

Bespreek 'n bootreis vanaf Durban |
Bespreek 'n bootreis vanaf Kaapstad |
Bespreek 'n MSC Musica bootreis of 'n MSC Orchestra bootreis |
Bespreek 'n Meditereense bootreis |
Gebruik ons unieke Ritsgids Koopbewyse sisteem om afslag te kry op jou MSC Bootreis! Ons lesers is ons skrywers - Ons gee reiskoopbewyse weg aan enigiemand wat vir ons 'n lekker storie skryf oor hulle vlug of bootreis. So maklik soos dit! |
![]() |
Vra 'n bootreiskonsultant - Ons jeuk om jou by te staan! |
MSC Cruises verwelkom jou aanboord vir ‘n wonderlike, eksklusiewe vakansie, in die Italiaanse tradisie. Hulle warm, Meditereense hospitaliteit sal jou laat vergeet van al die werkstres en jou oor die waters wegvoer na ontspanning en genot. Duisende passasiers raak heeltemal verlief op die bootreisondervinding en menige kom terug en bespreek jaar na jaar weer.
Die beste manier om van die nuutste spesiale aanbiedinge te weet, is om in te teken vir ons gratis nuusbrief. Indien jy belangstel in 'n spesieke bootreis, vul die Bootreis Navrae Vorm hieronder in. MSC bied ook meer vaste afslag bv. kinders reis verniet en afslag vir Wittebrood en Huweliksherdenkings. (Hierdie afslag word meer gereeld gebied, maar dit is nie gewaarborg nie en kan enige tyd onttrek word sonder vooraf kennisgewing)

Here is 'n foto by Durban se hawe, van die meeste van MSC se skepe, en die jaar wanneer MSC hul gebou of gekoop het: MSC Orchestra (2007), MSC Musica (2006), MSC Opera (2004), MSC Preziosa (2013), MSC Divina (2012), MSC Magnifica (2010), MSC Lirica (2003), MSC Sinfonia (2002), MSC Armonia (2001), MSC Splendida (2009) en MSC Fantasia (2008).
Desember 2013: Debietkaarte word nie meer langer op die MSC skepe aanvaar nie - slegs kontant en krediet.
MSC beplan om baie meer Suid-Afrikaners aan te stel vir die nuwe seisoen se bootreise, met posisies soos huishouding, om in die casino te werk, om 'n kelner(in) te wees of 'n winkelassistent. Gaan gerus na MSC Vakatures op hulle webtuiste vir meer inligting.
As jy opsoek is na 'n werk by MSC Bootreise, e-pos jou CV na MscSoorrentoCrewPax@mscsorrento.com.
Wees versistig met sommige van die tema bootreise. Volwassenes kan hulle tyd 'n bietjie teveel op die reis geniet. Dit moet dalk oorweeg word dat kinders eerder by die huis moet bly.
Kom lag en eet lekker op hierdie trippie.
Die droomvakansie van jou lewe vir matriek leerlings om totsiens vir hul skoolloopbaan te se. Geniet 'n feestelike week op 'n boot trippie. Ouers, bederf jou kinders vir die harde werk wat hulle gedoen het. #netMATRIEKS jou lekke ding!
Die Kyknet Juke Box Bootreis het nie in die 2018/2019 seisoen plaasgevind nie.
Bootreis |
Roete |
Vertrek |
Terugkoms |
OP37 |
Durban, Portugese Eiland, Durban |
21 Maart 2014 |
24 Maart 2014 |
Die Huisgenoot Bootvaart was nie aan die gang in die 2018/2019 seisoen nie.
Daar is heelwat vermaat op die skepe vir kindere; byvoorbeeld arkade speletjies:
Die teater is meestal gratis.
- Kaartjie (Ons e-pos dit vir jou en jy print dit uit)
- Paspoort
- Sakgeld
- Sonskerm
- Belangrike persoonlike medikasie
Nota: Hou jou paspoort byderhand, aangesien jy dit by Immigrasie moet toon voordat jy aanboord gaan. Hou jou medikasie en waardevolle items by jou of veilig toegesluit in jou handbagasie.
