__

Young couple posing for a photo on the deck of a cruise ship in Cape Town

Meisie poseer op die dek van 'n boot met Kaapstad in die agtergrond

Bespreek 'n Bootreis Nou

bootreis vanaf Kaapstad

Verdien Ritsgids Koopbewyse en kry afslag vir jou bootvaart! E-pos 'n beskrywing van jou laaste plesiervaart aan ons.

Bootreise vanaf Kaapstad

Kaapstad is die vertrekpunt vir gereelde bootvaarte deur onder andere die MSC Orchestra. Die Sinfonia & Musica kom nie hierdie jaar na Suid-Afrika nie, so die goedkoper reise word slegs onderneem deur die Orchestra.

Vir diegene wat 'n meer luukse vaart verkies, bied ons met genoeë Silversea Cruises se Silver Wind-toerskip aan – 'n kleiner skip met minder passasiers vir 'n meer ekslusiewe ervaring. Besprekings vir die 2019/2020 seisoen is reeds oop en kajuite verkoop soos soetkoek, so u word aangeraai om so spoedig 'n kwotasie aan te vra om teleurstelling te voorkom. Wenk as jy saamreis: maak doodseker dat jy die wegvaar-partytjie op jou reis bywoon, wanneer jy heenvaar met die manjifieke Tafelberg in die agtergrond.

Vul die vorm hieronder in om 'n kwotasie vir 'n bootreis vanaf Kaapstad te kry – die vrae is spesiaal só opgestel dat ons kenners die beste bootreis teen die beste tarief vir jou kan vind (stuur 'n e-pos aan cruises@southafrica.to indien jy probleme ondervind).

Bespreek 'n Bootreis vanaf Kaapstad
Voltooi hierdie vorm om die beskikbaarheid van plekke en pryse vas te stel. Besprekings word reeds vir alle vaarte op die lys aanvaar.


Naam: *
E-pos: *
Please confirm email: *
Telefoon nommer:
Getal volwassenes – 18 jaar en ouer:
Indien meer as 20 mense, spesifiseer asseblief die getal ondertoe in die veld vir spesiale versoeke.
Getal kinders tussen 12 en 17 jaar (maar nog nie 18 jaar oud nie):
Let asseblief daarop dat die kind steeds onder 18 jaar oud moet wees op die datum wanneer die TERUGVAART begin om as “onder 18” te kwalifiseer.
Getal kinders tussen 2 en 11 jaar:
Getal babas ONDER 2 jaar:
Selekteer asseblief u vaart(e):*
Getal kajuite verlang:
Indien jy sou verkies om nie een kajuit te deel nie, dui asseblief die getal kajuite aan wat jy verlang. Kajuite op die Orchestra het slaapplek vir ’n maksimum van 4 mense.
Ligging van kajuit: *
Binne (geen venster)
Buite (venster)
Balkonkajuit
Balkonsuite
Slaapgeriewe wat jy sou verkies:
Dubbelbed
Enkelbeddens
Is jy op wittebrood?
Ja
Nee
Kruis moet binne 6 maande na die troudatum val. Bewys van troue moet voorsien word
Is jy 60 jaar of ouer?
Ja
Nee
'n Geldige bestuurderslisensie, ID of huidige paspoort sal benodig word vir validering by die pier
Indien wel, hoeveel volwassenes is 60 jaar of ouer?
Senior afslag geld slegs vir diegene wat 60 + in die kajuit is
Wil u 'n kwotasie vir die volgende ekstras insluit? (Kies asseblief die blokkies wat u graag wil insluit)
vlugte
Pre / Post Hotel Akkommodasie
Oordragte na / van die hawe
Plaas asseblief die stad waaruit u wil vlieg in die veld "Spesiale Versoeke" en die aantal nagte van akkommodasie wat in die "Spesiale Versoeke" -veld benodig word.
Is jy 'n MSC Voyagers-klublid?
Ja
Nee
Spesiale versoek:

Roetes van bootreise

 

Mosselbaai lugfoto

Walvisbaai kus
Luderitz Namibie
Kaapstad na Mosselbaai (nie meer beskikbaar)
Kaapstad na Walvisbaai
Kaapstad na Namibië (Lüderitz)
Durban kus
St Helena eiland
Namibie kus
Kaapstad na Durban (soms via Port Elizabeth)
Kaapstad na die eiland St Helena (nie meer beskikbaar)
 
Posisionerende vaarte
Kaapstad Southhampton Posisionele Vaart
Kaapstad na Italie Posisionele Vaart
Cape Town,Walvisbaai, Dakar, Santa Cruz de Tenerife, Funchal ,Lisbon,Vigo, Cherbourg, Southampton
Kaapstad na Walvisbaai, Dakar, Las Palmas, Casablanca, Palme de Mallorca, Ajaccio, Civitavecchia en Genua
Walvisbaai

Daar is nie veel om te doen in Walvisbaai nie, en ons stel voor dat jy eerder na Swakopmund toe gaan. As jy 'n motor wil huur vir die dag, bespreek dit voor die skip by Walvisbaai aandom.

