Cheap Flights

16+ yrs

12 - 15 yrs

2 - 11 yrs

under 2 yrs

Bespreek Nou

Kulula vliegtuig
Bespreek en soek die goedkoopste vlug deur op die skakel hierbo te klik.
SAL vliegtuig

Vra Hulp

Mango Lugdiens vliegtuig
Ons konsultante is gereed om te help.

Engels : Flights to George

British Airways vliegtuig

Goedkoop George Vlugte

Vlugte na George Lughawe (GRJ) is baie gewild: met SA Airlink, Kulula, SA Express en die mees onlangste Mango lugdiens, wat gereelde kommersiële vlugte aanbied. Daar is direkte vlugte vanaf Kaapstad, Durban en O.R Tambo Lughawe, Johannesburg. (geen vlugte vanaf Lanseria nie).

Daar was 12% meer passasiers op vlugte na George in November 2013 in vergelyking met November 2012. (as gevolg van die nuwe Mango vlugte?)

George is nie net die moeite werd vir 'n besoek op sigself nie, maar is ook die poort na die Tuin Roete dorpe soos Sedgefield, Groot Brak, Klein Brak, Mosselbaai, Knysna & Wilderness, die Karoo dorp Oudtshoorn en een van die land se beste Golf bane - Fancourt.

Gebruik gerus die vergelykende werktuig (aan die linkerkant) om vlugte te soek, vergelyk & te bespreek vir die goedkoopste vlugte (gebruik dan enige SouthAfrica.TO's eksklusiewe reis koeponne vir 'n verdere vlug afslag)

Vakansie in George

George, die mees onwaarskeinlike plek om te gaan vakansie hou, maar daar staan ek toe. My eerste indruk van die dorp was - Sluimerig. Ons het vroeg in die dag daar aangekom, aangesien ons besprekings tyd eers 2:30 was, het dit ons die tyd gegee om die klein markie langs die pad te verken. Ek moet sê dat die plaaslike mense baie vriendelik en oortuigend is, wat my op die ou end oorreed het om 'n hoed en plaaslike vervaardigde juwele te koop. Vandaar is ons na die lieflike Bed & Ontbyt plekkie naby die hoofpad. Die kamers was gesellig en baie mooi versier. Die eerste ding wat ek doen was om op die bed te gaan lê en was sommer gou aan die slaap. Toe ek 'n paar uur later wakker word, was daar die lieflike sang van voëls in die boom, reg langs die kamer. Die kos was puik en so ook die diens. Met die gevoel van tevredenheid, is ons later terug na die Bed & Ontbyt plekkie vir 'n laatnag swem in hulle swembad, geleë langs 'n welige rustige tuin. Die volgenge dag is ons wakker gemaak deur die heerlike geur van ontbyt en kom nie wag om onder toe te gaan om dit te nuttig nie. Die buffet tafel was gedek met so 'n groot heerlike verskeidenheid om van te kies, ek het toe op 'n Engelse ontbyt besluit. Met 'n gevoel van energie en gereed om te vertrek, was ons beplanning om die sluimerige dorp te gaan verken. Om die waarheid te sê het ek opgeeindig om 'n hele paar aankope te doen en het die winkels verlaat met baie minder geld in my beursie as wat ek beplan het. Die res van die dag het ons oral rond geloop en geniet van die besige, tog rugtige omgewing. Die voordeel van George is die feit dat dit deel is van die Tuin Roete en op roete lê na plekke soos Plettenbergbaai, Knysna en Sedgefield. Die beste strand waarheen ek ooit so ver gegaan het en absoluut my gunsteling, was 'n privaat baai wat ongelooflik mooi was. Die weer was perfek, die water so helder, en dit was maar ongeveer 'n uur en 'n half se ry vanaf George. Ons het letterlik die hele dag gespandeer en net die son ingedrink en geniet van die skoonheid en perfeksie. Dit was my geliefkooste vakansie, nie net as gevolg van die plaaslike mense en die geskiedenis van die plekke wat ek besoek het nie, maar ook die eenvoudige verkening van hulle. Caileen

 

Rit na George

Toer is net net oor jou destinasie nie, maar die reis self. Al hierdie menige klein elemente kan verseker dat jou reis ervaring iets sal wees wat jy sal koester vir die res van jou lewe of iets wat jy gou sal vergeet as sommer net 'n dag.

