Benodig jy hulp? Ons help graag!

FlySafair Vlugte

FlySafair vlugte is bykans altyd op tyd, met die beste rekord by OR Tambo, Durban en Kaapstad lugahawens vir Augustus 2016!

FlySafair is ’n nuwe Suid-Afrikaanse laekoste-lugdiens wat deur Safair Operations (Edms.) Bpk. besit word. FlySafair mik na tot tien Johannesburg-Kaapse vlugte per dag en sestig per week. Kenmerkend van ’n laekoste-lugdiens, sal etes en drankies aan boord verkoop word, en daar sal geen besigheidsklas-afdeling wees nie. Wat wel vir sommige reisigers vreemd kan wees is die dat FlySafair jou ekstra kos as jy bagasie wil inboek.

Die lugdiens wil hom by wyse van goedkoper vlugpryse, goeie diens en stiptelikheid onderskei.

FlySafair se vloot sal aanvanklik bestaan uit twee Boeing 737-400-stralers, wat voorheen aan Nok Air behoort het en in 1994 gebou is. Nuwerwetse vliegtuie kan straks in die prentjie kom sodra die tandekry-stadium verby is.


FlySafair Roetes

Johannesburg - Kaapstad

Kaapstad - Johannesburg

Johannesburg - Durban

Durban - Johannesburg

Johannesburg - Port Elizabeth

Port Elizabeth - Johannesburg

Johannesburg - Oos Londen

Oos Londen - Johannesburg

Johannesburg - George

George - Johannesburg

Kaapstad - Durban

Durban - Kaapstad

Kaapstad - Port Elizabeth

Port Elizabeth - Kaapstad

Kaapstad - George (Slegs somer maande)

George - Kaapstad (Slegs somer maande)

Kaapstad - Oos Londen

Oos Londen - Kaapstad

 

Bagasie

FlySafair is voorwaarlik Suid-Afrika se eerste ware Lae-Koste Lugredery. Hulle laat slegs 7 kg se handbagasie verniet toe. Indien jy graag 'n tas wil laat inweeg, sal dit jou ekstra kos. Dit is 'n R150 indien jy tas op hulle webtuiste byvoeg voor jou vlug.

Nuus

15 Junie 2016. FlySafair gaan vanaf Augustus-maand Lanseria vlugte ook bied. Hulle gaan daagliks vlieg tussen Kaapstad en Lanseria vanaf die 1ste Augustus 2016 en vanaf die 5de Augustus gaan hulle ook naweek vlugte bied tussen Lanseria en George. Hulle beoog reeds om meer vlugte by te voeg gedurende die besige feesseisoen.

27 Julie 2015. Jy kan nou ook FlySafair vlugte bespreek tussen Oos London, Durban, Johannesburg en Kaapstad. Die lugredery bied vlugte aan tussen JNB-DUR, JNB-ELS, CPT-ELS en CPT-DUR met vlug pryse vanaf R399*. Die eerste vlug op die nuwe roetes stuig op op die 25ste Oktober 2015.

16 Julie 2015. FlySafair het Elmar Conradie as hulle nuwe Hoof Uitvoerende Beampte (HUB) aangestel. Tot op hede het hy die posisie van Hoof Finansiële Beampte van FlySafair beklee. FlySafair het ook planne om nuwe, ligter sitplekke op hul vliegtuiens te installeer bekend gemaak. Dit kan lei tot nog meer besparings wat hulle graag aan hulle kliënte wil oordra.

30 Oktober 2014. FlySafair begin met hulle vlugte tussen Kaapstad en Port Elizabeth vandag. Vlugte verkoop vinnig uit vir November en Desember op hierdie roete so as jy wil vlieg op hierdie roete moet jy vinning spring en 'n kaartjie koop.

07 Oktober 2014. FlySafair gaan tussen Kaapstad en George vlieg met vliegtuigkaartjies so laag as R399*. Hulle sal met SA Airlink en SA Express kompeteer op die roete. FlySafair sal egter die enigste laekoste-lugdiens wees wat op hierdie roete gaan vlieg. Kom ons hoop dat die lugredery sal aanhou uitbrei!

29 Julie 2014. FlySafair se eerste vlug sal op die 16 Oktober 2014 opstuig. Nadat die lugredery in hulle spore gestop was in September verlede jaar omdat hulle eienaarskap struktuur nie ooreenstem met die Suid-Afrikaanse reëls en regulasies nie het hulle die maatskappy geherstruktureer en hulle lisensie terug gekry. Hulle eerste vlug roetes sal tussen Kaapstad - Johannesburg en Kaapstad - Port Elizabeth wees.

14 Oktober 2013. Na die hofuitspraak van 8 Oktober 2013, nadat 'n dringende interdik van Safair se kompetisie teen hulle toegestaan is, het die nuwe laekoste –lugdiens die volgende verklaring gemaak:

“Ongelukkig en teenstrydig met ons verwagtinge, het die hof ‘n interdik toegestaan aan ons kompetisie. Hier bevel verhoed ons om operasioneel te begin fuksioneer totdat die Lugdiens Lisensiërings Raad ‘n finale besluit gemaak het wat aan Safair die geskeduleerde lisensie toegestaan het en, nadat dit deur die hof hersien is”, sê Dave Andrew, hoof uitvoerende beampte van FlySafair.

“Ons verstaan dat as ‘n lugredery het ons ‘n plig en ‘n verbintenis aan die duisende passasiers wat al reeds vlugte deur ons bepreek het, en net so belangrik, die 300 werknemers wie se lewens beinvloed sal word deur die hof se uitspraak. Ons direksie oorweeg huidiglik alle beskikbare opsies aangesien ons toegewyd is om FlySafair te loods.”

