

Bespreek Bootreis Nou |
Die gevierde toerskip MSC Opera is 'n nuwe gesig in Suid-Afrikaanse waters nadat dit die plek van die MSC Melody oorgeneem het. Vir die 2015/2016 seisoen is die Opera die enigste skip wat na en vanaf Suid-Afrika sal vaar, die Sinfonia sal eers weer in die volgende seisoen sy verskyning maak. Dit beteken dat plek baie beperk is en dat pryse vinnig die hoogtes gaan inskiet. Bespreek dus so gou as moontlik vir die komende seisoen om teleurstelling te voorkom.
Jy kan vasstel watter plekke beskikbaar is en besprekings maak deur die vorm hieronder te voltooi. Stuur 'n e-pos aan reis@ritsgids.co.za indien u probleme ondervind
Ons gaan nie met 'n lekker hart van die Melody afskeid neem nie, maar die koms van die MSC Opera na ons Suid-Afrikaanse waters is inderdaad iets om oor opgewonde te raak.
Foto deur John Ambler van die MSC Opera waar dit besig is om Southampton te verlaat
Die MSC Opera, 'n skip in die klas van die Lirica kan 1700 passasiers in 856 kajuite huisves (teenoor die Sinfonia se 777 kajuite). Hiervan is 172 balkonkajuite en 28 balkonsuites. (Op die koop toe is daar sowat 740 bemanningslede om die passasiers tot in die grond in te bederf!) Die Opera is 251 m lank en het 'n massa van 58 600 ton. Daar is 4 restaurante (1 buitelug-eetarea) en 11 kroee (1 buitelug-swembadkroeg). Skop die dag af met 'n swemsessie in die swembad (daar is 2) of kuier in een van die 2 kolkbaddens. Binne-in die skip is die MSC Aurea Spa & Solarium, 'n kamer vir videospeletjies, 'n disko, 'n internetkafee, 'n casino, 'n mediese sentrum en spanbou-geriewe.







As die kleinspan verveeld raak, neem hulle na Buffalo Bill' se speelarea. Die het professionele kinderoppassers wat jou erfgenaampies ure lank sal vermaak. Die ouer kinders sal die skynwerklikheidspeletjies geniet wat die Opera in 'n spesiale kamer huisves, terwyl jy die kroee 'n rolprent geniet

Vir die sportgeesdriftige is daar 'n renbaan van 200 m op die bo-dek, mini-gholf en skuifelblad ('n spel waarvan die kuns is om skywe vinnig deur sekere openinge te skuif).
Daar is geen rede om nie pret op die MSC Opera te he nie. Honderde bemanning is daar om seker te maak dat elke passasier op die skip die maksimum ondervinding uit hul vaart kry. Kyk 'n bietjie hoe geniet hierdie groepe Suid-Afrikaners dit:

Vir die winkelverslaafdes is daar 'n dek met belastingvrye winkels. Na aandete is dit tyd vir 'n verskeidenheid kabaretvertonings.
Lae koste kajuite op MSC Opera: Binnekajuite is die goedkoopste kategorie kajuite en is sonder 'n venster, of "patryspoort". Dit kan op enige dek (1-10) wees, onderhewig aan beskikbaarheid tot die punt wanneer die bespreking gemaak word. Binnekajuite bevat enkelbeddens wat in dubbelbeddens omskep kan word (buiten in die kajuite vir gestremdes), sowel as 'n badkamer met 'n stort, telefoon, 'n klerekas, 'n mini-kroeg, 'n kluis en 'n Interaktiewe TV-stel. Die grootte van die kajuit is sowat 13 vierkante meter. Waar daar 'n getroude paartjie is, word daar outomaties vir hulle 'n dubbelbed opgemaak.
Kajuite met 'n see-uitsig bevat dieselfde geriewe as die binnekajuite.
Balkonkajuite is 'n raps groter, 15 tot 16 vierkante meter, het 'n balkon, maar is andersins dieselfde as die kajuite met 'n see-uitsig (het byvoorbeeld 'n stort).
Balkonsuites bevat 'n dubbelbed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, asook 'n badkamer met 'n bad. Dit is nagenoeg 27 vierkante meter groot.
Kajuite vir mense met gestremdhede het twee vaste enkelbeddens, 'n badkamer met 'n stort, 'n klerekas, 'n mini-kroeg, 'n kluis en 'n TV-stel. Die grootte is nagenoeg 21 vierkante meter. Daar is 5 binnekajuite wat "rolstoel-vriendelik" is.
MSC OPERA SE KAJUITE |
|||||||
Kate- |
Dek- naam |
Dek- # |
Kajuite per dek |
Tipe |
Samestelling van slaapgeriewe |
Badkamer |
Grootte |
1 Binne |
Rigoletto |
7 |
5 |
qdpl (5) |
2 omskepbare beddens onder + 2 kajuitbeddens bo |
Stort |
13 vk m |
2 Binne |
Rigoletto |
7 |
16 |
dbl (3) |
2 omskepbare beddens onder 7134 / 7174 / 7181 |
Stort |
13 vk m |
tpl (2) |
2 omskepbare beddens onder + 1 bo 7170 / 7177 |
||||||
qdpl (13) |
2 omskepbare beddens onder + 2 kajuitbeddens bo |
||||||
3 Binne |
La Traviata |
8 |
116 |
dbl (48) |
2 omskepbare beddens onder |
Stort |
13 vk m |
qdpl (67) |
2 omskepbare beddens onder + 2 kajuitbeddens bo |
||||||
H dbl (1) |
2 vaste beddens onder 8142 kajuit vir gestremdes |
Stort |
20 vk m |
||||
4 Binne |
Norma |
9 |
119 |
dbl (77) |
2 omskepbare beddens onder |
Stort |
13 vk m |
tpl (1) |
2 omskepbare beddens onder + 1 kajuitbed bo 9126 |
||||||
qdpl (38) |
2 omskepbare beddens onder + 2 kajuitbeddens bo |
||||||
H dbl (3) |
2 vaste beddens onder 9052 / 9053 / 9155 - kajuit vir gestremdes |
Stort |
20 vk m |
||||
Turandot |
10 |
83 |
dbl (70) |
2 omskepbare beddens onder |
Stort |
13 vk m |
|
qdpl (12) |
2 omskepbare beddens onder + 2 kajuitbeddens bo |
||||||
H dbl (1) |
2 vaste beddens onder 10018 - kajuit vir gestremdes |
Stort |
20 vk m |
||||
5 Binne |
Turandot |
10 |
20 |
dbl (20) |
2 omskepbare beddens onder |
Stort |
13 vk m |
6 Buite |
Rigoletto |
7 |
19 |
dbl (17) |
2 omskepbare beddens onder kajuite met beperkte sig - personeelkajuite |
Stort |
13 vk m |
dbl (2) |
2 omskepbare beddens onder- agterkant van skip 7185 / 7178 |
||||||
La Traviata |
8 |
4 |
dbl (4) |
2 omskepbare beddens onder - voor 8003 / 8004 & agter 8281 / 8266 |
|||
Norma |
9 |
5 |
dbl (5) |
2 omskepbare beddens onder - voor 9001 / 2 / 4 & agter 9277 / 9270 |
|||
Turandot |
10 |
2 |
dbl (2) |
2 omskepbare beddens onder - agterkant van skip 10243 / 10238 |
|||
7 Buite |
Rigoletto |
7 |
28 |
dbl (4) |
2 omskepbare beddens onder |
Stort |
13 vk m |
tpl (24) |
2 omskepbare beddens onder + 1 kajuitbed bo |
||||||
8 Buite |
La Traviata |
8 |
146 |
dbl (32) |
2 omskepbare beddens onder |
Stort |
13 vk m |
tpl (82) |
2 omskepbare beddens onder + 1 kajuitbed bo |
||||||
qdpl (32) |
2 omskepbare beddens onder + 2 kajuitbeddens bo |
||||||
9 Buite |
Norma |
9 |
58 |
dbl (50) |
2 omskepbare beddens onder |
Stort |
13 vk m |
tpl (6) |
2 omskepbare beddens onder + 1 kajuitbed bo |
||||||
family(2) |
2 omskepbare beddens onder + 1 kajuitbed+sofabed maks. 2 volwassenes + 3 kinders onder 12 |
||||||
Turandot |
10 |
44 |
dbl (39) |
2 omskepbare beddens onder |
Stort |
13 vk m |
|
qdpl (5) |
2 omskepbare beddens onder + 2 kajuitbeddens bo |
||||||
10 Balkon |
Norma |
9 |
86 |
dbl (74) |
2 omskepbare beddens onder |
Stort |
13 vk m |
dbl (12) |
Vaste dbl-beddens - 9060/61+9118/21/22/25+9163/64/67/68+9216+9223 |
||||||
Turandot |
10 |
86 |
dbl (74) |
2 omskepbare beddens onder - skakelkajuite |
|||
dbl (10) |
Vaste dbl-bed - NIE skakelkajuite 10032/35/89/90/92/93+10132/35/88/89 |
||||||
dbl (2) |
Vaste dbl-bed - skakelkajuite - 10136 / 39 |
||||||
11 Balkon- suite |
La Boheme |
12 |
28 |
Suite |
1 dubbelbed + sofabed - maksimum 2 volwassenes + 2 kinders onder 12 jaar |
Bad |
23 vk m |

