![]() |
|
Moenie skrik as jy ‘n helder oranje vliegtuig sien nie, dis net Mango se amptelike kleur en oranje vliegtuie vlieg net so goed soos wittes. Mango Lugredery is ‘n Suid-Afrikaanse lae koste lugredery (die ander twee is Kulula en FlySafAir) en ‘n filiaal van SAL (Suid-Afrikaanse Lugrederye) wat tans onder staatbesit is.
Mango se eerste vlug het plaas gevind op 15 November 2006 tussen Johannesburg en Durban. (See Mango flights for the english version of this page)
Daar moet onderskei word tussen die bagasie wat jy ingee by die "check-in" lessenaar en die wat jy saam met jou op die vlug neem om bo of onder jou sitplek te stoor. Die word onderskeidelik "check-in"-baggasie en handbaggasie genoem.
Passasiers mag slegs 20kg se gratis "check-in" bagasie saambring, en babas mag 10kg hê. Indien jy hierdie gewigsbeperking oorskry sal jy ten duurste betaal vir elke kilogram wat jy oor die beperking is. Tasse wat meer as 32 kg weeg kan egter nie op die vliegtuig geakkommodeer word nie.
Mango is die enigste lae-koste lugredery wat meer as een tas per passasier toelaat, maar dit mag nie groter wees as 55cm x 40cm x 20 cm nie. Die twee tasse moet egter altesame nie meer as 20 kg weeg nie.
Handbaggasie reëls word deur ACSA gemaak aangesien dit die veiligheid van passasiers op die vliegtuig kan raak. Passasiers mag twee items aan boord die vlug neem, 'n handsak/skootrekenaar-skouersak en 'n klein rugsak/tas. Die tweede item mag onder geen omstandighede meer as 7 kg weeg nie en mag nie groter wees as 36 cm x 23 cm x 56 cm nie.
Albei items moet kan pas binne die oorhoofse stoorarea op die vlugtuig of onder jou sitplek. As die lughawe personeel nie glo dat dit hier binne kan pas nie, kan hulle van jou vereis om dit saam met jou ander bagasie in die vliegtuig se romp te laat stoor.
Daar is ook beperkings op wat jy in jou bagasie mag saamneem. Kyk bietjie na Mango Bagasie vir huidige besonderhede. Mango maak ook voorsiening vir die vervoer van sportstoerusting en musiek instrumente, maar ekstra kostes kan van toepassing wees en dit moet vooraf gereël word.
Johannesburg (OR Tambo) - Kaapstad |
Kaapstad - Johannesburg (OR Tambo) |
Johannesburg (OR Tambo) - Durban |
Kaapstad - Laseria |
Johannesburg (OR Tambo) - Port Elizabeth |
Kaapstad - Durban |
Johannesburg (OR Tambo) - George |
Kaapstad - Bloemfontein |
Johannesburg (OR Tambo) - Port Elizabeth |
Durban - Johannesburg (OR Tambo) |
Johannesburg (OR Tambo) - Zanzibar |
Durban - Laseria |
Zanzibar - Johannesburg |
Durban - Kaapstad |
George - Johannesburg (OR Tambo) |
Lanseria - Kaapstad |
Port Elizabeth - Johannesburg (OR Tambo) |
Lanseria - Durban |
Vodacom het ‘n venootskap aangegaan met WirelessG om hierdie diens te verskaf. Jy het die opsie om per minuut te betaal of jy kan op die vlug 'n bondel koop wat aanvanklik goedkoper sal uitwerk. Die stelsel maak gebruik van ‘n satelliet verbinding en jy kan ‘n spoed van tot en met 4Mbps verwag.
Volgens Mr Nico Oosthuizen, die Hoof Uitvoerende Beampte van Mango: “In ‘n hoogs mededingende mark waar alles soos hoender proe, is dit vir ons belangrik om soos rooivleis te proe. Oorsponklikheid is die hoeksteen van ons bedryf, gesamentlik met volhoubare, lae pryse.”
Dit is moontlik vir Mango om iemand aan te stel by die lughawe om u te help en om u rolstoel op die vliegtuig te stoor. Bel asseblief 011-086-6100 om ‘n plek te bespreek, aangesien spasie beperk is.
Mango se vloot bestaan uit 8 nuwe generasie Boeing 737-800's, waarvan ses uitgerus is met wifi fasiliteite. Hulle huur ses van die B737-800's by SAL, wat in ruil weer die vliegtuiens huur by die huurmaatskappy Gecas. Gecas besit die vliegtuiens.
