Bespreek Nou

Kulula vliegtuig
Bespreek en soek die goedkoopste vlug deur op die skakel hierbo te klik.
SAL vliegtuig

Motorhuurdienste waaruit jy by die Oos-Londense Lughawe kan kies,is Avis, Budget, Europcar, First Car Rental, Hertz en Tempest Car Hire.

vlugte na Oos Londen

Vra Hulp - ons resigagente is gretig om jou die beste vlugpakket na Oos-Londen te toon.

Mango Lugdiens vliegtuig
Ons konsultante is gereed om te help.
British Airways vliegtuig

Goedkoop Vlugte na Oos-Londen

DAAR is elke dag nagenoeg twintig diensvlugte na die Oos-Londense Internasionale Lughawe (ILVV-kode: ELS) wat deur Kulula, SA Express and Airlink bedryf word. Gebruik die funksie vir vlugbesprekings hier aan die linkerkant om verskillende vliegpryse te vergelyk en bespreek dan 'n vlug met die goedkoopste lugdiens. Gebruik vervolgens vlugafslagkoepons van SouthAfrica.TO om selfs nog minder vir jou vlug te betaal (as jy geen afslagkoepons het nie, begin om hulle te verdien met jou vlug na Oos-Londen - stuur eenvoudig vir ons 'n beskrywing waarin jy jou vlug soontoe evalueer of prys en ons sal vlugafslagkoepons aan jou stuur).

Oos-Londense Lughawe

Die Oos-Londense Lughawe lê suidwes van Oos-Londen (soveel rigtingwoorde ingeryg in een sin!), naby die R72-pad waarop passasiers van die lughawe tot in die stad kan ry (kyk die kaart onder).

Soos die voël vlieg, is die Oos-Londense Lughawe 766 km van die Kaapstadste Internasionale Lughawe, 863 km van die Johannesburgse O.R. Tambo- Internasionale Lughawe, 492 km van Durban se King Shaka- Internasionale Lughawe, terwyl die Port Elizabethse Lughawe die naaste daaraan is (231 km weg). Die kode van die Internasionale Lugvervoervereniging vir die Oos-Londense Lughawe is ELS en die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie-kode is FAEL.

Hier is die roetes na Oos-Londen waarop daarop gereelde diensvlugte is:

  • Kulula-vlugte na Oos-Londen vanuit Johannesburg.

  • SA Express-vlugte na Oos-Londen vanuit Kaapstad, Durban en Johannesburg.

  • Airlink-vlugte na Oos-Londen vanuit Port Elizabeth.

  • Voordat dit gelikwideer is, het 1time gereeld vlugte na Oos-Londen vanuit sowel Kaapstad as Johannesburg bedryf; Oos-Londen was 'n tyd lank sonder 'n laekoste-vervoerdiens nadat 1time se dienste gestaak is en voordat Kulula met sy vlugte begin het.

Daar is geen internasionale vlugte na Oos-Londen nie, maar SA Express en Kulula verbind Oos-Londen met Johannesburg wat menigte internasionale vlugte hanteer.

Die Oos-Londense Lughawe word deur die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) bedryf. Vir inligting oor vlugte skakel 086-727-7888. Telefoneer 043-706-0304 vir die administratiewe skakelbord.

Die Oos-Londense Lughawe was die geesteskind van ene luitenant Alistair Miller, wat die stadsraad in 1927 gevra het om 'n lughawe in Woodbrook te help bou. 'n Nuwe lughawe is in 1944 in Collondale gebou, waarna 'n lughawe in 1965 op die stuk grond van die huidige lughawe opgerig is (2 km oos van die lughawe van 1944). Met die naamgewing is Ben Schoeman (die toenmalige Minister van Vervoer) vernoem. In 1994 is die Ben Schoeman-lughawe tot die Oos-Londense Lughawe herdoop.

Vlugbeskrywings

'n Klompie jare gelede is my man gevra om twee weke lank in Oos-Londen te gaan werk. Sy baas het vir hom 'n plek op die eerste vlug bespreek en ons was selfs geesdriftiger as hy, want hy was die eerste lid van ons gesin wat sou vlieg, iets waarvan ons ander maar nog net kon droom :) Ons het heeltemal te vroeg by die lughawe opgedaag, net om doodseker te maak dat hy nie die vliegtuig verpas nie. Met ons aankoms daar, volg ons iemand wat lyk of hy weet wat om te doen, en toe sorg ons dat my man hom aanmeld en dat sy besittings ingeweeg word. Ons gaan koffie drink en vergeet byna van die tyd soos ons staar na elke vliegtuig wat opstyg of land. Toe hoor ek iemand se iets oor my man op die interkom, en telkens wanneer ek hom vra of die mense hom nie roep nie, antwoord hy: "Nee, vir wat?" Eindelik hoor ons dit egter helder en duidelik: "Mnr. ******, gaan asseblief aan boord van die vliegtuig, u is besig om die vlug te vertraag."

Almal storm af na die grondverdieping, soen en wuif terwyl hy agter die deure verdwyn. Ons staar 'n rukkie daar rond en besluit toe om weer na die boverdieping te gaan om te kyk hoe die vliegtuig opstyg. Ons wag en wag en wag vir die vliegtuig om te vertrek, maar die lugreus bly roerloos op die grond staan. Ek storm ondertoe na die toonbank en vra die dame wanneer die vliegtuig na Oos-Londen gaan vertrek. Sy kyk my geskok en dronkgeslaan aan, kyk op haar horlosie en se die vliegtuig het pas in Oos-Londen geland.

Ons het lekker gelag (omdat ons duidelik ons begrip van tyd kwyt was en boonop later heeltyd die verkeerde vliegtuig sit en dophou het) en, ja, daar is vandag steeds mense wat in dieselfde posisie is as ons destyds. Ons lughawens is nie gemaak vir groentjies wat vlieg nie (glimlag).

Bygedra deur Jacqui op 22 Mei 2013.

Ongeag waar op aarde jy jou bevind (hetsy New York, Tokio of Port Elizabeth), gebruik die vlugbesprekingsfunksie bo aan die linkerkant van hierdie bladsy om die pryse van alle lugdienste te vergelyk en goedkoop vlugte na Oos-Londen te vind. Onthou dat die beste waarde dikwels bekom kan word deur buigsaam te wees met jou datums. Ten slotte, voordat jy hierdie bladsy verlaat, onthou asseblief om vir cheapflights@southafrica.to per e-pos 'n beskrywing te stuur van jou vlug na Oos-Londen.

 

Skrywers van hierdie blad is: G. Olwagen & .