Om te reis deur die Tuin Roete met 'n motor, of bus kan 'n lang vermoeiende tog wees, maar die skatte wat jy oppad ervaar, is regtig onvergeetlik. Om bevoorbeeld te ry op die N12, deur Carolina, gee jou 'n vlugtige blik van die Swart Renosters en ander wild, waar Kimberley jou weer twee volle dae van interesante museum uitstappies kan verseker, gevul met besonderhede wat ons land opgebou het, met die veg vir vryheid onder die Britse verdrukking. Neem byvoorbeeld die Magersfontein museum, geleë buite Kimberley op die "Battle Route". Hierdie klein museumpie is iets om te beleef want jy voel of jy die gevegte herleef, wat die getye omgedraai het vir die Boere gedurende die Anglo Boere Oorlog.

Soos 'n mens verder ry deur die dikwels 'n droeë Karoo, is die landskap, veral na die eerste reëns, wanneer die veld soos 'n tapyt van geel, pers en orange omgetoor is, is asemrowend so ver as wat die oog kan sien.

Ervaar die warm en vriendelike gasvryheid van die Karoo se mense soos jy verder ry deur Colesberg, Beaufort-Wes en Oudtshoorn. Die bekende Meiringspoort is 'n ervaring, veral as die son met sy eerste ligstrale die pas verlig, terwyl sy warm strale die enorme rotse wat bokant jou verreis, soen. Neem 'n kort klim na die waterval met sy kristal water wat na onder neergolf. En indien jy gelukkig is kan jy dalk 'n arend deur die lug sien sweef. Stop by die bekende Cango Grotte, die Antieke Vallei or besoek Buffelsdrift waar jy hulle drie olifantjies kan vergesel vir 'n stap in die vroeë oggende ure of laat middag. Om nie eers te praat van die volstruise of my persoonlike gustelinge, die Kuns, Kaas, Sjokelade en Likeur Roete in die hart van Oudtshoorn nie. Dit sal jou verseker opvrolik.

Om die Outenique Pass te klim, wat lyk of dit jou hemel toe neem op jou reis na die middelpunt van die Tuin Roete, is die uitsig asemrowend. Berge beklee in groen, die nimmereindegende beweging van die Indiese Oseaan wat jou nader wink om sy skoonheid te ontdek. George, geleë aan die voet van die Outenique Berg reeks is 'n toeriste hemel op sigself en daar is so baie om te doen, bv. museums, die Ou Slawe Boom, die Bosbou Roete, die Montague Pas, wat lei na Herold, aan die Karoo kant van die berg. Stap die Groeneweide-, Outeniqua- of die Tierkloof staproetes, of doen selfs die Outeniqua "Country Hop" wat die Silverlily Hollandse Kaas Plaas insluit, asook die welbekende Redberry Aarbei Plaas, gasheer van die jaarlikse Aarbei Fees in George. Uitsonderlike restaurante soos die Conservatory, Old Town House en ander sal jou smaak vir buitegewone etes bevredig indien jy nie lus is vir die gewone wegneem ete plekke of familie restaurante nie. Akkommodasie is in oorvloed en daar is iets wat elke persoon se sak sal pas. George bied ook 'n verskeidenheid van sporte - golf, vlieg, sweef, perdry, om maar 'n paar te noem. Naby geleë aan strande soos Herold's Baai, Victoria Baai (bekend vir hulle brander ry golwe) en Wilderness en ander bekende dorpe om te besigtig soos Knysna, Plettenbergbaai. Daar is meer as genoeg aktiwiteite om te verseker dat elkeen 'n prettige en 'n opwindende vakansie sal hê.