Vlug Pryse

Afrikaans is die taal van my hart

Bespreek jou vlug nou

Vra hulp - ons help jou graag.
SAL Vliegtuig

SAL Vlugte

Om 'n goedkoop vlug op SAL te bespreek:

  1. Gebruik die vlug soek enjin aan die linkerkant van hierdie blad om die goedkoopste vlugte te soek en te bespreek.

  2. Gebruik Ritsgids reiskoeponne om afslag op vlugte te kry. As jy nog nie Ritsgids koeponne het nie, begin dit nou versamel, sommer op hierdie SAL vlug - skryf en stuur vir ons 'n resensie van jou vlug en ons sal vir jou reis koeponne stuur wat op die volgende vlug gebruik kan word wat jy op ritsgids.co.za bespreek. Stuur jou resenie na reis@ritsgids.co.za

    'n Onlange opinie oor 'n SAL vlug van 'n leser:
    Ons het na Port Elizabeth met Mango wat baie goed was (5) en in baie slegte weer 'n uitstekende landing gehad. Terug met SAA en volgens my ook 'n 5 . Die diens was beide kante toe baie goed.
    - Rhona

Meer oor SAL

SAL (Suid-Afrikaans Lugdienste) is Suid-Afrika se nasionale lugdiens wat deur die regering besit word (Mango Lugdienste word besit deur SAL). SAL verskaf die meeste binnelandse vlugte asook internasionale vlugte vanaf en na Suid-Afrika. Moet net nie die spotgoedkoop pryse verwag van die ander lugrederye soos Kulula nie. SAL is bekend vir hulle uitstekende, omvattende diens met etes en drankies ingesluit.


Vlugbesprekings

Toelaatbare bagasie

Vliegtuie

SAL Vlugbesprekings

Foon nommer (binne SA)

Oproepsentrum (buite SA)

E-Pos Navrae

Internet besprekings

Navrae: 0861 359 722

Besprekings: 011 978 1111

+ 27 11 978 5313

+27 11 978 1111

help@flysaa.com

Vergelyk en bespreek vlugte aanlyn

 

Benodig hulp of advies? Ons konsultante is gereed om the help! Kliek hier!

 

Bagasie Beperkings

Passasiers word toegelaat om een stuk bagasie van maksimum 23kg as inteken bagasie saam te neem sowel as handbagasie van 8kg. Let asseblief dat die handbagasie nie die maksimum grote in dimensies mag oorskry nie. Bagasie wat meer weeg as die aanvaarbare gewig, sal beboet word per kilogram wat dit oorgewig is.

SAL Vliegtuie

SAL het onlangs hul vloot uitgebrei met splinternuwe vliegtuie. Vandag is SAL die trotse eienaars van:

Airbus A319-100

11

Airbus A320-200

2

Boeing 737-800

13

Airbus A330-200

6

Airbus A340-200

1

Airbus A340-300E

8

Airbus A340-600

9

Kyk gerus hier hoe die beeld van SAL Vliegtuie oor die jare verander het

Roepsein & IATA kode

Roepsein: SPRINGBOK
IATA kode: SA
ICAO kode: SAA

Vertraagde SAL Vlugte

Vanaf 1 Januarie 2005 tot en met 31 January 2007 was 24% van internasionale vlugte en 23% van binnelandse vlugte vertraag.

Oor-besprekings op SAL Vlugte

In die verlede het SAL passasiers vergoed wat as gevolg van oor-bespreking nie 'n vlug kon haal nie. Hierdie beleid is 14 Oktober 2006 onttrek en passsasiers kan nie meer aanspraak maak op vergoeding nie.

SAL Loodse

SAL is besig om die aantal swart loodse aan te vul met hul nuwe program aangaande swart kadette. Ander binnelandse lugrederye het nog nie dringend die situasie aangespreek nie.

SAL Veiligheid

Vanaf 1970 tot 2000 was daar sowat 1.6 milljoen vlugte met 1 noodlottige ongeluk (0.6% noodlottige ongeluke per miljoen vlugte). Die enigste noodlottige ongeluk het plaas gevind gedurende 1987 toe 'n 747- 200 Combi (die Helderberg) in die Indiese osean tussen Taiwan en Suid-Afrika neergestort het. Daar het 'n vuur op die vrag dek ontstaan en al 19 bemanningslede en 141 passasiers het omgekom. Die vlug was oppad vanaf Chiang Kai Shek Internasionale Lughawe na Johannesburg via Mauritius.

SAL Skytrax gradering

SAL het 'n 4 ster gradering gewerf by Skytrax. In 2007 het Skytrax SAL as die beste lugredery in Afrika benoem.

SAL bemarking

Meeste besprekings word met behulp van die Internet gedoen. Anders as British Airways, Air France, Emirates, Virgin Atlantic and KLM het SAL geen bemarkingsooreenkomste met ander maatskappye nie en hul advertensie veldtogte het nie so 'n groot impak gehad op Southafrica.to gebruikers as byvoorbeeld British Airways nie.

Luister na hierdie Afrikaanse Radio advertensie wat destyds gespeel het vir SAL om hul vlugte te bemark.

Sawubona magazine

Sawubona beteken 'vriendelik groete' in Nguni. Sawubona is die naam van SAL se tydskrif wat u kan geniet op u internasionale of binnelandse vlug.

SAL Raadslede

SAL se raadslede is baie gewild! SAL se CEO (Khaya Ngqula) dien op 23 rade en die voorsitter (Jakes Gerwel) hou 26 direkteurskappe . Tussen 10 SAL raadslede word 136 direkteurskappy gehou. Dit blyk dat SAL baie van hul tyd gee om ander maatskappye se probleme op te los.

Regsentiteit

South African Airways (Proprietary) Limited Reg. No. 1997/0022444/07.

Filiale van Suid-Afrikaans Lugdienste

Airchefs (Pty) Ltd
Airchefs International (Pty) Ltd
SAA City Centre (Pty) Ltd
SAA Technical (Pty) Ltd
International Aviation Personnel (Pty) Ltd
Air Tanzania (Pty) Ltd (Tanzania)

Terugvoering van passasiers

Lees gerus wat passasiers wat met SAA vlieg te se het oor die lugdiens. Stuur gerus terugvoering na reis@ritsgids.co.za

25 Julie 2012 - "Country Gourmet Traveller"

"Country Gourmet Traveller" het 'n SAL vlug vanaf Kaapstad na New York via Johannesburg en Dakar geniet en het SAL as een van sy gunsteling lugrederye beskryf. Volgens "Country Gourmet Traveller" was hy veral beindruk met die been spasie en uitstekende diens. Alhoewel die toebroodjie met maalvleis nie baie lekker was nie, was die hoender hoofgereg heerlik. Die fliek keuses was 'n bietjie beperk, maar hy het lekker geslaap en dit het dus nie juis saak gemaak nie. Die diens was uitstekend deurentyd en hulle het baie goed omgesien na al die passasiers.

 



Ons taal kook; en so kan ons ook. Kom ons praat die taal en lag in ons eie Afrikaans.

Afrikaans is lekker op die tong

comments powered by Disqus