U hoef nie meer tevrede te wees slegs met die gewone ekonomiese klas kaartjies nie. Mango Flex kaartjies laat u toe om die datum, tyd en bestemming te verander sonder enige verdere kostes. Mango Plus gaan nog verder deur passasiers toegang te gee tot die luukse besigheidsklas wag area. U kry ook 10kg ekstra bagasie en geskenkbewyse vir etes. Ons het gevind dat Mango Flex soms goedkoper is as die gewone kaartjies.
Foon nommer (binne SA) |
Oproepsentrum (buite SA) |
Algemene navrae |
Internet besprekings |
0861 100 1234 0861 010003 (groep besprekings) |
Johannesburg: |
enquiries@flymango.com 0861 010002 (Gaste Sorg) 0861 010211 (Terugbetalings) |
Mango : TIP 1 - Kyk eers hoeveel 'n Mango Flex kaartjie kos, hul is soms goedkoper. |
Benodig hulp of advies? Ons konsultante is gereed om the help! Kliek hier! |
Daar is vyf verskillende maniere om by Mango te betaal vir jou vlug:
Gebruik jou kredit kaart,
Gebruik jou Edgars rekening (ekstra kostes),
‘n Kontant betaling,
Met ‘n geskenkbewys,
POLi, elektroniese betalings en debiet kaarte (jy moet ingeskryf wees op jou bank se internet sisteem om van dit gebruik te maak).
Jy kan ook vlugte bespreek by alle Shoprite, Checkers en Checkers Hyper Geld Kiosks regoor Suid-Afrika.
Legendariese MSC Sinfonia komediant, Stephan Cloete, het dit te se oor Mango: “Nou kry ons vir Mango Lugdienste, ek wonder wie aan die naam gedink nie, dis nie asof dit die vinnigste vrug in die wêreld is nie? Ek sal dit graag in Afrikaans wil sien, Veselperske Lugdienste!”
Hieronder is 'n gesimuleerde landing van 'n Mango Lugrederye vliegtuig by Kaapstad se lughawe:
As jy wil aansoek doen vir 'n werk by Mango, gee jou CV in by Johannesburg of Kaapstad se lughawens. Jy kan ook Mango HR bel by 011 978 1773.
Lees gerus wat passasiers wat met Mango vlieg te se het oor die lugdiens. Stuur gerus terugvoering na reis@ritsgids.co.za
Ek is fisies gestremd en maak gereeld gebruik van Mango. Voorheen het ek met ander lugrederye gevlieg en was altyd as ‘n laslappie behandel. Ons gestremdes was altyd agter in die vliegtuig geplaas, meestal langs die rasende enjins. By Mango word gestremdes baie spesiaal behandel. Meestal word ons eerste ingelaai en gemaklik gemaak voordat die ander passasiers opklim. Bravo aan Mango! Doen so voort ! Julle is sterre. 5 uit 5!
Ek was gisteraand op vlug JE 165 vanaf OR Tambo na Kaapstad 18:30.
Ek het by die lughawe aangekom, met my sitplek geboek by die exit, omdat ek 'n probleem het met spasie vir my bene in ander sitplekke. Ek het net gesit toe ek meegedeel word dat daar nie extensies op my sitplek gordel gedoen kan word nie. Ek word toe geskyf na 'n ander sitplek voorin die vliegtuig, waar ek toe te lande kom langs 'n baie arrogante klein Engelsman. Ek kon nie gemaklik sit nie, want ek mag nie aan hom raak nie. Hy het tot foto's van my geneem hoe my been & skouer aan hom raak.
Toe ek die vlug personeel daarop atent maak, vertel hulle my dat hy "n Gentleman" is. Wat is ek dan? Word 'n mens nou al op jou voorkoms ook
geoordeel of is dit omdat ek "wit" is. Ek mag nou wel nie so klein wees soos hy nie, maar ek het ook betaal en toe het niemand gevra of dit kleingeld is of note nie. Ek het baie "embarrased" gevoel tussen al daardie mense. Dirk.
Die 26ste Maart 2013 het ek saam met my ouers gevlieg met Mango vanaf Jhb na Kaapstad. My ouers het verhuis na Gordons Baai, my pa is 74 en my ma 73. My pa is in 'n rolstoel. Ek was bekommerd want hy kan glad nie opstaan nie. Sy kniee het heeltemal ingegee en sy bene is baie seer. Die personeel van vlug JE 129 was baie behulpsaam en het hom so mooi hanteer. Hy is nogal 'n groot man en baie swaar. Hulle het hom regtig spesiaal laat voel en nie eenkeer seer gemaak nie. Baie dankie aan die personeel van Mango vir uitstekende diens van daai oggend.