Bootreiskaartjies, tesame met kaartjies vir enige addisionele dienste en pakette, word vrysgestel 2-3 weke voordat die skip vertrek. Jou E-dokumente sal deur jou bootreiskonsultant vir jou ge-e-pos word. Alle passasiers moet die gedrukte weergawe toon by die hawe wanneer jy aanboord gaan.
Nota: Indien jy nog nie jou kaartjies gekry het 7 dae voordat jy vertrek nie, kontak asb. jou bootreiskonsultant deur wie jy die bespreking gemaak het.
Elke passasier (volwassenes en kinders) moet 'n geldige paspoort he om te toon by Immigrasie.
GEEN FOTOKOPIEE word aanvaar nie.
Uitsonderings:
Die enigste uitsondering is vir bootreise wat nie Suid-Afrikaanse waters verlaat nie, bv. "Bootreis na Nerens", Mosselbaai Bootreis en Bootreise van Durban na Kaapstad/Port Elizabeth en vice versa. Vir hierdie bootreise word 'n amptelike foto-identifikasie nodig - jou FOTO-ID, paspoort, of in die geval van kinders, 'n oorspronlike geboortesertifikaat.
Nota: Vir sekere bestemmings moet paspoorte vir meer was 6 maande geldig wees nadat jy van jou bootreis af teruggekom het - maak asb. seker by jou toepaslike ambassade.
Nee, jy het nie inentings nodig nie. Suid-Afrikaanse paspoorthouers benodig nie visas vir Mosambiek, Mauritius of Walvisbaai nie, maar wel vir Madagaskar. Visas kan aanboord gekry word en is gratis. Alle passasiers het paspoorte nodig vir Walvisbaai.
Jy betaal 'n deposito van R3 000 om jou bespreking te verseker, wat nie terugbetaalbaar is nie. Wat slim sal wees, is om eerder 'n Bootreis Skuif te doen. Ons dra jou deposito oor na 'n bootreis wat jou beter sal pas (Onderhewig aan beskikbaarheid). Indien een van die persone nie meer kan gaan nie, maar die kajuit word steeds behou, kan 'n naamverandering gedoen word. As jy glad nie meer will gaan nie, miskien kan jy iemand vind om die bootrit by jou oor te neem - jy sal dit aan hulle verkoop, en hulle moet betaal om die besonderhede op kaartjies to laat verander.
Indien jy 'n skuif versoek |
Naamverandering |
Bootreis skuif |
75 dae of meer voor die seildatum |
R600 per persoon |
Gratis |
45-60 dae voor die seildatum |
R600 per persoon |
Geen veranderinge toegelaat |
30-44 dae voor die seildatum |
R600 per persoon |
Geen veranderinge toegelaat |
4-29 dae voor die seildatum |
R600 per persoon |
Geen veranderinge toegelaat |
3 dae of minder |
R1200 per persoon |
Geen veranderinge toegelaat |
Daar is nie 'n gewigsbeperking vir 'n bootreis nie, maar slegs bagasie wat in die gange kan pas en in 'n kajuit kan pas word toegelaat aanboord. Ons beveel aan dat jy nie te veel bagasie saamvat wat jou kajuitarea se spasie beperk nie.
Merk asb. jou bagasie met jou Naam/Van, Kajuitnommer en Kontaknommer VOORDAT JY BY DIE BOOTREIS-TERMINAAL AANKOM. Saam met jou kaartjie stuur ons vir jou bagasiemerkers wat jy kan aansit.
Hou asb. jou waardevolle items soos kameras, parfuum, juwele, medikasie, dokumentasie soos paspoorte, ID-dokumente, kredietkaarte ens. in jou handbagasie en nie in hoofbagasie nie (sien www.msccruises.co.za vir 'n beskrywing van waardevolle items in terme van MSC se bootreisbeleid).
Indien alkohol in jou bagasie gevind word, sal dit gekonfiskeer word en sal gehou word in die belasting-vrye winkel totdat die bootreis verby is.
Alle passasiers moet ten minste 3 ure voordat die skip vertrek aanboord gaan. Maak asb. seker wat die vertrektyd is. Neem asb. kennis dat inteken 90min voordat die skip vertrek toemaak.
Vir almal wat vanaf Walvisbaai vertrek: Inteken en aanboord gaan sluit 2 URE voor seiltyd.
Ongelukkig word geen besoekers verby sekuriteit gelaat nie.
