__

Young couple posing for a photo on the deck of a cruise ship in Cape Town

Meisie poseer op die dek van 'n boot met Kaapstad in die agtergrond

Bespreek Bootreis Nou

Durban hawe

Verdien vaartafslagkoepons deur 'n beskrywing van jou laaste plesiervaart per e-pos aan ons te stuur

Bootreis vanaf Durban

Begeer jy 'n droomvaart na 'n idilliese tropiese eiland waar die palmbome sing van die wind? Waarom uitstel? Daar is gereelde bootreise vanaf Durban na die Portuguese Eiland (naby Maputo, Mosambiek), Pomene, Mauritius en Reunion aan boord van die MSC Orchestra en die Ponant Yacht Cruises Le Lyrial. Bootreise van Durban word as die beste in Suid-Afrika beskou vanwee die voortreflike klimaat in daardie werelddeel (in vergelyking met die vaarte by Kaapstad wat ongelukkig taks met die omgesukkelde Suidoos moet rekening hou). Daar is ook die soelwarm waters van die Indiese Oseaan (teenoor die ysige Kaapse see), om nie eens te praat van die wonderskone eilande in die Indiese Oseaan en die pragtige strande van Mosambiek nie.

Om 'n kwotasie te kry van 'n bootreis uit Durban, voltooi slegs die vorm hieronder - die vrae is kundig opgestel sodat ons vaartkenners die beste bootreis spesiaal vir jou kan vind.

Bespreek 'n Bootreis vanaf Durban
Voltooi hierdie vorm om die beskikbaarheid van plekke en pryse vas te stel. Besprekings word reeds vir alle vaarte op die lys aanvaar.


Naam: *
E-pos: *
Please confirm email: *
Telefoon nommer:
Getal volwassenes – 18 jaar en ouer:
Indien meer as 20 mense, spesifiseer asseblief die getal ondertoe in die veld vir spesiale versoeke.
Getal kinders tussen 12 en 17 jaar (maar nog nie 18 jaar oud nie):
Let asseblief daarop dat die kind steeds onder 18 jaar oud moet wees op die datum wanneer die TERUGVAART begin om as “onder 18” te kwalifiseer.
Getal kinders tussen 2 en 11 jaar:
Getal babas ONDER 2 jaar:
Selekteer asseblief u vaart(e):*
Getal kajuite verlang:
Indien jy sou verkies om nie een kajuit te deel nie, dui asseblief die getal kajuite aan wat jy verlang. Kajuite op die Orchestra het slaapplek vir ’n maksimum van 4 mense.
Ligging van kajuit: *
Binne (geen venster)
Buite (venster)
Balkonkajuit
Balkonsuite
Slaapgeriewe wat jy sou verkies:
Dubbelbed
Enkelbeddens
Is jy op wittebrood?
Ja
Nee
Kruis moet binne 6 maande na die troudatum val. Bewys van troue moet voorsien word
Is jy 60 jaar of ouer?
Ja
Nee
'n Geldige bestuurderslisensie, ID of huidige paspoort sal benodig word vir validering by die pier
Indien wel, hoeveel volwassenes is 60 jaar of ouer?
Senior afslag geld slegs vir diegene wat 60 + in die kajuit is
Wil u 'n kwotasie vir die volgende ekstras insluit? (Kies asseblief die blokkies wat u graag wil insluit)
vlugte
Pre / Post Hotel Akkommodasie
Oordragte na / van die hawe
Plaas asseblief die stad waaruit u wil vlieg in die veld "Spesiale Versoeke" en die aantal nagte van akkommodasie wat in die "Spesiale Versoeke" -veld benodig word.
Is jy 'n MSC Voyagers-klublid?
Ja
Nee
Spesiale versoek:

Gewilde bootreise van Durban:
- Durban na Mosambiek (Portugese Eiland & Pomene)

- Durban na Madagaskar (nie meer beskikbaar)

- Durban na Mauritius

- Durban na Reunion

- Durban na Kaapstad

- Durban na Italië

Die MSC Orcherstra en die Ponant Yacht Cruises Le Lyrial is die passasierskepe wat op die oomblik vanaf Durban reis.

Die uitsig vanaf die agterkant van die MSC Musica, van Durban

Portugese Eiland

Portugese Esland is verby awesome, en die mees gewilde bestemming vanaf Durban. Die eiland is naby Maputo, en langsaan Inhaca Eiland. Daar kan jy in die warm seewater swem, en watersport deelneem, of 'n cocktail drink terwyl jy vir die andere kyk. Die hele catering van die MSC is op die eiland - buffet & cocktails. Daar is amper niks anders op die eiland as wat MSC daar gebou het nie - geen banke, winkels, karre of strate. Daar is net see, sand en sonskyn. MSC het op die eiland die MSC Strand Klub gebou.

