Lees hierdie nuusbrief aanlyn

- Voeg reis@ritsgids.co.za by jou adresboek sodat ons e-posse nie in jou spam-boks beland nie.
- Wil jy vir ons totsiens sê? Kliek op die skakel aan die onderkant van die nuusbrief.
- Gee 'n bietjie liefde vir jou vriende! Stuur hierdie e-pos aan hulle sodat hulle kan inteken

Verken Suid-Afrika met bekostigbare vlugte

Dit was nog nooit so maklik, of so goedkoop, om elke hoekie van ons mooi land te verken nie! Fly Blue Crane en SA Airlink bied nuwe vlugte aan na sommige van Suid-Afrika se kleiner dorpies en stede teen ongelooflike bekostigbare pryse.

SA Airlink Vlugte | Pretoria - Kaapstad

Kan julle glo dat die dag uiteindelik aangebreek het! SA Airlink bied nou daaglikse vlugte aan tussen Pretoria en Kaapstad.

Reisigers vanaf en na Pretoria is byna gewoond daaraan om gebruik te maak van Lanseria of OR Tambo in Johannesburg. Dit is hoog tyd vir dit om te verander! Wonderboom is gerieflik geleë noord van Pretoria, wat beteken dat reisigers minder tyd benodig om by die lughawe uit te kom.
Alhoewel Wonderboom 'n klein lughawe is met minder restaurante en winkels, sal jy vind dat daar alles is wat jy nodig het vanaf 'n verskeidenheid motorhuur maatskappye tot klein koffie winkels en restaurantjies.
Eenrigting kaartjies tussen Pretoria en Kaapstad begin vanaf R850* en kan dus baie goedkoper uitwerk as om na Johannesburg te vlieg en dan boonop nog te betaal vir vervoer na Pretoria ook.

Fly Blue Crane Vlugte | OR Tambo, Bloemfontein, Nelspruit & Kimberley

Fly Blue Crane is 'n relatiewe nuwe lugredery wat vlugte aanbied vanaf OR Tambo na Bloemfontein, Nelspruit en Kimberley en retoer. Die lugredery is die breinkind van drie voormalige SAL bestuurders wat graag bekostigbare vlugte wou aanbied op kleiner vlug roetes maar steeds klem plaas op goeie diens.

Hulle maak gebruik van 'n klein Embraer Regional Jet 145 (ERJ) wat 50 passasiers kan vervoer in ekonomiese klas. Alhoewel Fly Blue Crane nie 'n lae koste lugredery is nie, bied hulle steeds vlugte aan teen bekostigbare pryse. Ons het ongelukkig nog nie 'n Afrikaanse blad vir die lugredery nie, maar jy kan gerus meer lees oor hulle op SouthAfrica.TO.
Vlugte tussen Johannesburg en Kimberley en Bloemfontein begin vanaf R850* terwyl vlugte tussen Johannesburg en Nelspruit begin vanaf R350*. Dit kan egter slegs op hulle webtuiste bespreek word.

So waarvoor wag jy? Om te reis was nog nooit so maklik en bekostigbaar nie!


E-pos vir ons 'n vertelling van jou reiservaring en jy kan Reisgids Koopbewyse vir jouself in die sak bring!

Pryse is onderhewig aan verandering, selfs teen die tyd wat jy hierdie nuusbrief lees.
Foute in die inligting kan van tyd tot tyd voorkom.

  • Een Hand Was die Ander- E-pos vir ons jou spesiale aanbiedinge en nuus en ons kan dit herversprei
  • Media - E-pos ons vir 'n opinie of kwotasie vir reis-verwante sake.
  • Adverteerders - E-pos ons om 'n advertensiespasie te verseker

Antwoord: "Reis bring krag en liefde terug in jou lewe" - Rumi

Dankie dat jy dat jy dit gelees het! As jy iemand ken wat moontlik gebruik kan maak van hierdie nuus en advies, stuur dit gerus vir hulle aan (sodat hulle kan inteken)!

Nog nie 'n intekenaar nie? Teken in om toekomstige nuus en spesiale aanbiedinge reg by jou drumpel te ontvang.

Tot volgende keer!
Inari, Astrid, Jimmy en die res van die Ritsgids span

Elizabeth straat 17, Pinelands, Kaapstad, Wes-Kaap 7405, SUID-AFRIKA