Meeste skepe vertrek rondom 15:00 en inteken maak 11:00 oop. DIt sal die beste wees om 'n vroegoggend vlug te neem (of die aand voor die tyd) en dan gebruik te maak van die bussie-diens vanaf die lughawe na die hawe. Indien jy van 'n kusarea soos Port Elizabeth of Oos-London af vlieg, sal ons aanraai dat jy eerder die aand voor die tyd vlieg, aangesien daar al menigmale vertragings was wat veroorsaak het dat passasiers hulle bootreis mis. Vir die terugvlieg beveel ons aan dat jy nie 'n vlug voor 12:00 bespreek nie.
Die boot Vir die terugvlieg beveel ons aan dat jy nie 'n vlug voor 12:00 bespreek nie, om genoeg
Daar is baie taksi's en is relatief goedkoop. Daar is ook Private Vervoer indien jy daarvan gebruik wil maak:
King Shaka Lughawe tot die Hotel
-
1-2 passasiers: R180 p.p. per rigting (addisionele heffing is van toepassing op 'n enkelpersoon)
Hotel to Durban se Lughawe
-
1-2 passasiers: R180 p.p. per rigting (addisionele heffing is van toepassing op 'n enkelpersoon)
Die bussie sal vanaf die hotel vertrek tussen 10:00 en 10:30. Vir die terugkoms sal die bussie 08:00 vetrek na die hotel. Moet vooraf bespreek word terselfdertyd wanneer die bootreisbespreking gemaak word. Die Private Vervoer is slegs beskikbaar vir gaste van hotelle wat deur MSC bespreek is.
Die skip vertrek by die N Shed - Durban Hawe. Bestuuraanwysings is beskikbaar op MSC se webtuiste. Daar is beperkte fasiliteite by die hawe se wagarea, so MSC raai passasiers aan om te hou by die aanboordgaantye soos uiteengesit vir elke passasier (maak in elk geval eers 08:00) oop. Indien julle in 'n groep vertrek sal julle in kennis gestel word deur die Groep Verkoopsagent wat julle bespreking hanteer.
Vir besprekings gemaak deur die Southern Sun Waterfront is die volgende tariewe van toepassing:
Lughawe/Hotel R180 p.p per eenrigting
Hotel/Hawe R80 p.p per weg
Daar is 'n ekstra heffing van toepassing vir 'n enkelreisiger
Die busse vertrek 10:00 vanaf die hotel. Vir die terugkoms verlaat die bussie die hawe 08:00 om terug te gaan na die hotel.
Vir die 2018/2019 seisoen is dit R145 per persoon eenrigting, so vir 2 persone is dit R580 vir retoer. Kaartjies kan by die lughawe gekoop word of vooraf bespreek en betaal word saam met jou bootreisbespreking (ten minste 7 dae voor die seildatum om seker te maak jy kry die buskaartjie betyds vir jou bootreis). Kinders onder 3 jaar is gratis, gegewe dat hulle nie 'n sitplek nodig het nie en op die ouers se skote sal sit.
Die eerste bussie vertrek 08:00 vanaf die lughawe en die laaste bussie ten minste 3 ure voordat die skip vertrek. Vir die terugkomsbussie van die hawe na die lughawe, vertrek die eerste een 08:30 vanaf die hawe en 09:30 vanaf Walvisbaai; die laaste bussie verlaat die hawe 13:00 vir die lughawe.
Op die skip kan jy in US Dollars vir goed betaal. Die skip gebruik sy eie wisselkoers.
Daar is 'n opsie wat jou op die lys sit van passasiers wat eerste aanboord mag gaan nl. "Fast Track". Vir die 2019/2020 seisoen is dit R135 per volwassene en kinders kan gratis saam met die ouers gaan. Daar is beperkte beskikbaarheid en moet vooraf bespreek word, so doen navraag by jou bootreiskonsultant.
Ja. Dit moet egter vooraf bespreek word is onderhewig aan beskikbaarheid. MSC neem geen verantwoordelikheid vir enige verlies of skade nie en bestuurders word verplig om 'n vrywaringsvorm te teken by die hawe.
Die daaglikse parkeertarief in die 2018/2019 seisoen is R120 per motor. Waentjies tel as 'n motor. Die koste sal by jou aanboordrekening gevoeg word.
