Goedkoop Motorhuur

Voltooi hierdie vorm en laat ons opgeleide konsultante die harde werk vir jou doen deur die pryse van voertuie en maatskappye te vergelyk (indien jy verkies om nie deur ’n konsultant te werk nie, maak gebruik van die besprekingsenjin aan die onderkant van die blad).

Enkele wenke om die goedkoopste motor te huur:

  • Sorg dat jy die voertuig nie by verskillende plekke ontvang en terugbesorg nie, want dit verhoog die koste

  • Maak gebruik van SouthAfrica.TO se reiskoepons om minder vir jou motorhuur te betaal (as jy geen koepons het nie, begin hulle verdien deur per e-pos vir ons 'n beskrywing te stuur waarin jy van jou ondervinding met die huur van 'n motor vertel).

Europcar beskprekings kantoor

Europcar Suid-Afrika

Europcar het homself gevestig as een van Suid-Afrika se voorste wereldwye motorhuur-maatskappye, een wat trots is op die lewering van voortreflike, wereld-klas diens met 'n vars, dinamiese uitkyk. Ons leuse  'Moving your way' omvat die maatskappy se wereldwye strategie om ‘n belangrike speler te word in die vorming van die toekoms van mobiliteit en ‘n verbintenis tot uitsonderlike diens. Die maatskappy, besit en bestuur deur die Imperialgroep, bedryf uitsluitlik as Europcar sedert 2009, en het 'n ryk 33 jaar lange geskiedenis met sy oorsprong as Imperial Car Hire. Aangewys as die voorste Motor Verhuurings maatskappy in Afrika vir die sesde agtereenvolgende jaar tydends die “2011 World Travel Awards”,  bedien die maatskappy ongeveer 'n derde van die mark in Suid-Afrika  en het met spesifieke oplossings voorendag gekom vir die korporatiewe; ontspannings; intenasionale en ook plaaslike markte. Europcar Suid-Afrika bied ongeveer 18500 voertuie aan, vanuit meer as 120 takke oor die hele Suider-Afrika en het ook toegang tot ongeveer 220 000 voertuie vanuit 150 lande deur Europcar se wereldwye netwerk”.

Ons vra verskoning dat gedeeltes van die blad nie in Afrikaans is nie. Hoe meer mense hier besprekings maak, hoe meer druk kan ons op ons verskaffers plaas om 'n Afrikaanse weergawe te maak. Doen gerus u navrae in Afrikaans.

Motorhuur : Onontbeerlike Wenke

Wanneer jy 'n motor moet kies, dink prakties. As jy kinders het of 'n hele pakkaas goed wat jy moet saamkarwei, vra vir 'n groot sedan of 'n sportnutsvoertuig (een van dié wat in Engels SUVs genoem word). Die meeste motorhuurmaatskappye verskaf grafiese inligting oor hoeveel mense en bagasie 'n spesifieke motor kan vervoer. Maar as jy net met 'n skootrekenaar van die een vergadering na die ander deur die stad wil rits, kies dan 'n eenvoudige, klein motor sodat jy op huur- en petrolkoste kan bespaar. Met 'n kleiner buksie kan jy ook soveel makliker in onbekende strate en by parkeerplekke maneuvreer.

Soos met enige transaksie, moet jy seker maak dat jy die bepalings en voorwaardes lees wanneer jy 'n motor huur. Wanneer jy by die toonbank of per telefoon onderhandel, vra die agent of daar enige beperkings is waarvan jy behoort te weet. Is jou twintigjarige suster nie byvoorbeeld dalk te jonk om die kar te mag bestuur nie? Indien daar meer as een bestuurder is, wat is die ekstra koste? Is daar 'n alternatiewe plek waar die motor in ontvangs geneem en terugbesorg kan word? Hoe sal jy moet opdok as daar 'n ongeluk is?