Nuus

  • 8 Januarie 2020: Die MSC Orchestra dok vir die eerste keer in Kaapstad.

  • Die MSC Orchestra in Kaapstad for die eerste keer
  • 4 Maart 2014: Die laaste bootvaart vanaf Kaapstad (in en rondom Suid-Afrika) is 17 Maart en die 17de Maart vertrek die MSC Sinfonia na Europa. Die MSC Opera kom weer in Suid Afrika aan 18 Oktober.

  • Desember 2012: Daar word berig dat Transnet se Nasionale Haweowerheid in 2013 sal voortgaan met 'n "versoek vir voorstelle" om 'n permanente terminus vir toerskepe by E-vasmeerplek in die Kaapse hawe te bou.

  • 7 Maart 2011: Die laaste MSC Melody-bootreis vanaf Kaapstad.

  • Maart 2012: Die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake gaan voort met sy direktief in Januarie om te verhinder dat toerskepe by Kaapstad se Waterfront vasmeer. Alan Winde, die Wes-Kaapse Minister van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, sê: "Twintig jaar lank is veiligheids- en immigrasieprosedures sonder 'n voorval by Hawehoof Twee bestuur. Skielik, vanuit nêrens, het Binnelandse Sake 'n verbod afgedwing sonder 'n alternatiewe toeriste-vriendelike fasiliteit in die hawe. Toeriste moet nou aan land gaan tussen houers by 'n koelstoorwerf. Dit is geen manier om gaste in ons provinsie te ontvang nie." Nkosazna Dlamini-Zuma, SA se Minister van Binnelandse Sake, het Winde se versoeke vir 'n vergadering geïgnoreer. In haar afwesigheid sê Tariq Mellet, Direkteur: Immigasiedienste, Wes-Kaap, dat "daar geen onlangse besluit was om enigiets te verbied nie. 'n Lank bestaande probleem dat daar nie aan (bepalings van) die Immigrasiewet voldoen is nie, het vereis dat die department in November stappe moes doen om die nakoming daarvan te verseker."

MSC Orchestra se swembad, met Tafelberg in die agtergrond

Bok Radio Bootreis

Die 2019 Bok Radio Bootvaart is die grootste een in die geskiedenis van Bok.

Daar is vertonings deur Jan Blohm, Steve akoesties, Juan Boucher akoesties, Ray Dylan akoesties, Manie Jackson en Die Heuwels Fantasties en Loki Rothman.

Die akoestiese vertonings is jou kans om hierdie kunstenaars te sien in ander vorm as wat jy hulle gewoonlik sal sien, hulle deel ‘n stukkie van hulle privaat lewe met jou... wat was die eerste liedjie wat Steve Hofmeyr ooit op ‘n kitaar gespeel het? Kom kyk die show om uit te vind! Wat is die storie agter Juan Boucher se Gebore om by jou te wees, weet jy van sy meisie wat gesterf het agv ‘n motor ongeluk en vir wie dit geskryf is? Kom kyk die shows en leer die kunstenaars op ‘n ander vlak ken, rou, kaal siele op ‘n verhoog met net ‘n kitaar vir begeleiding.

Onthou asb om jou Computicket kaartjie by die Bok Winkel te ruil vir ‘n gekleurde bandjie, die winkel is oop op die volgende datums om kaartjies te kom ruil of om jou bestellings van Bok Boot merchandise te kom afhaal.
Donderdag en Vrydag 3 en 4 Januarie van 09:00 tot 17:00
Saterdag 5 Januarie van 10:00 tot 14:00
Maandag, Dinsdag, Wonsdag 7, 8 en 9 Januarie van 09:00 – 17:00

Indien jy van ver af reis en nie by ons gedurende hierdie tye kan uitkom nie, moenie bekommerd wees nie, kyk net uit vir die Bok Radio stalletjie by die hawe op die vertrek dag. As jy die rye op 10 Januarie by die hawe wil vermy, maak seker jy maak by die Bok Winkel ‘n draai.

Meisie poseer vir 'n foto op 'n boot met Kaapstad in die agtergrond

Ons weet van die agterstand met die uitreik van die Bootvaart kaartjies by SA Cruises, maar hulle het ons verseker dat die meeste kaartjies reeds uitgereik is, of vandag of more sal plaasvind op die laatste teen die naweek. Moenie bekommerd wees nie, ons sal jou nie agterlaat nie!

As hierdie jou eerste Bootvaart is, en jy wonder hoe jy geld oorplaas op die cruise kaart?
Jy kan jou krediet, of debiet kaart of kontant, met jou kamerkaart aan boort koppel om mee te betaal, dit is nie nodig om geld om te skakel na Dollars nie.