Mosambiek en Madagaskar is Malaria areas. Dit is die beste om met jou dokter of apteker te gesels as jy daroor bekommerd is.
Ja, indien jy nie meer as 24 weke swanger is tydens die bootreis nie. Dit word aangeraai om met jou dokter te gesels en hoor of jy gesond en reg is om te reis. MSC se versekeringsbeleid bewoording rakende swangerskap kan gevind word op hulle webtuiste.
'n Maksimum van twee kinders onder 18 word toegelaat om 'n kajuit te deel met twee volwassenes. Neem asb. kennis dat wanneer die ouderdom van die kind deurgegee word, moet dit die ouderdom wees van die kind wanneer die bootreis klaarmaak. In die Balkon Suites word 'n maksimum van 2 volwassenes en 2 kinders onder 12 toegelaat. Reis mag verhoed word indien die geboortedatum op die kind se paspoort verskillend is as die ouderdom op die bootreiskaartjie.
'n Persoon jonger as 18 jaar mag nie op die bootreis gaan tensy vergesel deur 'n volwassene nie. Die verantwoordelike volwassene sal volledig verantwoordelik gehou word vir die minderjarige se optrede en gedrag. Minderjariges mag nie alkohol gebruik of deelneem aan dobbelaktiwiteite op die skip nie.
Passasiers ouer as 70 hoef nie 'n doktersertifikaat te verskaf wat hulle gesondheid om te reis bevestig nie, maar hulle word aangeraai om die versekeringsbrosjure na te gaan op MSC se webtuiste, aangesien daar sekere uitsluitings van toepassing is.
Babas van 0-1.99 jaar kan saam met die ouers in die kajuit slaap en hulle beddegoed deel. As jy 'n babawiegie nodig het, maak asb. seker of daar is beskikbaar wanneer jy bespreek, aangesien daar 'n beperkte hoeveelheid is. Jy mag jou baba se wiegie saam aanboord bring indien jy so verkies.
Aandetes vind plaas op twee tye: 18:30 of 20:30. Dit is slegs 'n versoek wanneer jy jou bootreis bespreek en jou tafelnommer en eettyd word eers aan jou bevestig wanneer jy aan boord gaan. As jy graag saam met familie of vriende wil eet, versoek dit asb. wanneer jy 'n bespreking maak. Indien jy klein kinders het en op die waglys is, sal MSC probeer om jou te akkommodeer dat julle gesin nie te laat eet nie.
'n Alternatiewe Informele Buffet is beskikbaar vir gesinne of passasiers wat 'n meer informele ete verkies. Maak seker aanboord watter restaurant die Informele Buffet gaan bedien (gewoonlik tussen 18:00-20:00).
Middagetes en ontbyt is informele buffets en gaste kan kies of hulle dit in 'n informele area as buffet wil eet of in meer formele restaurante.
Daar is gratis koffie met ontbyt, maar vat ook vir jou cappuccino saam...daardie koffie is nie elke persoon se smaak nie. Maar weet jy wat, dit het baie lekker geproe vir my.
Op "Italian Night" word die tafels met rooi, wit en groen gedek.
Tipiese tema aande is gamaklike drag, swart & wit, Italiaanse aand en 'n semi formele aand.
Dis baaaaiee duur, maar die fotos is professioneel en die mooiste. Doe daai photo shoot! Koop eerder 'n pakket vooraf die cruise, want dit kos meer as jy los koop. Jy het jou besprekingsnommer nodig.
Jy kan jou drink pakket online op MSC se website koop met jou debiet of krediet kaart. Dit werk goedkoper uit om 'n pakket te koop as om met jou kaart op die skip to betaal.
'n Ander manier om 'n goedkoop prys te kry is om biermandjies te koop - dit word 'n "bucket" genoem. Daar is 5 biere in 'n bucket teen die prys van 4.
Hieronder is wat drunk drink pakkette op die MSC Orchestra in Januarie 2020 gekos het: $25 for 15 koepons koffie, of $19 vir 10 roomys & soft drinks.

