Vlug Pryse

 

Emirates Vlugte

Emirates bied bekostigbare internasionale vlugte vanaf Johannesburg, Kaapstad en Durban na lande regoor die wêreld.

Op soek na goedkoop internasionale vlugte? Jy is op die regte plek om jou Emirates Lugredery vlugte vanaf Suid-Afrika na Dubai en die res van die wêreld te bespreek.

Emirates is onlangs erken as die Beste Lugredery deur Skytrax 2016 Wêreld Lugredery Toekennings!

Emirates het 'n goeie reputasie vir goedkoop internasionale vlugte vanaf Suid-Afrika (vanaf Kaapstad, Johannesburg en Durban) tot die meeste bestemmings regoor die wêreld, via Dubai Lughawe (DXB).

 

Op soek na meer inligting oor een van die onderwerpe?

 

Vra ons Reiskonsultante -
Ons jeuk om jou te help!

Aanmelding

Kredietkaartbesprekings

Vlugpersoneel

Kontakbesonderhede

Bagasie Toelating

Eerste klas vlugte

Vennote

Maaltye

Nuus

20 Januarie 2017: Emirates het onlangs aangekondig dat hulle uiteindelik 'n roete na die bekende vakansie bestemming, Kroasië, gaan loods. Passasiers kan vanaf 1 Junie na die bestemming vlieg vanaf Emirates se basis in Dubai. Die vlugte na Kroasië sal land in hul hoofstad, Zagreb. Reisigers kan dan 'n binnelandse vlug neem na Dubrovnik of 'n trein na Split, waarvandaan verskeie boot ritte vertrek.

 

Aanmelding

Met Emirates het jy die opsie om aanlyn aan te meld of by die lughawe. Jy kan aanlyn aanmeld binne 24 uur voor die vlug vertrek, maar nie minder as 90 minute voor die vertrektyd nie. Aanlyn aanmeld is beskikbaar vir al die hooflughawens (Kaapstad, Durban King Shaka en Johannesburg O.R. Tambo Internasionaal). As jy aanlyn aanmeld, kry jy 'n E-instapkaart of 'n selfoon instapkaart, wat jy toon by die aanmeld-toonbank en die instaphek. As jy nie aanlyn aangemeld het nie, moet jy ten minste 3 ure voor jou vlug se geskeduleerde vertrektyd aanmeld by die instaptoonbank.

 

Bagasie toelating

Sedert Mei 2009 het Emirates van die beste bagasietoelating in die wereld. Hulle het die gewig van 10kg na 30kg opgestoot in Ekonomiese Klas, 40kg in Besigheidsklas en 50kg in Eersteklas. Dit maak dat Emirates baie gewild is onder Suid-Afrikaners wat wil emmigreer.

 

Kredietkaartbesprekings vir derde partye

Emirates aanlynbesprekings met kredietkaarte moet gedoen word deur die kredietkaart van een van die passasiers te gebruik. Indien die kredietkaarthouer nie self vlieg nie, moet die bespreking gedoen word by 'n Emirates kantoor.

 

Kragpunte

Emirates het kragpunte in die volgende ekonomiese klas vliegtuie: A380, B777 -300ER (77W) en B777-200LRs. Op eersteklas vlugte is daar kragpunte in alle vliegtuie (behalwe A330-200's).

 

Maaltye op Emirates Vlugte

Indien jy dit meer as 'n dag voor die tyd bespreek, kan Emirates gewoonlik (hoewel dit nie heeltemal gewaarborg word nie), reël dat maaltye voldoen aan 'n wye reeks van dieetbehoeftes voldoen. Voorbeelde van maaltye wat gereël kan word:

- Vegetaries

- Lae Kalorieë

- Vegetariese maaltye sonder wortelgroente

- Lae Cholesterol

- Asies vegetaries (branderig en aromaties)

- Diabeties (suikervry)

- Hindu (geen rooivleis)

- Kindermaaltyd

- Moslem (Halaal)

- Seekosmaaltyd

- Vrugteborde (geen ingelegde vrugte)

- Gematigde maaltyd (geen speserye)

- Lae Sodium

- Gluten-vry

- Laktose-vry

- Sjampanje en koek beskibaar om te bespreek


Onderskeie klasse beskikbaar


Besigheidsklas

Emirates se besigheidklas vlugte op die A380 Dreamliner gee besigheidsklas passasiers die geleentheid om behoorlik uit te rus aangesien die sitplek heeltemal plat kan slaan. Ongelukkig word hierdie vliegtuig nie huidiglik gebruik vir hulle vlugte vanaf die Kaap en Durban nie, maar dit is geen rede om uitgesluit te voel nie! Jy kan met rus weet dat alle Emirates vliegtuiens se besigheidsklas sitplekke jou toelaat om gemaklik te slaap. Die diens en kos is ook nie te versmaai nie.

Eerste Klas

Video Resensie van 'n Emirates Eersteklas ervaring van 'n vlug vanaf Dubai na Hong Kong. Kyk na die eersteklas ontvangskamer by Dubai Internasionale Lughawe. Kyk dan na die siplek op die vliegtuig - deure vir privaatheid, beligting-instellings, 'n mini-kroeg, slaap-suites, pantoffels en vermaakopsies. Daar is 'n Emirates A380 Eersteklas Handleiding wat verduidelik hoe om vir "kamer diens" te bel met die telefoonstuk en die "moenie steur nie" opsies. Daar is 'n stort en spa op die boonste vloer, 'n private sosiaal-area in die voorkant van die eersteklas-kajuit met leerbanke. Die eersteklas-toilet is ruim met 'n TV binne-in.

