Cheap Flights

16+ yrs

12 - 15 yrs

2 - 11 yrs

under 2 yrs

Bespreek Nou

SAL vliegtuig
Bespreek en soek die goedkoopste vlug deur op die skakel hierbo te klik.
British Airways vliegtuig
Vra ’n reisagent : Ons brand om jou die beste vlugpakket na Londen te help vind.

Goedkoop Vlugte na Londen

Daar is direkte vlugte van Johannesburg en Kaapstad na Londen, maar dis dikwels goedkoper om so ietsie van 'n ompad te vlieg – oor die Midde-Ooste met 'n lugredery soos Emirates. Hieronder is 'n onfeilbare manier waarmee jy die goedkoopste vlug vanaf Suid-Afrika na Londen kan bespreek:

  1. Tik jou vlugbesonderhede in by die funksie hier aan die linkerkant waarmee jy verskillende vliegpryse kan vergelyk, en bespreek dan die vlug wat jou beursie die heel beste pas.

  2. Gebruik vervolgens ons nuttige reiskoepons om nog minder vir jou vlug na Londen te betaal. Sluit jou aan by ons baie kliënte wat per reis@ritsgids.co.za vir ons beskrywings van hul vlugte stuur en in ruil daarvoor reiskoepons van ons ontvang.

Direkte vlugte

  • Daar is regstreekse vlugte vanaf Johannesburg na Londen met die SAL, Virgin Atlantic en British Airways.

  • Direkte vlugte vanaf Kaapstad na Londen word bedryf deur British Airways en Virgin Atlantic (seisoenaal). Die SAL het in 2012 regstreekse vlugte tussen die Kaapstadse Internasionale Lughawe (kode CPT) en die Heathrow-lughawe in Londen (kode LHR) gestaak.

Eenstop-vlugte

  • Eenstop-vlugte vanaf Johannesburg na Londen word aangebied deur die Qatar-lugdiens, Emirates, Ethiopian Airlines, Etihad, Egyptair, die Turkse Lugdiens, Kenya Airways, Swiss, Jet Airways (kodedeel), Air France of KLM.

  • Eenstop-vlugte vanaf Kaapstad na Londen word bedryf deur Emirates, die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Condor, die Turkse Lugdiens, KLM, Air France of Lufthansa.

  • Eenstop-vlugte vanaf Durban na Londen geskied met vliegtuie van Emirates, die SAL, BA of Virgin Atlantic (kodedeel).

Om uit ander dele van Suid-Afrika in Londen te kom, moet eers na Johannesburg gevlieg word (of na Kaapstad), waarna 'n aansluitingsvlug na Londen gehaal moet word.

Londense besienswaardighede

Die eerste ding wat 'n mens moet doen wanneer jy in Londen is, is om jou te oriënteer – kry 'n panoramiese gesig op die stad van bo uit die London Eye. Boonop is daar mos geen beter bewys dat jy daar was as 'n foto van jouself met Londen op die agtergrond nie. Ander maniere om jou rigting te vind, is om 'n kaart te kry en die wêreld te voet te verken – jy sal verras wees om te sien hoe naby alles aan mekaar is en besef dat jy nie altyd met die moltrein hoef te ry nie.

Besoek toeriste-attraksies soos Madame Tussauds, die Londense Tower (glo dit, dit word nie as die Londense Toring in Afrikaans vertaal nie!) en die London Dungeon. Verwyl 'n rukkie op Trafalgarplein en stel vas of die wagte by die Buckingham-paleis rêrig hul oë knip. Gaan ontspan in die parke – dis betreklik veilig in vergelyking met dié in Suid-Afrika, hoewel sakkerollers werklik 'n ergernis is. Die National Gallery bied jou 'n ware skat van die Wes-Europese skilderkuns met talle kosbare werke, maar die plek is baie groot. Die Britse Museum behoort ook op jou lys te wees, asook Tate Modern (museum vir internasionale moderne kuns), die Natuurhistoriese Museum en die Wetenskapmuseum.

Tydsones

Die tydsverskil tussen Suid-Afrika en Brittanje wissel:  In die Suid-Afrikaanse winter is ons een uur voor die Britte (wanneer die Verenigde Koninkryk somertyd het) en in die Suid-Afrikaanse somer is ons twee uur voor hulle.

Suid-Afrikaanse kos in Londen

As jy in Londen na Ma se kos verlang, kan jy straks vertroosting vind in die volgende restaurante wat Suid-Afrikaanse geregte voorsit (adresse word vanselfsprekend in Engels aangegee):

High Timber

8 High Timber StreetLondon
0207 248 1777
info@hightimber.com

Jungle Braai

28 Osborn StreetLondon 
0207 247 0073 
info@junglebraai.com

Mohawk Spur

Southside Shopping Centre, Wandsworth, London
0208 874 0831
mohawkspur@yahoo.co.uk

Vivat Bacchus

47 Farringdon Street, Holborn, London
0207 353 2648
info@vivatbacchus.co.uk

 

Londen se Heathrow- Internasionale Lughawe

Die meeste internasionale vlugte vanaf Suid-Afrika land op Londen se Heathrow- Internasionale Lughawe. Volg die skakel na Vluginligting: Heathrow, Londen, om vas te stel of vlugte nog volgens skedule is. Die telefoonnommer van Londen se Heathrow-lughawe is 0844 335 1801.