MSC Bootreise bied die perfekte omgewing vir 'n spesiale seremonie aanboord. Vir paartjies wat graag hul troue wil vier, hul troubeloftes hernu of eenvoudig hul liefde aan mekaar wil verklaar in die unieke romantiese milleu van die oseaan, verskaf MSC graag die geleentheid om 'n simboliese seremonie op die skip te organiseeer. Verbeel jou jy hou jou spesiale dag op 'n ekslusiewe en romantiese area op die skip... Dis 'n droom wat waar word. Let wel alle seremonies aanboord is simbolies en nie 'n bindende kontrak nie.
MSC Bootreise bied 3 verskillende pakette aan wat beskikbaar is op alle MSC Bootreis bestemmings regoor die wereld. Dit sal die beste wees
MSC Cruises offers three different types of packages that are available on all MSC Cruise destinations around the world. It is best to pre-book in order to confirm a specific date.
Care is taken to make sure it's a truly memorable day and that every requirement is met. MSC's Wedding planner will contact the guests before the cruise to plan the ceremony with them. They could even invite their friends and family, to make it an even more memorable experience.
If it's your anniversary, birthday or some other special occasion whilst on board then be sure to let reception know, so that they can arrange for a special treat or cake (there is an extra charge).

Spyt kom altyd te laat. Maak seker alle versekerings kontrakte of dokumente word noukeurig nagegaan. Hierdeur slut jy alle onsekerheir uit wanneer dit by eis tyd kom.
“Easy Onboard” gee passasiers die geleentheid om die lang ry gedurende die embarkation proses vry te
spring, en vinniger aan boord te gaan. Die embarkation proses sal baie vinniger verloop indien passaiers die “Easy Onoard” kaartjie koop. Die kaartjie is R135 per persoon vir die 2019/2020 seisoen. Kinders is verniet!
Dit is beperk tot 200 passasiers, en verkoop baie gou uit; so koop dit onmiddelik nadat jy jou bootreis bespreek het. Maak seker dat jy jou reiskonsultant vroegtydig kontak om teleurstelling te voorkom. Beslis die moeite werd!
- Bespreek vroeg en bespaar tot 40% per persoon.
- Bespreek en betaal VOLLEDIG 90 dae voor
vertrek.
- Die
werklike persentasie van die "Prima" afslag sal hersien word op 'n gereelde basis en kan moontlik onttrek of verander word sonder vooraf kennisgewing.
- Kan SLEGS gekombineer word met "Kinders slaap verniet", 'Senior Burgers" en "Wittebrood" afslag.
- Indien jy uitmis op die vroee bespreking Prima Afslag, kan jy steeds 'n goeie "deal" kry met hierdie voortdurend veranderende prys.
- Waarborg vir jou die beste prys beskikbaar teen die spesifieke tyd wanneer jy jou bootreis bespreek.
- Slegs op die MSC Opera: Bespreek 2 balkonkajuite wat verbind is aan mekaar ("interleading) vir 4 volwassenes en betaal slegs die fooi vir 3 volwassenes.
- Daar kan slegs 2 mense in 'n balkonkajuit slaap.
-
Onderhewig aan beskikbaarheid en word toegepas op die standaard tariewe
- Op sekere bootreise: Bespreek 'n kajuit vir slegs die kinders en betaal 'n verlaagde tarief wat begin by R450 per nag (Binne Kajuit) en R500 per nag (Buite Kajuit).
- Hierdie spesiale aanbieding kan toegepas word vir 'n maksimum van 2 kinders in 'n kajuit en slegs 1 kajuit per gesin.
- Beskikbaar vir 1 volwassene wat 'n kajuit deel met 3 kinders onder 18 jaar oud.
- Ouers betaal die Standaard Gekwoteerde Tarief
terwyl die eerste kind jonger as 18 jaar slegs 60% van die standaard (volwasse) prys vir die kajuit betaal. Die oorblywende kinders betaal slegs verpligte heffings (diensfooie en hawebelasting)
- Kinders onder 18 wat in dieselfde kajuit as hulle ouers slaap, reis verniet (Maksimum van 2 kinders onder 18 en 1 baba onder 2 jaar)
- Kinders moet verpligtigte heffings (diensfooie en hawebelasting) betaal.