Daar is bankies onder dak waar die buffet & cocktails is. Daar is ook op die eiland stalletjies, vlooimarkstyle, waar jy 'n verskeidenheid dinge kan koop: drank (natuurlik!), hout gekerfde keyrings, beursies, armbandjies wat hulle self maak, sharongs en sonbrille. Hulle vat Rande, en 'n mens kan so 'n bietjie negotiate. Moenie die drank op die skip neem - dit work gekonfiskeer en eers terug gegee as jy afklim van die skip. Die local loop ook rond met drankies en dop wat 'n mens daar kan koop. As jy iets local wil probeer, het hulle coconuts met drankof gewone coconut water binne wat 'n mens met 'n strooitjie kan drink.

Boek so vroeg moontlik om op die eiland te kom, omdat jy moet gewoonlik 4vm terug moet wees by die skip. Die vroegste is gewoonlik 7 uur. Jy kry 'n ticketnommer, en wanneer dit uigeroep word klim jy op die bootjies wat jou eiland toe vat. Stap na waar jy afgelaai is, as jy wil teruggaan, en wag in die ry vir 'n bootjie wat jy terug na die skip sal neem - die bootjies ry heeldag heen en weer.

Neem sonskerm saam - dit is vrek warm op die eiland.

Naby Portugese Eiland is Inhaca Eiland , en jy ook kan 'n bootjie bespreek om jou daarnatoe te neem. As jy iets soos kreef wil eet moet jy Inhaca toe gaan.

Die uitsig oor Portugese Eiland vanaf die MSC Strand Klub

Pomene

Belangrik: As jy bespreek om na Pomene toe te gaan, die helfte van die tyd is die weer te sleg om daarna toe te gaan, en die boot gaan Portugese Eiland toe. Albei is pragtig, maar Pomene is die een waarvan ons die meeste hou.

Jy kan sambrele aanlyn of van guest services aanboord huur, wat op die strand gebruik kan word. Maar jy sal miskien nie op die strand wil sit, maar eerder by die swembad en deck. Onthou om skoene aan te dra, want voete brand op die sand - dit is vrek warm daar.

Kos van die skip word gratis bedien.

Jy kan SA geld gebruik om goedere van die locals te koop, byvoorbeeld pragtige sarongs. Drank en hout word gekonfiskeer wanneer jy weer op die skip klim - die gevaar met die hout is borer beetles. Soos die dag later raak, raak dit goedkoper - wag totdat jy terug skip toe loop, dan koop jy goedjies halfprys. Gestremde mense kan by Pomene afklim - daar is strand-rolstoele.

Jan kan 'n bus neem na die ou hotel om die blowholes te sien - dis ongelooflik mooi. Jy moet daar wees wanneer dit hoog gety is, dan sal die water spuit soos fonteine uit die gatte in die rots.

Vlugte

Vir gemoedsrus, spandeer die aand in Durban en vlieg daarnatoe die nag voor; vlieg terug vroegaand; of sorg dat die vlug gratis kan verander word.

Lughawe tot die Hawe

Jy kan Uber, taxis of motorhuur gebruik om vanaf die lughawe tot die hawe te kry. Vir MSC Cruises is daar 'n shuttle wat lughawe tot hawe toe gaan, en ook natuurlik hawe tot die lughawe. Tot 'n week voor jou bootreis kan jy MSC Cruises' shuttle bespreek. Dit shuttle laai passasiers baie vroeg - passasiers wat die shuttle gebruik is in die eerste groep wat afklim en dan moet hulle vir hul tasse soek.

MSC Cruises se bus in Durban se hawe

Die Durbanse hawe

Die Durbanse hawe is die besigste aanleplek vir skepe aan die Suid-Afrikaanse kus en het ook die grootste houerterminus in die Suidelike Halfrond. Dis niks ongewoons dat skepe buite die hawe hul beurt moet afwag om dit binne te vaar nie (hulle word in- en uitgehelp deur 'n gids wat per helikopter na die skip gebring word). Die hawe bedien nie slegs Durban nie, maar word ook as deurgang gebruik vir goedere na en van Gauteng, die ekonomiese hartland van Suid-Afrika. Die Durbanse hawe word deur Transnet se Nasionale Hawe-owerheid bestuur.