  • Elke 15 minute vertrek 'n Heathrow Express- deurgaande trein ('n trein wat nie stilhou nie) vanaf Heathrow na Paddington-stasie.

  • Heathrow Connect volg dieselfde roete as die Heathrow Express, maar hou onderweg wel plek-plek stil (en dis ietwat goedkoper).

  • Die Londense moltrein-stelsel (wat die Britte "The Tube" noem) is die goedkoopste treindiens en het die meeste stilhouplekke.

Die National Express-toerbusse is ietwat goedkoper as die Londense moltreine. Daar is busdienste van die Heathrow-lughawe, maar jy kan dalk vind dat jy etlike kere moet oorstap om by Londen uit te kom (die uitsondering is die nagdiens na Aldwych).

jy kan 'n taxi neem, maar maak jou klaar om baie duur te betaal vir 'n swarte.

As jy baie graag digby die lughawe wil tuis gaan, stel ons voor dat jy die Premier Inn Heathrow Airport of die YOTEL at Londen Heathrow Airport beproef. Daar's ook die Sheraton Skyline Hotel London Heathrow, die Ibis London Heathrow Airport, die Holiday Inn London - Heathrow Ariel, die London Heathrow Marriott en die Radisson Blu Edwardian Heathrow Hotel.

Dink mooi na of jy werklik 'n motor by die Heathrow-lughawe wil huur, want dis dikwels strate makliker om die moltreine in Londen te benut. Motorhuur-agentskappe by Heathrow sluit in Europcar, Avis, Budget, Enterprise Rent a Car en Hertz.

Gatwick-lughawe

Talle minder vlugte vanaf Suid-Afrika eindig by die Gatwick-lughawe as by Heathrow. Volg die skakel na Gatwick-vluginligting om vas te stel of jou vlug nog volgens skedule is. Die telefoonnommer van die Gatwick-lughawe is +44-844-892-0322.

  • Die Gatwick Express vertrek elke 15 minute na London Victoria, en die rit duur sowat 'n halfuur.
    Southern Railway vertrek elke 15 minute na London Victoria via Clapham (effens goedkoper as die Gatwick Express, maar die rit duur ongeveer 5 minute langer).

  • First Capital Connect is die goedkoopste treindiens. Dit neem passasiers na London Bridge, Blackfriarys en 'n aantal ander stasies.

  • Daar is National Express-toerbusse van Gatwick na Stansted, die Heathrow-lughawe, asook London Victoria.

  • Die rit met easyBus na Earl's Court duur 'n rapsie langer as 'n uur.

  • Jy kan wel 'n taxi neem, maar verwag om jou sak te skud vir 'n swart een.

Ons bevel aan dat jy tuis gaan in die Premier Inn London Gatwick Airport, die YOTEL London Gatwick Airport of die Sofitel London Gatwick.

Motorhuur-agentskappe by die Gatwick-lughawe sluit in Avis, Europcar, Enterprise Rent-A-Car, Hertz, Budget en Abbey Self Drive.

Wanneer om te gaan

Dis warmer en daar's minder reën in Junie, Julie en Augustus; gevolglik probeer die meeste besoekers om in hierdie maande in Londen te wees.

Nuus

  • Londen se Heathrow-lughawe het sy aangevraagde jaarlikse verhoging van landingsbelasting verminder. Vir die vyf jaar wat in April 2014 begin, is dit inflasie plus 4.6.%.

  • 24 Feb 2013: Die Suid-Afrikaanse regering het Brittanje genader om weer visumvrye reise in te stel, het Mkuseli Apleni, direkteur-generaal van die Department van Binnelandse Sake, gesê. "Ons het nou een van die wêreld se veiligste paspoorte wat nie vervals kan word nie," het hy verduidelik. "Die proses vir die uitreiking van paspoorte is geloofwaardiger en daar is streng kontrole om te verseker dat aansoekers werklik Suid-Afrikaners is... Ons maak seker dat ons weet wie in Suid-Afrika arriveer, van waar hulle kom en watter soort vervoer gebruik word. By aankoms kruiskontroleer ons ook dat name en paspoorte ooreenstem sodat ons seker is van besoekers, die doel van hul besoek en wie landsburgers is. "Dit raak ook ons buurstate selfs al het ons visumvrye status, buiten wat Malgasse en Angolese aanbetref, omdat Suid-Afrika nou 'n deurgangsvisum vereis indien 'n (reisiger se) bestemming nie Suid-Afrika is nie," het Apleni gesê.

  • 12 Feb 2013: Vlugte na Londen kan duurder word aangesien Londen se Heathrow-lughawe aansoek gedoen het om passasiersgelde te verhoog. Hulle stel voor dat passasiersgelde van die huidige £19.33 per passasier tot £21.96 in 2014 en £27.30 van April 2018 verhoog word.

Hopelik is die inligting hierbo genoeg vir jou om jou vlug na Londen te bespreek. Indien nie, skryf asseblief vir ons 'n boodskap onderaan – trouens, skryf in elk geval vir ons, want ons hoor dolgraag van ons kliënte :) Hiermee wens ons jou dan die blouste en helderste hemelruim toe wanneer jy die lugweë aandurf vir jou Londense uittog. Londen is immers meer as 'n belewenis. Jy het nog nie die wêreld gesien voordat jy hierdie wêreldstad ervaar het nie.

Skrywers van hierdie blad is: en