![]() |
|
Vlugbesprekings |
Terugvoering |
Vlugroetes |
Toelaatbare bagasie |
Moenie jou boeglam skrik as jou kulula-vlieënier guitig aankondig dat julle pas in Harare geland het nie, hierdie ouens is lief vir grappies maak! kulula Airlines is een van die drie laekoste-lugdienste in Suid-Afrika (Mango en FlySafair is die ander twee) wat vlugte tussen SA se besigte stede bedryf. Die kulula-handelsnaam word besit deur Comair (wat ook vlugte van British Airways in Suid-Afrika hanteer).
Comair is op die Johannesburgse Effektebeurs genoteer en die maatskappy is voortdurend besig om sy werksaamhede uit te brei. Sy aanbiedings strek van voortreflike reise tot onder meer innoverende dienste rondom kredietkaarte en selfoonverbindings.
Kulula is die Zoeloe-woord vir dit is lig of dit is maklik/eenvoudig.
NUUTSTE UITVERKOPING:
Sien Kulula Airlines vir die engelse weergawe van die blad.
Kulula verkoop ook British Aiways Comair vlugte, wat baie roetes in Afrika dek. Kulula hanteer nie vlugte van Johannesburg na Londen nie ... nog nie! In Augustus 2007 het Comair om ’n lisensie aansoek gedoen om vlugte van Johannesburg na Londen te verskaf (dit is nie duidelik of Comair hierdie lisensie vir sy British Airways- of Kulula-handelsnaam bedoel het nie, ofskoon dit verrassend sou wees as hy die British Airways-merk sou gebruik omdat dit mededinging met British Airways UK sou beteken).
Die inligting op hierdie bladsy was korrek toe dit geskryf is, maar dit is moontlik dat dit intussen verander het. Raadpleeg asseblief die Kulula-webwerf vir die jongste besonderhede.
Slegs een drasak per persoon sal op die vliegtuig toegelaat word. Dit moet 7 kg of minder weeg en kleiner as 115 cm (L+B+H) wees. Daarbenewens mag elke persoon ook een handsak of skootrekenaarsak aanboord neem. ACSA is baie streng met die toepassing van hierdie reëls en sal groot rugsakke wat gemaak is om 'n skootrekenaar te vervoer beskou as jou drasak.
Aanvaar die eentas-uitdaging en spaar. Kulula-liefhebbers kan 1 stuk inweeg-bagasie wat tot 20 kg weeg gratis saamneem.
Enige stuk bagasie wat swaarder is, word as oorgewig beskou en word as sodanig met ’n koste van R250 gepenaliseer.
As jy nie al jou gedoentetjies in een tas kan inprop nie, sal elke bykomende stuk bagasie jou R300 by die inweegtoonbank op die lughawe kos. Tog kan jy steeds hier spaar indien jy sorgvuldig beplan. As jy vir die ekstra stuk bagasie betaal voordat jy reis, kos dit jou minder.
Hoe om te bespaar:
Skakel die kontaksenstrum en vertel hulle dat jy ’n ekstra tas gaan saamneem op ’n vlug waarvoor jy reeds bespreek het, en betaal net R200 vir die tas. Of gaan aanlyn na “manage my bookings” en voeg dit doodeenvoudig by jou bespreking.
Inweeg-bagasie bestaan uit jou tandepasta, klere, skoene en die teddiebeertjie waarmee jy snags gaan inkruip. Trouens, dis basies enige persoonlike losgoed en fieterjasietjies wat jy in jou koffer het (1 stuk bagasie of tas teen 20kg = gratis). Dit sluit items uit soos gevaarlike artikels en troeteldiere wat nie as “gratis” saamgekarwei word nie. Kulula het wel spesiale tariewe vir jou woefie en sy maters en sal goed na hom omsien! Hierdie bagasie kom in die vragruim (dis in die buik van die vliegtuig waar daar geen vriendelike bemanningslede is wat kos en drankies uitdeel nie). Ons beveel aan dat jy waardevolle artikels soos juwele of elektroniese toestelle nie by jou inweeg-bagasie inpak nie; hou sulke artikels liewer veilig naby jou wanneer jy reis.
’n Tas wat meer as 32 kg weeg, sal as vrag beskou en nie op dieselfde vliegtuig as jy vervoer word nie. Die maksimum-afmetings is: 90 cm + 73 cm + 43 cm ( 208 cm L + B + H). Haal daardie maatband uit en meet vooraf voor jy gaan vlieg, geen reuse-tasse kan aanvaar word nie.
Jy kan teen verminderde tariewe aanlyn betaal vir inweeg-bagasie wat die gewigsgrens oorskry, of dit deur middel van Kulula se kontaksentrum doen so kan jy tot 33 % minder betaal as by die lughawe. As jy dus so te s� met al jou kaste en kombuisware vlieg en alles denkbaar in jou bagasie het, kan Kulula jou steeds met ’n baie nuttige afslag tegemoetkom. Ekstra bagasie sluit nie die vervoer van troeteldiere met Kulula in nie, omdat hierdie kosbare passasiers spesifieke reisbehoeftes het. Die koste van die vervoer van troeteldiere word afsonderlik bereken om hulle veilig te laat reis.
Babas vorm ’n klein nasie, maar elkeen se vervoer is ’n groot pakkasie! Nadat Pa of Ma R75 vir ’n eenrigtingvlug opgedok het, is die klein parmant ook geregtig op 1 gratis stuk inweeg-bagasie van tot 20 kg, asook ’n opvoubare stootstoel en ’n kindermotorsitplek, ook gratis. Geen vervoer van bykomende tasse kan gekoop word nie.