Toerskepe le aan buite "N Shed, T-Jetty", by die terminusfasiliteit vir passasiers. Benewens aanleplekke vir vrag- en toerskepe, is daar ook kaaie vir kommersiele vissersbote by die Silt Channel & Maydon Wharf en marinas vir seiljagte.

Parkade

Daar is 'n groot parkeergarage by die Durbanse hawe waar passasiers hul voertuie kan laat terwyl hulle hul plesiervaart ter see geniet. Dis onder dak parkering direk langs die N-shed. Dit word deur MSC Cruises beheer, en die koste word direk deur MSC op jou onboard rekening geplaas, en is betaalbaar voordat jy van die skip afklim. Dit kan beter wees om met jou eie kar to ry - 'n taxi kan dalk laat wees en jy wil nie graag daardeur jou boot reis mis nie. Dit kan 'n 'n rukkie vat terwyl jy wag om jou motor te parkeer, wees geduldig - dis deel van die pret.

Dit is so lekker om af te klim en sommer tjop-tjop jou motor te kry en te ry. 'n Mens kan ook ure wag vir hul taxi's die dag wanneer hulle die skip verlaat. Dit werk ongelukkig op 'n 'first come first served' basis, so ons voorstel dat jy vroeg hawe toe gaan.

Richardsbaai

Nadat jy die Durbanse hawe verlaat en noordwaarts koers gekies het, sal jy by Richardsbaai verbyvaar. Hou die see dop vir die talle skepe wat steenkool van Suid-Afrika na Indie en China vervoer - dis voorwaar iets om te aanskou.

En daar het jy dit in 'n neutedop! Hopelik het jy nou al die inligting wat jy nodig het om jou bootreis vanaf Durban te bespreek (by ons, natuurlik). Indien nie, vra ons gerus wat jy nog wil weet in die kassie vir opmerkings hieronder (trouens, skryf in elk geval vir ons; dis vir ons heerlik wanneer ons kliente vir ons dagse). En onthou ook om sommer vragte foto's van jou bootreis te neem en party daarvan per e-pos aan ons te stuur by reis@ritsgids.co.za (ons is dol daaroor dat kliente hul avonture met ons deel). Mooi vaar op die Blou Dam. Met beste wense vir 'n seevakansie wat jy tot in lengte van dae sal onthou.

Bootreis is onbeskryflik awesome.

Drankies & verversingspryse in Februaries 2019, op die MSC Musica

Klere

Moenie te veel klere pak nie, die meeste passasiers neem heeltemal te veel. Die noodsaaklikhede is:

  • tekkies e en flip-flops
  • formele skoene en klere (langbroek, hemp met 'n kraag, das) - soos jy sou vir kerk aantrek.
  • denim langbroek
  • 'n ligte truitjie in geval dit koud raak
  • swemklere,
  • 'n kortbroek en t-hemp vir elke dag
  • geen handdoeke

Moenie die son skerm vergeet nie. Vat 'n rugsak om te gebruik wanneer jy op excursions gaan; en vir die dag jy vertrek jou nagklere en tandeborsel in te sit (tasse word die aand voor jy afklim uitgesit).

As jy veiliger wil wees, kan jy jou tasse in pkastiek toedraai - oor die algemeen is dit nie regtig nodig nie. Wrap word gebruik om diefstal en skrape te verhoed. Maar om ń bietjie proaktief oor veiligheid te wees kan nie skade doen nie. Om jou bagasie in plastiek toe te draai, is ń goeie veiligheids wenk dit verhoed diefstal en skrape. Terwyl daar waarskynlik nie probleme op die skip sal wees nie, as jy eers vlieg is daar groter rede om baggasie te wrap.

Verblyf

Ons voorstel dat jy oornag in Durban die aand voor jou boot reis. Jy kry afslag by sommige hotelle as jy deur MSC Cruises die hotel bespreek.

  • Die Waterfront Hotel & Spa is redelik naby aan die hawe (jy kyk uit oor die hawe), en ook uShaka Marine World. Kry vroeg in die oggend 'n Uber hawe toe, dit is gewoonlik minder as 5 minute van die hawe. Ons sal hulle aanbeveel.
  • Ons slaap altyd by die Chelsea Villa Gastehuise of Garden Court South Beach.
  • Die Blue Water Hotel is reg oor die see.
  • Die King Edward is redelik naby aan die hawe.
  • Die Palace Hotel verskaf 'n shuttle diens vir 'n fooi.

En hoekom stel ons voor dat jy oornag in Durban? Jy wil nie agter gelos word nie, nadat jy maande lank uitgesien het vir die bootreis. Kyk hierdie video:

Skrywers van hierdie blad is Charldo de Kock & , vertaling deur .