![]() |
Benodig jy hulp? Ons help graag! |
British Airways is 'n lugdiens wat sy hoofkantoor in die Verenigde Koninkryk het en hoofsaaklik vlugte vanuit Londen aanbied. Sy Suid-Afrikaanse franchise word deur Comair bedryf (wat ook vlugte onder die Kulula-vaandel hanteer).
Om 'n goedkoop vlug op BA te bespreek:
Gebruik die vlug soek enjin aan die linkerkant van hierdie blad om die goedkoopste vlugte te soek en te bespreek.
Gebruik Ritsgids reiskoeponne om afslag op vlugte te kry. As jy nog nie Ritsgids koeponne het nie, begin dit nou versamel, sommer op hierdie BA vlug - skryf en stuur vir ons 'n resensie van jou vlug en ons sal vir jou reis koeponne stuur wat op die volgende vlug gebruik kan word wat jy op ritsgids.co.za bespreek. Stuur jou resensie na reis@ritsgids.co.za

Foon nommer (binne SA) |
E-Pos Navrae |
Internet besprekings |
Navrae: 011 921 0222 |
Vergelyk en bespreek vlugte aanlyn |
Passasiers op BA Comair-vlugte is geregtig op gratis inweegbagasie, beperk tot 'n sekere hoeveelheid items afhangende van die kajuitklas en dienspaket.
Die inweegkoffer word tot 90 cm (L) x 75 cm (B) x 43 cm (H) in grootte en 'n gewig van 23 kg beperk. Koffers swaarder as 23 kg maar ligter as 32 kg is onderhewig aan 'n swaarkoffer-heffing. Reiskoffers swaarder as 32 kg moet as vrag vervoer word. Vir koffers bykomend tot die wat ingevolge die gratis vergunning vervoer word, moet ekstra betaal word.
Kajuitklas / Dienspakket |
Vergunning |
Klub (vanaf Suid-Afrika) |
2 Koffers |
Klub (buite Suid-Afrika) |
2 Koffers |
Reisiger (vanaf Suid-Afrika) |
1 Koffer |
Reisiger (buite Suid-Afrika) |
1 Koffer |
BA Ekslusiewe Klub (Silwer & Goud) |
2 Koffers |
BA Ekslusiewe Klub (Platinum) |
2 Koffers |
Kinders |
Dieselfde as vir volwassenes + stootkarretjie + motorsitplek |
Babas |
1 Koffer + stootkarretjie + motorsitplek |
Sport & Musiektoerusting |
Deel van gratis inweegbagasie |
Troeteldiere |
Nie deel van die gratis inweegbagasie nie |
Vuurwapens |
Nie deel van die gratis inweegbagasie nie |
Vir volledige besonderhede oor inweegbagasie-items kyk asseblief by www.ba.com (wat ook die amptelike besonderhede is, sou dit van die bogenoemde verskil).
Handbagasie: Beperk tot 1 item per passasier (met ’n gewig van hoogstens 7 kg met die afmetings 56 cm x 36 cm x 23 cm (115 cm) + handsak of skootrekenaar of aktetas.
LOFO (’n akroniem wat uit die frase “Last On First Off” gevorm is): LOFO-bagasie word nie langer op BA Comair-vlugte toegelaat nie. Passasiers wat meer saamdra as wat hulle toegelaat word om te doen (in gewig, grootte of die getal items) sal na die inweegtoonbank teruggestuur word om hierdie bagasie te laat inweeg en sal enige toepaslike gelde moet opdok. Dit kan meebring dat ’n passasier wat reeds aan boord is die vliegtuig moet verlaat en dat hy of sy self die koste moet dra van enige verliese wat gely word. Sou Comair weens onvoorsiene omstandighede wel handbagasie in die vragruim moet vervoer, moet alle waardevolle artikels eers uit die bagasie verwyder word. Die rede is dat Comair nie die verantwoordelikheid aanvaar vir die verlies van waardevolle artikels uit ingeweegde bagasie nie, soos dit ook in Comair se vervoervoorwaardes uiteengesit word.
British Airways bied dikwels vliegmyle aan lede van sy Executive Club (hul ekwivalent van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se Voyager-program). Klik op hierdie skakel om aan te sluit by British Airways Club Class en begin die voordele geniet (myle, afsonderlike toue voor die inweegtoonbanke op sekere lughawens, ens. ...).
British Airways het 'n vierster-gradering van Skytrax ontvang. Skytrax is die maatskappy wat vliegtuie en lugdienste reg oor die wêreld gradeer en resseseer.
South African Technical (SAT) is aangestel om die vliegtuie van BA Suid-Afrika in stand te hou en te herstel.
Sedert 15 Maart 2012 word Woolworth-etes nie meer op British Airways Comair-vlugte bedien nie. Pleks daarvan word die kos deur Food Directions, Comair se eie spyseniersmaatskappy, verskaf.
In die Traveller-dienspakket, op kort vlugte van minder as 'n uur (JNB-DUR, DUR-JNB, DUR-PLZ, PLZ-DUR), is kosjer die enigste spesiale ete wat British Airways aanbied. In die Club-dienspakket geld die volgende spesiale etes:
British Airways (bestuur deur Comair Beperk) behartig:
Vlugte na Johannesburg |
Kaapstad na Johannesburg |
|
Durban na Johannesburg |
|
Gaborone na Johannesburg |
|
Londen na Johannesburg |
|
Maputo na Johannesburg |
|
Windhoek na Johannesburg |
Vlugte na Kaapstad |
Johannesburg na Kaapstad (JNB-CPT) |
|
Port Elizabeth na Kaapstad |
|
Durban na Kaapstad |
Vlugte na Durban |
Kaapstad na Durban |
|
Johannesburg na Durban |
Vlugte na London |
Johannesburg na Londen |
|
Kaapstad na Londen |
Johannesburg na Windhoek |
|
Johannesburg na Victoria-waterval |
|
Johannesburg na Port Elizabeth |
|
Johannesburg na Livingstone |
|
Johannesburg na Harare |
|
BA Suid-Afrika besit oor die volgende vliegtuie wat binne Suid-Afrika in gebruik is:
Boeing 737 - 300 |
4 |
Boeing 737 - 400 |
6 |
Boeing 737 - 800 |
8 |
Kapasiteit |
116 |
Motore |
CFM 56-3B2 |
Kruissnelheid |
900 km/h |
Lengte |
33.5 meter |
Vlerkspanning |
28.9 meter |
Kapasiteit |
127 |
Motore |
CFM 56-3C1 |
Kruissnelheid |
900 km/h |
Lengte |
36.5 meter |
Vlerkspanning |
28.9 meter |
Kapasiteit |
189 |
Motore |
CFMI CFM56-7 |
Kruissnelheid |
900 km/h |
Lengte |
39.5 meter |
Vlerkspanning |
25.8 meter |
Lees gerus wat passasiers wat met BA vlieg te se het oor die lugdiens. Stuur gerus terugvoering na reis@ritsgids.co.za
Skrywers vir hierdie blad is Charldo de Kock & G. Olwagen
Benodig hulp of advies? Ons konsultante is gereed om te help! Kliek hier!