- Twee mense tussen 18 en 29 jaar wat 'm kajuit deel, kwalifiseer vir 'n spesiale afslag per kajuit bo en behalwe die Standaard Gekwoteerde Tarief: 'n Afslag van 5% (Binne Kajuit), 8% (Buite Kajuit), 10% (Balkonkajuit of Suite)
- Passasiers bo 60 jaar kan gebruik maak van 'n spesiale afslag bo en behalwe die Standaard Gekwoteerde Tarief: 'n Afslag van 8% (Binne Kajuit), 10% (Buite Kajuit), 12% (Balkonkajuit of Suite)
- Nie van toepassing op Balkon Suites op die MSC Opera nie
- As jy op jou eie reis in 'n kajuit, sal jy in plaas van volprys vir die tweede persoon, slegs 'n 50% bo-belasting betaal.
- 10% Aflsag op die gekwoteerde prys met 'n Een Kategorie Opgradering binne dieselfde kategorie. (onderhewig aan beskikbaarheid).
- Neem asb. kennis dat geen opgraderings vanaf 'n Binne na Buite Kajuit of van 'n Buite na 'n Suite
toegelaat word nie.
- Slegs van toepassing vir 2 persone wat deel.
- Geldig vir tot 6 maande na die troue. 'n Bewys van die trousertifikaat word benodig, of in die geval dat die troue nog moet plaasvind, 'n bewys van die bespreking van die onthaalarea of iets soortgelyk (diskresioneel goedgekeur).
- Vir julle 25ste huweliksherdenking bied MSC 'n R250 afslag per persoon vir julle bootreis-prys.
- Geldig vir sekere bootreise binne 6 maande van julle herdenkingsdatum.
- Vir julle 50ste huweliksherdenking bied MSC 'n R500 afslag per persoon vir julle bootreis-prys.
- Geldig vir sekere bootreise binne 6 maande van julle herdenkingsdatum.
- Beskikbaar op 'n sekere hoeveelheid bootreise wat slegs van Kaapstad af vertrek
- Bespreek en betaal VOLLEDIG 90 dae voordat die skip vertrek.
- Kan nie gekombineer word
met enige ander bootreis spesiale aanbieding nie.
- 'n Maksimum van 2 kinders ONDER 12 (teen die tyd wat die bootreis verby is) kan geakkommodeer word met 2 betalende passasiers in Balkon Suites op beide die Sinfonia en Opera en betaal slegs die verpligte heffings (hawe- en diensfooie).
- Verbinde kajuite ("interleading") is beskikbaar om families te akkommodeer in Kat. 10 Balkonkajuite op die Opera, maar kinders gaan NIE verniet reis wanneer geakkommodeer word in die verbinde kajuit nie.
Diegene wat al met MSC Cruises gereis het, kan lede van die Voyagers klub word. 'n 5% aflag word gegee aan houers van Classic, Silver, Goud en Diamant kaarte; op hul tweede en daarvolgende bootreise. As jy wil sien hoeveel punte jy het, dan teken aan op die webblad met jou rekening, kyk na die menu op die linkerkant van die blad, en klik op die regte plek - jou punte word getoon op die volgende blad.
Spesiale aanbiedinge en afslag word aangebied op geselekteerde bootreise en kan enige tyd onttrek word sonder vooraf kennisgewing. Dit is nie van toepassing op Hoogseisoen en Noord- en Suidwaardste bootreise nie (eerste en laaste bootreis van die seisoen wat skip vanaf Europa en na Suid-Afrika bring). Sekere afslag mag gekombineer word van tyd tot tyd en kan enige tyd onttrek word sonder vooraf kennisgewing.
Die verpligte aanboord diensfooi, hawebelasting en versekering is vaste fooie wat aan die begin van die seisoen vasgestel word. Dit is vooraf betaalbaar saam met die kajuitprys en vorm deel van die finale bedrag om jou bespreking te voltooi. Let wel: Hierdie versekering word NIE ingesluit in Noord en Suidwaartse bootreise ingesluit word nie, en passasiers word veplig om hulle eie versekering aan te skaf en bewys van hierdie versekering aan MSC Bootreise te stuur. Ons beveel aan om TIC reisversekering te gebruik.
Daar is ander voordele ook - as 'n diamant lid, het ek 'n gratis bottel sjampanje gekry op my Durban - Kaapstad bootreis.

Neem asb. kennis as jy dubbele burgerskap het, dat Suid-Afrikaanse burgers slegs met buitelandse paspoorte sal NIE toegelaat word om aanboord te gaan nie.