Vlug Pryse

Bespreek Nou

Kulula vliegtuig
Bespreek en soek die goedkoopste vlug deur op die skakel hierbo te klik.
SAL vliegtuig

Vra Hulp

Mango Lugdiens vliegtuig
Ons konsultante is gereed om te help.
British Airways vliegtuig

Goedkoop Johannesburg Vlugte

"WAAR’s die rampokkers wat my gaan skiet?" Jy kan dalk lugtig wees om ’n lughawe in Johannesburg te verlaat nadat jy daar geland het. Meen te sê, hoeveel bangmakers het jou al vertel van die talle kere dat hulle persoonlik daar om die lewe gebring is? Grappie -- en só erg is dit darem regtig nie! Om die waarheid te sê, die Goudstad is eintlik ’n vredevolle stad en al sy goue bates is beslis nie net onder die grond begrawe nie. Lees hieronder hoe om goedkoop vlugte na Johannesburg te bespreek:

  • Gebruik die aanlyn-funksie hier aan die linkerkant om al die lugdienste se tariewe te vergelyk vir vlugte na die Lanseria-lughawe en die O.R. Tambo Internasionale Lughawe, en bespreek dan die goedkoopste vlug na Johannesburg.

  • Gebruik ook ons vlugafslagkoepons om nog minder vir die goedkoopste vlug na Johannesburg te betaal! E-pos vir ons ’n beskrywing waarin jy enige vlug, motorhuur-belewenis, ondervinding met verblyf of bootvaart aanprys wat jy al belewe het, en ons sal jou ’n vlugafslagkoepon gee. Stuur dit na reis@ritsgids.co.za

Teken in op ons gereelde e-pos-omsendbrief om outomaties verwittig te word van enige vlugte na Johannesburg waarop daar ’n spesiale afslag is. Gaan na ons bladsy oor spesiale afslag op vlugte om vas te stel watter lugdienste op die oomblik goeie vlugtariewe na Johannesburg aanbied. Ons het ook ’n bladsy met wenke vir goedkoop vlugte wat sekere tegnieke bevat wat jy kan aanwend om beter vlugpryse te bekom (byvoorbeeld kredietkaart-punte).

Johannesburg Lug

Regstreekse vlugte

Lugdienste wat regstreeks na Johannesburg vlieg, sluit in die Suid-Afrikaanse Lugdiens, British Airways, Kulula, die Mango-lugdiens, SA Express, Airlink, LAM, Air Botswana, Air Namibia, Air Mauritius, Ethiopian Airlines, Kenya Airways, FlyCemair, Arik Air, EgyptAir, Emirates, Etihad, Qatar Airways, Turkish Airlines, Lufthansa, Swiss, Virgin Atlantic, KLM, Air France, Qantas, Singapore Air, Thai Airways en Air Malaysia.

O.R. Thambo Internasionale Lughawe

Die Johannesburgse Lughawe is op 27 Oktober 2006 tot die O.R. Tambo Internasionale Lughawe (ORTIA) hernoem; dit het oorspronklik bekend gestaan as die Jan Smuts-lughawe, maar is in 1994 tot die Johannesburgse Lughawe herdoop. Die naam Jan Smuts-lughawe verklaar die herkoms van die lughawe se IBLO-kode, te wete FAJS. Die O.R. Tambo-lughawe is net oos van Johannesburg in die Gauteng-provinsie van Suid-Afrika.


Die O.R. Tambo-lughawe is die besigste lugvervoersentrum in Suidelike Afrika.

IBLO staan vir die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie, Engels ICAO.
ILVV staan vir die Internasionale Lugvervoervereniging, Engels IATA.

Lanseria Lughawe

Die Lanseria-lughawe bedien passasiers van kommersiële lugdienste. Ofskoon minder lugdienste vlugte na die Lanseria-lughawe onderneem as na die O.R. Tambo Internasionale Lughawe, is dit nader aan Sandton, Pretoria, en die Wes-Rand- en Midrand-gebiede van Johannesburg. Anders as die meeste kommersiële lughawens in Suid-Afrika wat deur die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) bestuur word, is die Lanseria-lughawe in private besit. Die lughawe het twee aanloopbane. Die lughawe se IBLO-kode is FALA en die ILVV-kode is HLA.
IBLO staan vir die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie, Engels ICAO.
ILVV staan vir die Internasionale Lugvervoervereniging, Engels IATA.

 

Dinge om te doen in Johannesburg

1

Besoek “Mevrou Ples” en “Klein Voetjie” (ons beweerde voorouers) van die Sterkfontein-grot by die Wieg van die Mensdom, Maropeng. Kombineer dit met ’n besoek aan die Herkomssentrum (“Origins Centre”) by die Universiteit van die Witwatersrand, waar jy uitstallings van die Khoisan en rotskuns kan besigting vir agtergrondsinligting omtrent die leefwyse van die vroeë mense.

2

Streel die leeuwelpies by die Renoster- & Leeupark en besoek die sentrum genaamd Elephant Sanctuary naby die Hartebeespoortdam.

3

Onderneem ’n toer van Soweto (per fiets, motor of ’n staptog), wat ’n besoek aan die Hector Petersen-gedenkteken en –museum insluit. Proe ook ’n gebraaide skaapkop, wat plaaslik ’n “smiley”  genoem word, doen rekspronge (“bungee jumping”) van die Olando-torings en eet by Wandie’s Restaurant in Dube. Die Hector Pieterson-museum konsentreer uitsluitlik op die Soweto-opstand van 1976, toe die polisie op skoolkinders losgebrand en baie gedood het, onder wie die twaalfjarige Hector Petersen.

4

Gaan na die Apartheid-museum waar jy by óf die ingang vir blankes óf dié vir nie-blankes binnegaan.
En maak ’n draai by Grondwetheuwel (Constitution Hill”), die perseel van die Ou Fort-gevangeniskompleks, waar Mahatma Gandhi en Nelson Mandela aangehou is.
OF besoek die Suid-Afrikaanse Lugdiens-museum by die Randse Lughawe.

5

Beskou die stad van bo af op die Carlton-sentrum of per helikopter.

6

Besoek die Gold Reef City-pretpark, wat op ’n ou goudmyn gebou is, waar jy op een van die ritte in die mynskag aftuimel na die dieptes daaronder.

7

Inkopies doen of die teater besoek. Inkopies by Sandton, 44 Stanley, die Design QuarterRosebank Rooftop Market (Sondae oop) of Vierde Laan (Parkhurst) . Teater:  People's Theatre (011-403-1563) of Johannesburg Youth Theatre (011-484-1584) of die Ubunye Theatre by Emperor's Palace (011-928-1937).

8

SPORT: Speel ’n rondte gholf by die Houghton-gholfklub OF brei jou stapskoene  in die Suikerbosrand-natuurreservaat OF kyk rugby op Ellispark OF krieket op die Wanderers OF kyk sokker by Soccer City, Suid-Afrika se grootste stadion.

9

Wandel deur die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin aan die Wes-Rand.

10

Ervaar warmlugballonvaarte by die Hartbeespoortdam.

11

Ry per stoomtrein van Johannesburg se Parkstasie na die Magaliesburg Country Hotel.

 

Sun CitySun City Entertainment

Maak kontak met Ritsgids!

 

Skrywers van hierdie blad is: en