Dis verstandig om die maatskappy jou vlugbesonderhede te gee sodat hulle jou motor vir jou kan hou indien jou vlug vertraag is. En dis belangrik dat jy weet of jy vir 'n volle dag sal moet betaal as jy enige tydsbeperking oorskry (soos waar jy die motor gistermiddag om tweeuur gaan haal het, maar dan twee dae se huur moet opdok as jy die kar vanmiddag om tweeuur terugbesorg).

Wanneer jy die motor gaan kry, moenie deur die transaksie blits en argeloos elke dokument teken wat voorkom nie. Maak seker dat enige barste, skrape en duike wat daar dalk reeds aan die voertuig is, aangeteken word, sodat jy nie aanspreeklik gehou sal word vir skade nadat jy dit terugbesorg het nie. Gaan die ligte, ruitveërs en die afstandsmeter na. Terwyl die agent saam met jou by die motor is, vra hom of haar vrae soos hoe om die motor aan te skakel (dis verrassend hoe verskillende modelle kan verskil), watter soort petrol die motor gebruik, waar die noodsaaklike knoppe en hefbome is, en maak vir jouself 'n geheueprentjie van die motor se model en kleur sodat jy nie dalk later op 'n parkeerterrein vergeefs daarna begin soek nie!

Wanneer jy die motor terugbesorg, probeer om so op tyd te wees as moontlik, en maak self die petroltenk onderweg vol, net ingeval hulle jou 'n hoër prys vir die petrol wil laat betaal. Inspekteer die motor saam met die agent (nou sal jy bly wees dat jou inspeksie by die ontvangs so deeglik was!) en maak seker dat jy al jou besittings het voordat jy die voertuig teruggee (kyk spesiaal in die paneelkissie en die kattebak).

Maar terwyl jy die motor het – hoe sê die jollers? – is dit laat waai, Meraai! Gehuurde motors bied 'n mens mos daardie ekstra tikkie anonimiteit, hulle laat jou toe om 'n bietjie uit te rafel en waagmoedig weg te snel van die motorhuurkantoor op 'n drie dae lange toetsrit sonder toesig (nie dat ons daarmee roekelose bestuur verkondig nie). Bly binne die wettige perke, maar beproef nuwe motors wat jy gewoonweg nie sou bestuur nie. As die tyd dus aanbreek om na 'n miniwa oor te skakel, sal jy presies weet hoe 'n Hyundai H1 hom gedra in vergelyking met 'n Mercedes Benz Vito of 'n VW Kombi.

Om 'n gehuurde motor te bestuur kan'n groot plesier of 'n volslae pyniging wees, dit hang net daarvan af of jou reisbegroting ooreenstem met jou lewenstyl tuis. Ek het 'n vriend wat vir ons in sy klein gehuurde BMW kom kuier het; ons het almal die blink Duitse ingenieursprestasie van binne en van buite betrag en bewonder. Maar toe ons hom vra of hy die kar geniet, antwoord hy net skouerophalend: "Ja, dis oukei." Toe onthou ek dat hy pas 'n splinternuwe Audi TT tuis gelaat het. Sies tog, die ou het seker vreeslik gely.

Hoe ook al, met gehuurde motors gaan 'n hele wêreld se geleenthede voor 'n mens oop. Jy kan straks glad nie daardie AC Cobra bekostig nie (of jou vrou weier dat jy een koop), maar jy kan altyd een vir 'n naweek huur (vir eksotiese motorhuur, probeer Car Hire.za of Classic Car Hire World, hoewel die meeste van hierdie motors slegs in Kaapstad beskikbaar is). Of jy kan die voordele ontdek van 'n motor wat jy andersins nooit vir 'n toetsrit sou oorweeg het as jy nie gedwing sou gewees het om 'n naweek daarin deur te bring nie. Waarheen jou gehuurde motor jou ook al voer, ervaar dit soos 'n vakansieromanse – word meegevoer, wees versigtig en geniet die plesiertog!

Mense is gewillig om oor brandende kole te kruip om die goedkoopste vlug te vind, maar dan sit hulle nie genoeg tyd opsy om die goedkoopste gehuurde motor te kry nie. Op die ou end trek hulle aan die kortste ent. Moenie in dieselfde slaggat trap nie.