Emirates bied 'n Ekslusiewe Luukse Privaat Jet Ondervinding aan:

 

Vlugpersoneel

Van die reëls wat van toepassing is vir lugwaardinne (en luggashere):

  • Daar word van beide geslagte verwag om gereeld vir gesigbehandelings en manikure te gaan
  • Grimering moet vars wees en gereeld opgeknap word
  • Besigheidskaartjies wat deur passasiers aangebied word moet beleefd aanvaar word
  • Geen alkohol mag gebruik word 12 ure voor die vlug nie

 

Resensies:

Emirates Vlugte word 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gegee, na aanleiding van kliënte se ervarings.

1 Okt 2013 - 4/5 "Ons het 'n vroeer konneksie-vlug na Milan gekry en gratis eetkoopbewyse terwyl ons 'n 4 ure oorstaan-vlug gehad het. UItstekend! Die personeel kon ook amper alle passasiers in hulle moedertaal aanspreek!" - Martha

17 Sept 2013 - 4/5 "Jare gelede het ons met Emirates gevlieg. Ons vlug was oorbespreek, so ons moes oorstaan in Dubai. Ons is soos koninklikes behandel vir die 2 dae en ons het verniet kaartjies gekry om Singapoer te besoek. Ons moes lank wag vir ons aansluitvlug, waartydens ons 'n komplimentere stortgeleentheid gekry het by die lughawe. Niemand het aan ons gekarring oor visas nie. Als het bygedra tot 'n baie positiewe ervaring." - Mike

16 Sept 2013 - 5/5 "'n Ervaring van 'n leeftyd! My 11 familie-lede is almal uitstekend behandel - my skoonouers in rolstoele is geakkommodeer in alle opsigte, kinders het speelgoed en skryfgoed gekry om hulle besig te hou, en ons almal het net die beste diens gekry. My oudste seun wil nou sommer die kaptein word van die "Wereld se Beste Lugredery - Emirates". Ek sal enige dag met Emirates vlieg en dit aanbeveel vir ander" - Rabia Umar

 

Qantas Vernootskap

In Augustus 2013 begin die Emirates/Qantas vernootskap amptelik, waar vlugte gedeel word tussen die twee lugrederye. In April vroeër die jaar het die vernootskap begin, met Qantas vlugte na Europa watnou in Dubai oorstaan in plaas van Londen en Asië en Emirates vlugte wat dan die passasiers oorplaas na hulle vlugte. Om dit te vier, het hulle 'n A380 saam oor Sydney gevlieg.

Hoe om die goedkoopste vlug te vind:

1. Gebruik die vlug vergelykings-hulpmiddel aan die linkerkant om te soek en pryse teen mekaar op te weeg.

2. Gebruik Ritsgids Koopbewyse om verder die koste van jou vlug te verminder. As jy nog nie koopbewyse het nie, begin dit verdien deur jou Emirates vlug wat jy hier bespreek. Stuur slegs 'n e-pos aan ons en vertel hoekom jy Emirates gekies het en hoe die vlug was, dan sal ons vir jou 'n Ritsgids Koopbewys stuur - Ons lesers is ons skrywers!

Tensy dit die oggend van die datum van die spesiale aanbieding is, is dit waarskynlik dat die pryse verander het. Verdien Ritsgids Koopbewyse om afslag te kry op vlugte of e-pos vir ons 'n resensie van jou Emirates vlug (sluit foto's in vir groter koopbewyse). Teken in vir ons nuusbrief om ingelig te bly oor Emirates se spesiale aanbiedinge.

 

Hier is videomateriaal van Emirates se A380, wat vir jou 'n goeie idee sal gee van hoe dit voel om daarop te vlieg:

 

Eienaars

Emirates word besit deur die Regering van die Verenigde Arabiese Emirate (VAE).

 

Verdere Inligting en Kontakbesonderhede

Wikipedia

Loopbane

Groep

Emirates Lugredery

Emirates Loopbaansentrum

Die Emirates Groep

Aanlyn-besprekings

Telephoniese besprekings

Emirates Suid Afrika

0861 364728

 

Emirates Johannesburg
011 303 1951
customeraffairs.jnb@emirates.com
lostbaggage.jnb@emirates.com

Emirates Kaapstad
021 403 1100

Emirates Durban
031 584 9800  

4de vloer
Sandton City Kantoor Toring
Posbus 783919
Sandton 2146
Johannesburg
Gauteng
Suid-Afrika

Emirates CTO
Grondvloer Besigheids Toring
Cnr Coen Steytler en Heerengracht Staat
Foreshore
Kaapstad
Wes-Kaap
Suid-Afrika

Emirates Durban
Winkel 1A Royal Palm Hotel
Palm Boulevard 8
Umhlanga Ridge
Durban
KwaZulu-Natal
Suid-Afrika

Foon & Faks

011 928 8515 (Verlore Besittings)
011 390 1215/6 (Bagasie Eis)
011 883 8448 (Faks)

 

 


'n Voordeel daarvan om in die dag te vlieg, is dat jy Dubai se wolkekrabbers kan sien.