Daar is niks so erg soos om ongemaklik te sit in die middel sitplek op 'n 14 uur lange vlug van die Middel-Ooste na die VSA nie! Behalwe as jou duur Franse vonkelwyn uit jou handbagasie gekonfiskeer word omdat dit meer as 100 ml vloeistof is. Volg ons wenke om te verseker dat jou vlug seepglad verloop!
Dit gaan nie alles oor die prys nie, gerief is ook belangrik. FlySafair word dikwels geprys vir die ietwat meer beenspasie wat hulle passasiers bied. Ander lugrederye bied ook gemaklike sitplekke, dit is net belangrik om te weet waar om hulle te vind! Volg die skakels om te kyk hoe ons Kulula en Mango (die laeprys-lugdienste) met mekaar vergelyk, asook BA en die Suid-Afrikaanse Lugdiens (lugrederye wat volledige dienste verskaf).
Sodra jy jou lugdiens gekies het, is jou volgende uitdaging om die gerieflikste sitplek te kry (dit blyk uit ’n opname deur die vlug-soekenjin Skyscanner dat sitplek 6A die gewildste is. Die rede is dat dit voor genoeg in die vliegtuig is vir die persoon om die vliegtuig gou te kan verlaat, asook om vroeg met etes bedien te word, maar nie te naby aan die vlugkombuis/toilet is nie). Onthou egter dat gesinne met klein babas gewoonlik verkies om voor te sit omdat dit is waar die bababedjies gevind word.
Let daarop dat die Burgerlike Lugvaart-owerheid nie mense soos die volgende sal toelaat om in die ry by die nooduitgang te sit nie: (1) mense wat nie opdragte in Engels kan verstaan of uitvoer nie; (2) passasiers wat grotendeels doof of blind is; (3) kinders jonger as twaalf, babas ingesluit; (4) diegene wat iemand anders vergesel wat in ’n noodgeval hulp nodig sal hê.
Dit is verstandig om te weet wat die beperkings op bagasie is en vir mense om hul bagasie te weeg voordat hulle na die lughawe vertrek. Indien vermoed word dat die pakkaas te swaar gaan wees vir die skaal by die vertrektoonbank (gewoonlik 20 kg vir binnelandse vlugte en tussen 20-30 kg vir internasionale vlugte), kan van die baadjies en truie uit die koffers gehaal en aangetrek word. Jy kan selfs sekere artikels in jou sakke prop. As die bagasie steeds die toegelate gewig oorskry, onthou dat dit soms goedkoper is om koeponne vir ekstra bagasie aanlyn te koop wanneer jy vir die vlug bespreek as om dit by die lughawe te kry. Let wel daarop dat alle lugrederye 'n maksimum van 32 kg kan toelaat in stuk bagasie. Enige stuk wat meer as dit weeg sal moet vervoer word as vrag.
As jy en iemand anders saamreis, pak die helfte van jou besittings in jou eie reistas en die ander helfte in die van jou metgesel, wat dan natuurlik weer die helfte van sy of haar eie pakkasie aan jou sal toevertrou. Sou dit gebeur dat een van julle se bagasie onderweg vertraag word, het julle darem altwee toegang tot sekere van jul noodsaaklike items.
Dit is altyd raadsaam om die lugredery waarvan jy gaan gebruik maak se webwerf te besoek voordat jy jou tas pak, aangesien sekere items slegs in jou handbagasie of inteken bagasie toegelaat word. Ander items mag weer glad nie op 'n vliegtuig geneem word nie weens potensiele gevaar.
Die mees algemeenste beperking is op die hoeveelheid vloeistof wat mens in jou handbagasie mag neem. Geen bottel of houer mag meer as 100 ml bevat of kan bevat nie. Indien jy graag 'n groot bottel water wil neem, koop dit eerder by een van die lughawe se belastingvry winkels (gevind na sekuriteit en paspoort beheer) waar hulle dit vir jou behoorlik kan seel. Parfuum en ander sulke items kan ook daar aageskaf word en geen beperkings is van toepassing nie.
Na aanleiding van onlangse artikels in die nuus, is daar kriminele wat graag misbruik maak van die gereg en misdade pleeg wanneer jou vliegtuig in die middel van nerens is nie. Na aanluiding van die koerant berigte is hierdie veral algemeen op SAL vlugte na die Ooste en die Suide van Amerika. Dit is egter nie beperk tot een lugredery of roete nie, en misdadigers sal altyd steel as hulle die geleentheid kry.