Selfs al is die onmiddelike terugvoer wat van FlySafair ontvang was, nie waarvoor gehoop is nie, bly die lugredery vol vertroue dat die saak opgelos kan word. Alhoewel hierdie interdik ‘n impak het op die maatskappy se onmiddelike vermoë om te kan vlieg, het hulle geen twyfel dat hulle binnekort weer in die lug sal wees nie.

Oorspronklik het die Lugdiens Lisensiërings Raad op 23 Augustus 2013 vir Safair beperkte toestemming gegee om die laekoste-lugdiens FlySafair te begin. Kompitisie het egter negatief op hierdie nuwe kompetisie gereageer en het toe ‘n dringende interdik aangevra in ‘n poging om hierdie redery te verhoed om hulle vlugte te loods.

“Die Lugdiens Lisensërings Raad het ooreengekom dat Safair alle nodige regulasies nakom het soos per die Lisensie Akte No. 115 van 1990, en daarom het ons die lisensie aan hulle toegestaan om besigheid te doen. Die hof het egter gesê dat die kompitisie die kans gegun moet word om die Raad se besluit te heroorweeg. Ons neem elke stap om te verseker dat die Raad se besluit behoorlik bevestig word,” sê Andrew.

Selfs al verhoed die interdik FlySafair om operationeel te wees, afhangende van die uitkoms van die hersiening deur die Lugdiens Lisensiërings Raad, is passasiers wat reeds kaartjies bespreek het, nie in gevaar om hulle geld te verloor nie.

“Ons het alle nodige voorsorgmaatreëls getref om ons kliente te beskerm indien alles nie volgens plan verloop nie. Volgens onderhandelinge met alle groot banke en waarborge gegee aan die Lugdiens Lisensiërings Raad, is passasiers gewaarborg dat hulle geld ten volle terug betaal sal word indien hulle verkies om te kanselleer in plaas daarvan om hulle vlugte uit te stel, tot die tyd wat FlySafair ten volle operationeel sal wees”. sê Andrew.

Hy voeg toe dat die hof Comair, die eiser in die saak, die opdrag gegee het om FlySafair se passasiers te akkommodeer deur die kaartjie pryse en reis datums te eer soos ooreengekom met FlySafair.

“Die voordeel vir ons passasiers is dat FlySafair die hoeveelheid goedkoop vlugte in die binnelandse mark vermeerder het, en dat ons die algemene pryse in die industrie na ‘n verlaging gedryf het, wat Comair nou sal moet eer soos volgens die bevel.”

“Selfs al is hierdie ‘n terugslag vir FlySafair, is ons positief dat ons hierdie hindernis sal oorkom, en ons sien uit om Suid-Afrika met ‘n nuwe alternatiewe binnelandse redery te voorsien om meer kompitisie te verseker en verlaagde pryse in die toekoms,” sluit Andrews mee af.

flysafair-plane-in-cape-town

Aangaande Safair

n Kwart van Safair Operations word deur die Ierse ASL Aviation Group besit en 75 % deur Suid-Afrikaanse sakelui (die minimum-persentasie plaaslike eienaarskap wat vereis word om binnelandse vlugte in Suid-Afrika te bedryf). Die sakemanne met die driekwart-aandeel is Dave Andrew, Elmar Conradie en Hugh Flynn (al drie is direkteure van Safair). Safair het meer as veertig jaar ondervinding in die instandhouding van vliegtuie en ook wat opleiding en huurvlugte aanbetref. Safair bied ondersteuningsdienste vir die meeste plaaslike lugdienste – wanneer ’n vliegtuig van ’n gevestigde lugdiens buite diens gestel is, sal Safair dikwels tot die redding kom en een van hul eie vliegtuie verskaf.

27 Augustus 2013: FlySafair kry die groen lig van die Suid-Afrikaanse Raad vir Lugdienslisensiëring om met gereelde kommersiële werksaamhede in Suid-Afrika te begin. "Ons is uiters opgewonde oor hierdie nuwe hoofstuk in Safair se geskiedenis en sien daarna uit om Suid-Afrika se vlieënde publiek verder te dien. Met digby vyftig jaar lugvaartondervinding, tesame met ons bewese uitmuntendheid binne die vliegbedryf, verteenwoordig die stigting van FlyAir 'n natuurlik evolusie van ons onderneming. Hoewel baie mense al te kenne gegee het dat die lugvaartbedryf op die oomblik ongunstig is vir nuwe toetreders, wil ons graag die publiek daaraan herinner dat ons reeds byna 'n halfeeu met kommersiële vlugte gemoeid is en ons twyfel glad nie daaraan dat FlySafair die binnelandse mark slegs verder sal laat groei nie. Vanweë ons goeie naam vir sukses, wil ons dit noem dat ons nuwe lugdiens met bedrewenheid sal funksioneer en bied ons die hoogste standaarde van voortreflikheid en diens aan ons klante – alles teen 'n prys wat hulle kan bekostig. Ons sien daarna uit om u weer aan boord te verwelkom," sê Dave Andrew, hoof- uitvoerende beampte van Safair.

 

Werk vir FlySafair

As jy daarin belang stel om vir FlySafair te werk, stuur jou CV na recruitment@flysafair.co.za

 

Ander moontlike nuwe toetreders

Die stigting van FlySafair volg kort ná pogings deur Fastjet en Skywise Airlines om met vlugte in Suid-Afrika te begin. Dit was nadat 1time en Velvet Sky nie die mas kom opkom nie. 'n Ander moontlike toetreder is PakAfrica Aviation, wat 1time Holdings probeer koop.

FlySafair vliegtuig in die donker by Kaapstad Lughawe