Young couple posing for a photo on the deck of a cruise ship in Cape Town

Meisie poseer op die dek van 'n boot met Kaapstad in die agtergrond

MSC Sinfonia na Walvisbaai

Wat ‘n lekker vakansie weg van die stad se gejaag was die vaart op die MSC Sinfonia na Walvisbaai nie. Tasse gepak en ons was reg om die vakansie met beide hande aan te pak. Vriendelike personeel het ons verwelkom by die E-berth Duncan Dock in die V&A Waterfront, Kaapstad en die goeie georganiseerde diens van die MSC personeel het gemaak dat ons sommer vinnig op die skip klim om ons vakansie te begin.

boarding msc sinfonia

Ons bagasie was ‘n paar minute nadat ons in ons kajuite voet gesit het , voor die deur afgelewer en dit was tyd om reg te maak? vir die partytjie wat wag. Lieflike weer en die mooi uitsig oor Tafelberg het gemaak dat die vertrekpartytjie buite op die deck geklop het met baie geesdriftigde vakansiegangers.

‘n Lekker verrassing was gewees toe die sangers op die skip in Afrikaans begin sing en die mense begin langarm het. Dit was maar net die begin van ‘n vakansie vol gees, lekker musiek en hope vermaak.

Die MSC Sinfonia het iets vir almal se smaak en gemoed. Deur die dag kan jy uitsien na dansklasse, lewendige musiek, groepsport en sommer net gekskeur? langs die swembad tussen almal se oranje swemhanddoeke? en kleurvolle sambreeltjies wat by hul mengeldrankies uit steek - ‘n ware vakansie atmosfeer.

Saans kan jy ontspan in die teater met ‘n konstert wat deur die MSC Dansers opgevoer word. Talent is volop op die verhoog en mens vergeet soms dat jy in die middle van die see vaar as die dansers jou weg voer met hul passies en roerende musiek. Afhangende van die vaart wat jy kies kan jy uitsien na opvoerings soos “Burlesque” (‘n baie bekende musiekblyspel wat in die rolprent teaters verskyn het met die immergewilde Cher as hoofkarakter) en “Fantasia” wat die kulkunste tot die maksimum tart.

Na ‘n lekker teater sessie is dit tyd om die partytjieskoene aan te trek en die lagspiere te laat roer met? speletjies soos Noot vir Noot, Mnr en Mej Sinfonia en natuurlik karaoke. Loslappie en Jaloersbokkie het na hierdie vaart vir my nuwe betekenis gekry. Saans word die dag afgesluit met ‘n dans in die skip se diskoteek met platejoggies van reg oor die w?reld. Hierdie partytjie is vir oud en jonk en hou gewoontlik tot in die oggend ure aan.
Vir die kinders is daar ‘n klub wat net vir die kinders bedoel is waar hulle vriende kan maak en saam lekker speletjies kan speel. ‘n Speletjieskamer met elektroniese speletjies sal ook help om die kinders uit die kwaad te hou.


As jy so lekker kuier en ontspan kan ‘n mens soms vergeet om te eet, maar dit is gelukkig nie ‘n problem nie omdat daar meer as genoeg is om van te kies en te keur. Soggens van 6:00am tot 10:00am kan daar gesmul word aan ontbyt wat by verskeie restaurante op die skip bedien word. Vrugteslaai vir die gesondes en lekker spek, aartappels, eiers en vars gebakte brood vir die vakansie mae. Middagete strek tussen 12:00pm en 15:00pm waar jou o? daagliks verras word met disse wat hul afkoms het van Europa, Indi?, Amerika en Suid Afrika. Aandete kan tussen 18:30pm en 21:00pm geniet word. Moenie vergeet van die pizzeria wat daagliks 12 ure oop is om die laat nag knubbelaars te laat knaag nie.

Voor ek op die skip gegaan het het ek gewonder hoeveel geld om saam te neem en hoeveel genoeg sal wees om my sosiale lewe te onderhou. So kom ek deel ‘n geheimpie met julle. Hier onder is ‘n paar pryse van drankies wat jy op die skip kan koop en die pryse daarvan. Dis net 'n indikasie en baie ander is nog beskikbaar.

Ietsie Warm:

Espresso $1.25
Macchiato $1.50
Cappuccino $2.00
Caffelatte $2.00
Hot Chocolate $2.10
Tee $1.75

 

Koeldranke:

Soda's $1.90
Appeltiser, Grapetiser $2.60
Ice Tea $2.40
Fruit Juice per glas $1.70
Cordials $0.75
Still Water $2.50
Sparkling Water $2.50

 

Bekende spiritis:

Klipdrift Brandy $3.40
Jack Daniel's $4.50
Absolut Vodka $3.90
Smirnof Vodka $3.40
Mainstay Cane $2.80
Tanqueray Gin $3.90
Beefeater Gin $3.40
Captain Morgan Rum $3.90
Bacardi Rum $3.40
Jose Cuervo $3.90

 

Bier:

Castle Lager $2.40
Hansa Pilsner $2.40
Windhoek Lager $2.70
Black Label $2.40
Savanna Dry $2.70
Hunter's Gold $2.60
Smirnoff $2.70
Brutal Fruit $2.60

 

Wyne:

J.C Le Roux Domaine $7.00
Two Oceans Sauvignon Blanc $13.00
Drosdy-Hof Extra Light $9.00
Boschendal Blanc de Noir $14.00
Bellingham Saint Claire Ros? $10.00
Fleur du Cap Pinotage $19.00
Graham Beck Railroad Red $19.00
Klein Constantia Cabernet Merlot $18.00
Zonnebloem Shiraz $18.00
   

* Pryse is vir 2012 - 2013 seisoen. Pryse mag verander. Die verskillende biere, wyne en spiritis wat hier genoem word word gebruik ter illustrasie. Groot seleksie ander soorte op die skip ook beskikbaar.

Na 'n baie lekker week van vriende, dans en ontspan was dit tyd om die skip te verlaat en terug te keer na die lewe in die stad. Daar is 'n liedjie wat lui " As ek moeg word vir die lewe in die stad, vat ek die wandelpad"....of so iets, maar ek weet wat ek volgende keer sal doen as ek moeg word vir die lewe in die stad, ek bespreek nog 'n vakansie op 'n MSC Skip.