Daarom moet 'n mens altyd jou mees waardevol items op jou lyf hou. Maak seker jou paspoort, kontant, bankkaarte en waardevolle juwele is altyd op jou. 'n Diskrete geldgordel is baie waardevol in hierdie opsig! Stoor groter waardevol items soos selfone en skootrekenaars onder die sitplek voor jou eerder as in die oorhoofse stoorspasie en moet dit nooit alleen los nie, selfs nie eers om vinnig badkamer toe te glip nie.
10 wenke om ’n vliegtuigongeluk te oorleef
Indien daar enige twyfel by jou was, direkte vlugte is altyd gemakliker! Met 'n groot aantal direkte vlugte vanaf Johannesburg, Kaapstad en Durban, kan jy sommer vinnig in Londen aanland om vir die Koningin te gaan koekeloer, of in New York vir 'n biedjie inkopies.
Hier onder sal jy lyste sien van gereelde, direkte vlugte vanuit Johannesburg, Kaapstad en Durban.
As jy in Johannesburg, Gauteng bly, lê die hele wêreld wawyd oop voor jou voete. Hierdie lys is nie volledig nie, maar net 'n voorbeeld van al die wonderlike bestemmings wat so maklik is om te bereik.
Bestemming |
Lugrederye |
|---|---|
Abu Dhabi |
|
Amsterdam |
KLM |
Atlanta |
Delta Airlines |
Cairo |
Egyptair |
Doha |
Qatar Airways |
Dubai |
|
London |
|
Frankfurt |
Lufthansa, SAL, bmi |
New York |
SAL, United Airlines |
Sao Paulo |
SAL |
Zurich |
Swiss Air |
Soos jy kan sien van hierdie tabel, is die Midde Ooste, Europa, Noord-Amerika en selfs Suid-Amerika reg om verken te word. As jy lus het vir 'n stad met 'n polsende hart klop, wat nooit gaan slaap nie en al in hordes rolprente was, is New York vir you. Gaan wandel deur Central Park met 'n stomende koppie koffie en verbeel jou jy is een van die akteurs van "Friends". Wanneer ek eendag New York toe gaan, gaan ek net hand bagasie saam vat. Ek sal daar vir my 'n massiewe tas koop en dit vol prop met die nuutste modes!
Onthou om al die lugrederye se vlug pryse te vergelyk voor jy bespreek. Dit kan jou goedkoper uitwerk as jy nie direk vlieg nie, maar via Dubai of Frankfurt, as voorbeeld.
Vir die Kapenaars is daar ook 'n wye verskeidenheid bestemmings om van te kies. Hierdie lys is nie volledig nie, maar sal vir jou 'n goeie idee gee van watter bestemmings eintlik baie naby is.
Bestemming |
Lugrederye |
|---|---|
Doha |
|
Dubai |
Emirates, SAL |
Istanbul |
|
London |
British Airways |
Mauritius |
Air Mauritius |
Parys |
Gaan spandeer gerus tyd in London om bietjie te delf in die ryk geskiedenis van hierdie eeue oue stad. Vol geprop met museums (wat meestal verniet is), kan jy kies tussen uitspattige moderne uitstallings in die Tate Modern, of die asemrowende portrette in die National Portret Gallery. Daar is uitdagende dans klubs wat jou sal wakker hou vir twee dae en pragtige groen, rustige tuine en outydse kroeë om jou tyd mee te verwyl. Ek het self 8 jaar van my lewe spandeer in hierdie wonderlike stad, en dit voel steeds asof daar baie is wat ek gemis het.
Vir die wat nou wonder hoekom New York van die lys af verdwyn het, jy kan wel daar uitkom, maar via Johannesburg.
Daar is nie 'n verskriklike lang lys van direkte, internasionale vlugte vir ons vriende in KZN nie. Julle sal eers Johannesburg toe moet gaan om nou rerig die wêreld te gaan sien.
Bestemming |
Lugrederye |
|---|---|
Dubai |
Emirates |
Dubai is natuurlik 'n wonderlike plek om te besoek. Duikers sal in die sewende hemel wees en sal ure kan verwyl in die warm waters saam met die reënboog vissies en korale. Die stad selfs is ook uiters aanskoulik, met wolkekrabbers wat letterlik aan die wolke raak (wanneer daar wolke is, dit is mos eintlik woestyn wêreld die) en reusagtige winkels met enigiets wat jy soek.
Suid-Afrika mag dalk aan die suidelik puntjie van die magtige Afrika en amper in die middel van nêrens wees, maar ons hoef nie te voel asof ons af gesluit is van die wêreld nie. In teen deel, met meer gereelde direkte vlugte, raak die wêreld al hoe kleiner.
Op soek na 'n goedkoop vlug? Ons het 20 wenke om 'n goedkoop vlug te kry wat jou kan help om groot te spaar!