21 Maa 2020. Te midde van die Coronavirus-krisis was die MSC Opera in Genoa as 'n hospitaalskip op gereedheidsgrondslag.
1 Feb 2013. Kyknet-vaart van Durban na die Portugese Eiland (Mosambiek)
19 Nov 2012 |
Die MSC Opera se verwagte aankomsdatum in Suid-Afrika. |
4 Mei 2012 |
Die MSC Opera is die eerste skip wat vasmeer by Nederland se nuwe seehawe, Ijmuiden, wat op 4 Mei geopen het |
4 Mei 2012 |
Die MSC Opera afgeneem waar dit Ijmondhaven in Nederland verlaat.
|
Apr 2012 |
Toe die MSC Opera die waters van Argentinia verlaat, het 'n passasier 'n mediese toestand ontwikkel wat dringende hospitaalbehandeling geverg het. Gelukkig was 'n helikopter van Uruguay byderhand om 'n noodvlug te onderneem en die passasier na 'n hospitaal in Montevideo te bring.
|
2 Jul 2011 |
'n Video (met die klank in Nederlands) van die MSC Opera se vaart van Amsterdam na La Rochelle, Bilbao, La Coruna, Southampton en Cherbourg.
|
13 - 23 Mei 2012 |
Op die Opera se vaart van Southampton het 'n internasionale sjokolade-entrepreneur, Gerry Wilton, stigter van die Chocolate Boutique Hotel in Bournemouth, 'n reeks uurlange sjokolade-klasse aangebied. |
25 Mei 2011 |
Die Opera bots effens teen die dok in Buenos Aires. Niemand is beseer nie.
|
14 May 2011 |
Die Opera se masjien raak steeks in die Oossee, en die skip word na die hawe in die suide van Stockholm gesleep. |
21 May 2010 |
Die Opera doen sy naam gestand toe 'n yslike drama hom afspeel terwyl die skip in Dover vasgemeer le. Nagenoeg 35 kg kokaien word ontdek waar dit in 4 passasierskajuite op die MSC Opera versteek is. Die skip was onderweg van Brasilie na Amsterdam. Vier Letlanders en 3 Litauers is later skuldig bevind. |
2006 |
Die Opera was MSC Cruises' se vlagskip tot 2006, toe die MSC Musica in bedryf gestel is. |
2004 |
Die MSC Opera word deur MSC Cruises gebou. |
Groottonnemaat |
59.058 ton |
Lengte |
251.25 m |
Dwarste |
28.8 m |
Hoogte |
54 m |
Een genot van plesiervaarte is die vertonings wat daartydens aangebied word. 'n Mens weet gewoonlik nie vooruit wat jy gaan sien nie, maar hier is 'n lusmakertjie uit die verlede, Peter Sore se verstommende BMX-vertoning op die MSC Opera:
Die herposisioneringsvaart na Italie is die ervaring van 'n leeftyd. Daar word by hawens in Afrika en Europa aangedoen om jou voor te berei vir 'n fantastiese vakansie in die hartland van die ou Romeine.