Vlug Pryse

Bespreek Nou

Kulula vliegtuig
Bespreek en soek die goedkoopste vlug deur op die skakel hierbo te klik.
SAL vliegtuig

Vra Hulp

Mango Lugdiens vliegtuig
Ons konsultante is gereed om te help.

Engels : Flights to Cape Town

British Airways vliegtuig

Goedkoop Pretoria Vlugte

SA Airlink is tans die enigste kommersiële lugredery wat binnelandse vlugte vanaf en na Wonderboom, Pretoria aanbied. Indien jy graag tussen Kaapstad en Pretoria wil vlieg is SA Airlink tans die enigste opsie. Daar is geen kommersiële vlugte wat Pretoria konnekteer met ander stede in Suid-Afrika nie.

Verdien reiskoepons deur per e-pos 'n beskrywing aan ons te stuur waarin jy jou vlug na Pretoria aanprys.

Alternatiewelik kan besoekers aan Pretoria gebruik maak van Lanseria lughawe wat nader aan Pretoria geleë is. Daar is verskeie motorhuur maatskapye sowel as busse en taxi's wat dit maklik maak om te ry vanaf Johannesburg na Pretoria. Vanaf OR Tambo kan reisigers ook gebruik maak van die Gautrein.

Soek, vergelyk en bespreek goedkoop vlugte na Pretoria deur die vlugbesprekingsfunksie hier aan die linkerkant te gebruik. Hiermee kan jy die vlugte na Lanseria vergelyk met vlugte na Waterboom, Pretoria.

Daar is ongelukkig geen internasionale vlugte vanaf Pretoria nie. Dit is meer koste effektief om die Gautrein te neem na OR Tambo en dan daarvan af te vlieg as om na Kaapstad te vlieg en dan daarvandaan na die buiteland te vlieg.

Per Trein Pretoria Toe

As jy regtig geld will bespaar, gebruik 'n tussenstedelike busdiens of die trein vanaf die Kaap na Pretoria. Opsies sluit in the Blou Trein (luuks en duur), Eerste klas, Shosholoza Meyl Toeriste Klas of Shosholoza Meyl Ekonomiese Klas (goedkoop).

Vanaf Johannesburg is die Gautrein definitief nie die goedkoopste reis opsie nie, maar wel die spoedigste. Dit is Suid-Afrika se eerste spoedtrein en 'n rit vanaf Sandton na Pretoria neem minder as 'n half-uur. Dit is ook moontlik om van die Gautrein diens gebruik te maak om vanaf OR Tambo tot in Sandton te reis.

Wanneer om Pretoria te besoek

Aangesien Pretoria nie die besigste toeriste stad in Suid-Afrika is nie, is die enigste tye om die stad te vermy maar die skool vakansies. Oor die algemeen is binnelandse vlugte in Suid-Afrika baie duurder gedurende die skool vakansies wanneer almal graag reis en ons land ontken.

Pretoria somers is reenerig en dikwels gaan dit gepaard met donderstorms laat in die middag. Die temperatuur is egter heel aangenaam alhoewel die lug 'n bietjie swaar kan wees voor 'n donderstorm losbreek.

Lente is 'n gewilde seisoen om Pretoria te besoek aangesien die lieflike jakaranda bome blom in Oktober en November. Dit omskep die strate in 'n lieflike pers affere.

Hoekom dit lekker is om in Suid-Afrika te Reis

Ek het twee jaar gelede `n reis na Thailand meegemaak met my seun, dit was verskriklik , maar ook `n ervaring waaruit ek baie geleer het. My grootste problem was die taal situasie , die mense daar kon net nie engels praat nie en menige tye het ek gewens ek was terug in Suid Afrika. EK moes my vakansie kort knip want my seun het siek geword weens die weer situasie , ek het myself belowe ek vlieg nooit weer regom die wereld nie , ek sal liewer die provinsies besoek. Tanya.

Stuur vir ons 'n klein storie oor jou vakansie na reis@ritsgids.co.za

Wonderboom Nasionale Lughawe

Wonderboom Lughawe is noord van Pretoria, sowat 30 minute vanaf sentrale Pretoria.

Kontak besonderhede

Hulptoonbank: 012 567 1188 of 012 567 1189

Algemeen

Wonderboom Lughawe word nie deur ACSA bedryf nie en is aansienlik kleiner as enige van ons internasionale lughawens. Daar is egter kantore vir al die groot motorhuur maatskappye sowel as ander basiese benodighede soos 'n hotel en restaurant.

Die lughawe is eers onlangs omskep om kommersiële vlugte te ontvang en ons voorspel dat dit oor die volgende paar jaar beter ingerig gaan word.

Babasorg

Openbare toilette vir dames in al die terminale het plekke waar babas se doeke geruil kan word.