Vir bagasie-items soos musiekinstrumente, wat as nie-standaard beskou word, moet as ekstra stukke bagasie betaal word, bykomend by jou 1 gratis inweeg-tas. Indien sulke items meer as die toegelate 20 kg weeg, sal ’n swaartas-betaling van R250 by die lughawe gehef word. Troeteldiere het hul eie besondere vervoerbehoeftes en word as BBP’s behandel (Baie Belangrike Pluto’s of Ponies of Papegaaie!).
Sedert die begin van Februarie 2013 bied Kulula jou Kulula-fleksievlugte. Soos die woord “fleksietyd”, wat ’n re�ling beteken waarvolgens werkers binne perke self hul daaglikse werktyd kan bepaal, so dink Kulula aan ’n “fleksievlug” as ’n reeling waardeur die lugdiens jou ’n sekere buigsaamheid vergun om self veranderings aan te bring, teen 'n ekstra koste.
Kulula bied reisversekering wat persoonlike ongelukke, vlugvertragings, verlies van bagasie en vlugkansellasies dek. Dit word teen ’n geringe bybetaling verskaf.
Oproepsentrum |
Algemene navrae |
Terugvoering |
Groepbesprekings |
Aanlyn-besprekings |
0861 KULULA |
WENK: Dit is bekend dat Kulula soms KitKats uitdeel aan passasiers wat op sy vlugte groen klere aanhet.
Kulula se vernaamste mededingers is FlySafair, Mango Airline, Airlink, SA Express en South African Airways (die naam Suid-Afrikaanse Lugdiens word nie meer amptelik deur die laasgenoemde gebruik nie). Omdat British Airways South Africa ’n deel van die Comair-groep is, kan dit nie as ’n mededinger beskou word nie.
Kulula Airlines is ’n volfiliaal van Comair. Comair word besit deur die bestuur (39 %), genootskappe en die publiek (38 %), British Airways (18 %) en werknemers (5 %).
Tussen 1 tot 32 weke tydens swangerskap word geen sertifikaat vereis nie; tussen 33 tot 35 weke moet ’n mediese sertifikaat by die vertrektoonbank ingelewer word; as die swangerskap tot 36 weke en daarna gevorder het, word die persoon nie as ’n passasier op vlugte aanvaar nie.
Kulula besit drie Boeing 737-400's en vyf Boeing 737-800's.
Des 2012 |
Teen Desember 2012 sou die volledige Kulula-vloot tot Boeing 737-800’s opgegradeer word, aldus die Comair-groep se bedryfsresultate tot 30 Junie 2012. |
Des 2011 |
In die tweede helfte van 2011 het Kulula 4 Boeing 737-200’s uit die diens onttrek, waarvan 3 verkoop en die waarde van die vierde tot nul afgemerk is. Dit het op ’n gesamentlike kapitaalverlies van R14,7 m neergekom. |
Jul 2007 |
Comair het ’n transaksie van vyf jaar met South African Technical aangegaan vir die instandhouding van Kulula Airlines en British Airways se vliegtuie. Voor dit is die meeste van Comair se onderhoud deur Imperial's Safair gedoen (wat opgehou het op vliegtuie in stand te hou). |
28 Februarie 2007 |
Kulula kondig aan dat hy teen die einde van 2007 sy MD-82’s deur Boeing 737-400’s gaan vervang (teen ’n koste van R90 m elk - Kulula Airlines koop die vliegtuie eerder as om hulle te huur). Die Boeing 737-400-vliegtuie sal die lugdiens se koste per sitplek met 8 % verminder en Kulula Airlines in staat stel om jaarliks 160 000 bykomende sitplekke tot die mark toe te voeg. |
In 2006 het Kulula ’n Kulula-kredietkaart begin aanbied. Die Kulula-kredietkaart word deur die FirstRand Bank geadministreer en ondersteun. Soos dit met baie dinge in die finansiële dienssektor gesteld is, is die terminologie wat gebruik word soms verbysterend.
Vir elke vliegkaartjie wat met ’n Kulula-kredietkaart gekoop word, word van 3 % tot 6 % van die kaartjie as “Kulula moolah” verdien, wat later gebruik kan word om vir ander Kulula-vlugte te help betaal.
Kulula-kredietkaarthouers kwalifiseer vir ’n bykomende 5 kg gratis oorgewig-bagasie.
Sedert 16 April 2008 is Kulula gemoeid met Kulula-internetkoppeling ,’n onderneming wat in samewerking met Altech Autopage Cellular bedryf word.
Lede van Discovery se Vitality-program kan tot 30 % op Kulula-vlugte bespaar.
Status |
Spaar |
blou |
15 % |
brons |
20 % |
silwer |
25 % |
goud |
30 % |
Wil jy aansoek doen vir ’n werk by Kulula.com of British Airways South Africa (as kajuitbemanningslid,
vlieënier, noem maar op)? Stuur jou CV en stel jou vrae op die Comair-blad by Facebook.
Lees 'n bietjie wat die mense oor Kulula te sê het. Stuur gerus jou resensie of terugvoering na reis@ritsgids.co.za
Was ons verras toe ons met Kulula na Durban vlieg! Ons het baie laat weggetrek en het sms'e gekry wat om verskoning vra en so ook die vlieënier wat vir ons verduidelik wat aangaan toe ons op die vliegbaan staan en wag vir klein vliegtuigies wat voor ons wegtrek! Hul kon so maklik net stilgebly het en niks gese het nie - ons sou DIT nie waardeer het nie! Baie dankie vir elkeen op daardie vlug!