60 km van Amanzimtoti
- 167 km van Margate


Om van die lughawe af by jou hotel aan die Durbanse strandfront te kom, is dit dikwels die lonendste om die Airport Shuttle (Lughawe-pendeldiens) te benut (telefoon 031-4651660).


Skrywers van hierdie blad is: en

 

 

Maak kontak met Ritsgids!

 

 


Ons taal kook; en so kan ons ook. Kom ons praat die taal en lag in ons eie Afrikaans.

Afrikaans is lekker op die tong

comments powered by Disqus