Bespreek Nou

Kulula vliegtuig
Bespreek en soek die goedkoopste vlug deur op die skakel hierbo te klik.
SAL vliegtuig

Vra Hulp

Mango Lugdiens vliegtuig
Ons konsultante is gereed om te help.

Engels : Flights to Cape Town

British Airways vliegtuig

Goedkoop Kaapse Vlugte

SOEK, vergelyk en bespreek goedkoop vlugte na Kaapstad deur die vlugbesprekingsfunksie hier aan die linkerkant te gebruik. Hiermee kan jy die vlugte teen mekaar opweeg van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, Mango, British Airways, Kulula, Emirates, KLM en al die ander lugrederye wat vlugte onderneem na die Moederstad (dis mos hoe die Kapenaars hul stad noem).

Verdien reiskoepons deur per e-pos 'n beskrywing aan ons te stuur waarin jy jou vlug na Kaapstad aanprys.

As jy uitvoerige besonderhede oor jou vlugroete na die Kaap verlang, beweeg ondertoe om jou spesifieke roete te vind en klik dan daarop om na die bladsy met die gedetailleerde inligting te gaan.

Met internasionale vlugte is dit partymaal goedkoper om na Johannesburg te vlieg en dan met 'n binnelandse laekoste-vlug van die Goudstad na Kaapstad te reis.

Blue Peter

Per Trein Kaap Toe

As jy regtig will bespaar, gebruik 'n tussenstedelike busdiens of die trein van Joburg na die Kaap. Opsies is the Blue Train (duur), Premier Classe, Shosholoza Meyl Tourist Class of Shosholoza Meyl Economy Class (goedkoop).

Wanneer om Kaapstad te besoek

Vir goedkoper vlugte na Kaapstad moet 'n mens jou besoek so reel dat jy die besigste toeristeseisoen (Desember, Januarie) vermy, asook skoolvakansies, openbare vakansiedae en ander belangrike geleenthede.

Kaapstad het 'n gematigde klimaat, met warmer, droer en winderige somers teenoor natter, kouer en ietwat minder winderige winters. In die lente en herfs is die peuterige wind se fut 'n bietjie uit, en daar is tussenseisoenale temperature terwyl reen- en sonskyndae mekaar afwissel.

  • As jy pret op die strand verlang, is somer die tyd om jou Kaap toe te begewe - Desember en Januarie verteenwoordig immers die hoogtepunt van die toeristeseisoen.

  • Indien jy tot in die vroee ure in volgepakte nagklubs wil rinkink, is Desember die aangewese tyd om in Kaapstad te wees, of vernaamlik in die tyd van Kersfees tot Nuwejaar, wanneer die metropool se toeristeseisoen kennelik na die hoogste versnelling oorskakel.
  • As jy die groot gedrang van toeriste wil vryspring en nie deur soveel wind gepla wil wees nie, dan is die herfs en lente volmaak vir jou.

  • Die suidelike noordkapperwalvisse besoek die Kaap van Julie tot Oktober.

Hoekom dit lekker is om in Suid Africa te Reis

Ek het twee jaar gelede `n reis na Thailand meegemaak met my seun, dit was verskriklik , maar ook `n ervaring waaruit ek baie geleer het. My grootste problem was die taal situasie , die mense daar kon net nie engels praat nie en menige tye het ek gewens ek was terug in Suid Afrika. EK moes my vakansie kort knip want my seun het siek geword weens die weer situasie , ek het myself belowe ek vlieg nooit weer regom die wereld nie , ek sal liewer die provinsies besoek. Tanya.

Stuur vir ons 'n klein storie oor jou vakansie na reis@ritsgids.co.za

Om so ietsie van alles te beleef, is Oktober 'n wonderlike maand om jou Kaapse draai te maak - sien die suidelike noodkapperwalvisse, geniet die lenteblomme en benut die tyd wanneer dit nie te winderig, nie te koud en nie te warm is nie.  Op die koop toe is daar goedkoper vlugte na Kaapstad in Oktober, want dit is voordat toeriste in hul hordes op die plek toesak.

Tafelberg

Kaapstadse Internasionale Lughawe

Die Kaapstadse Internasionale Lughawe is sowat 20 km van die Kaapstadse middestad.

Hulptoonbank van Kaapstadse Internasionale Lughawe
+27 (0)21 937 1200
Geoutomatiseerde vluginligting
0860 72 77 888

Bewaring van bagasie

Inkomende Binnelandse Vlugte
UItgaande Internasionale Vlugte

Die gerief vir bagasiebewaring is in die terminaal vir Inkomende Binnelandse vlugte. Die koste is R15 per stuk bagasie per dag, wat die grootte van die item ook al is.
Tel: +27 (0)21 936 2884

Moda Exotica, in die terminaal vir uitgaande Internasionale vlugte, vra R20 per item per dag, ongeag die grootte van die stuk bagasie.
Tel: +27 (0)21 936 2494
Faks: +27 (0)21 936 2864

Babasorg

Openbare toilette vir dames in al die terminale het plekke waar babas se doeke geruil kan word.

Outomatiese aanmelding

As jy nie bagasie het nie, is daar verskeie selfdien-aanmeldpunte op die Kaapstadse lughawe.

 

 

 

Skrywers van hierdie blad is: en G. Olwagen