Onthou al die verskillende pakette vir drankies is ook op die boot beskikbaar by die MSC personeel of by elke kroeg.
‘n nuttige wenk: enkel drankies op die boot werk volgens die Amerikaanse sisteem en is 50ml wat in Suid-Afrikaanse terme in werklikheid ‘n dubbel is. As jy aan boord dus ‘n dubbel bestel is dit in werklikheid vier sopies! Ons het al deur die jare baie mense daai fout sien maak!

Dis onnodig om enige handoeke saam te neem, daar is aan boort swem en badkamer handoeke.

Om jou te help met die pakkery het die Bokspan koppe bymekaar gesit en ons ervarings van die afgelope 5 Bok Bote gebruik om hierdie lysie bymekaar te sit van dinge wat jy moet onthou om saam te neem:

Checklist:
Paspoort
Nodige dokumentasie vir kinders onder 18 wat saam reis:
“Unabridged” geboorte sertifikaat
Paspoort
Indien jy met iemand anders se kinders reis, moet beide ouers van die kind ‘n beëdigde verklaring gaan aflê waar hulle toestemming gee dat die kind saam met jou mag reis. Hierdie verklaring moet jou id nommer asook beide ouers se id nommers bevat.
E – ticket
Sonroom (hoë faktor)
Hoed
Plakkies
Seesiek pille
Swembroek
Powerbank
Kopseerpille
Ekstra sak vir handbagasie

Die Bokspan gaan ‘n “Sail Away” partytjie by die Jamrock Teater hou op Dinsdag 8 Januarie 2019 teen R150 per persoon met ‘n paar kunstenaars wat kom optree en lede van die Bokspan wat jou op die aand sal vermaak met spesiale items. Die R150 toegang gaan vir die “Hoop” projek ten bate van minder bevoorregtes. As jy hiervoor wil bespreek, stuur asb ‘n epos na info@bokradio.co.za en onthou die teater kan net 140 mense huisves so dis streng op ‘n ‘first come first serve’ basis.

Dis dit van ons kant af, sien uit daarna om jou aan boord te sien, geniet dit, gaan GROOT en onthou om jou partytjie skoene saam te bring, die Bokspan, 23 kunstenaars en die MSC Musica sien uit daarna om saam met jou te kuier!

 MSC Musica skip what in Kaapstad Hawe by sonsopkoms aankom, 26 Januarie 2019
Foto deur
Marietjie Visagie

Die Kaapse hawe

Die Kaapse hawe is in Tafelbaai en word deur Transnet se Nasionale Haweowerheid bestuur. Die meeste van die vars vrugte wat Suid-Afrika verlaat, gaan deur hierdie hawe. Die imposante Tafelberg bied 'n treffende agtergrond, terwyl die Kaapstadste Waterfront, 'n vername toeriste-aantreklikheid,'n deel van die hawe uitmaak. Daar is 'n aantal indrukwekkende hotelle in die hawegebied, soos die Cape Grace (die naaste hotel aan E-vasmeerplek), en jy kan hulle gerus voor of ná jou bootreis besoek. Weens die sterk Suidoos wat in die somermaande kattemaai, is die hawe partymaal gesluit vir inkomende en uitvarende skepe – met die vanselfsprekende uitdagings wat passasiersbote dan die hoof moet bied. Daar word beplan om 'n nuwe passasiersterminaal te bou wat beter geleë is. Toerskepe meer gewoonlik vas by die E-vasmeerplek in die Duncan-dok. Die hawe is die tuiste van die Kaapse Seiljagklub.

Die hawe in Kaapstad dateer terug tot 6 April 1652 toe Jan van Riebeeck en sy gevolg in die Kaap aangekom het om 'n verversingspos te vestig vir skepe wat van Europa na die Ooste gevaar het. Die Robinson-droogdok is in 1882 voltooi en is vandag die oudste funksionerende droogdok ter wêreld ('n droogdok is 'n skeepsdok wat leeggepomp kan word).

Op die linkerste kant van die foto onder is die area waar passasierskepe dok (geen in die hawe wanneer hierdie foto geneem was):

Kaapstad Hawe

Hier is die uitsig vanaf Tafelberg van Kaapstad, Tafelbaai en die hawe:

Uitsig van Kaapstad end Tafelbaai, van bo op Tafelberg.

Nou ja, fluit-fluit, vir eers is hierdie storietjie uit :) Ons hoop die skrywe hierbo het jou genoeg inligting gegee om jou bootreis vanaf Kaapstad te bespreek. Indien jy egter nog iets daaroor wil weet, moenie skroom om dit vir ons te vra in die afdeling vir kommentare hieronder nie (trouens, skryf in elk geval vir ons so ietsie, ons verneem baie graag van ons lesers). Sonnige en vredige luilekker-dae op die wye oseaan word jou toegewens. Mooi reis.

Skrywers van hierdie blad is Charldo de Kock & , vertaling deur .